Showing posts with label pluimbal. Show all posts
Showing posts with label pluimbal. Show all posts

Thursday, April 17

William lewer verslag vanaf Bloem en Potch

Net so bietjie opvang nuus oor die seuns in Bloem soos geskryf deur William en foto's met sy foon..

After a couple of years in Bloem, we thought it a good idea for James to start blending in .... and not draw to much attention to himself, so we looked for some "local" clothes. (Dit lyk 'n bietjie groot seun .... en dis nie eksklusief tot Bloem nie, mens kry dit selfs van tyd tot tyd hier in Abu Dhabi!) See what dangers we have to live with? (Vir wat gebruik julle dan ook 'n "argeoloog" om die skottelgoed te was of is dit "klipborde"? En vir wat was julle nie jul eie skkottelgoed nie. Leane jy moet dit nie doen nie! Vir die wat nie kan sien nie op haar t-hemp staan - Danger geologist at work) A warning sign outside the gym! James and the dog taking a little nap. My first year at university and I was chose to represent Kovsies at the SASSU (South African Student Sports Union) held in Potchef this year and thanks to my sponsers mom and dad I could go. It took as 4 hours to drive there and find out that someone didn't pay our money in time so they thought we were'nt coming and then had no place to stay. A senior student at Potch offered us accommodation right next to the campus, which we though was great until we saw the girls had to sleep in a room not bigger as our bathroom back home and the guys in a caravan and that for R70 per day per person! We found a very nice place and they actually gave us student discount. Another sign at the gym in Potch.
The badminton went on for 6 days. I played singles and doubles. We played against 2 univ everyday and ended up in 3rd place with Tuks 1st and Puk 2nd.I'm now officially ranked 6th in the SASSU league, which I don't think is too bad. I want to thank my sponsors again and hope they will sponser me for the volleyball SASSU too. (Die haarstyl lyk soos 'n skoolfoto William)
Dankie vir die verslag seun, dis alweer tyd vir nog een .... en van jou ook James!

Friday, April 27

Die "woestynhek"

Die van julle wat hier lees sou opmerk dat die hitte in ons dorpie nou vinnig spoed optel en gister was dit konstant in die 40's. Saam met die hitte het ons ou Proteatjies ook bietjie verwelk en ons almal 'n slegte nagrus gegee. Ek wil nie teveel hieroor sê nie die hart is maar seer, maar hulle bly nog my span en volgende keer skree en probeer ons maar weer. Dan wen ons dit nie omdat dit ons tyd is nie maar omdat ons goed is.
Die kinders het die ADSAC pluimbal toernooie gehad. William se span het bietjie teleurgestel nadat een ou vroeg geloop en sy wedstryde gemis het. Die hele span is daardeur geraak was. (ADSAC gaan oor hoeveel wedstryde die span wen en nie 'n indiviuele speler nie). Hy wat Will is het selfs maar net 3 van die 6 wedstryde gewen. Nelmari het behalwe een al haar wedstryde gewen en die dogters het tweede geeindig in die ADSAC!!!
VIr die ouma wat lees, die rapporte het ook gister gekom en dit sal teveel spog wees om 'n foto daarvan te neem - veral aangesien ons almal in "rou" is na die krieket - weet net dat beide van hulle 'n baie goeie rapport huistoe gebring het!!
Tydens verlede naweek se uitstappie na Dubai het ons verby advertensies vir 'n nuwe ontwikkeling in die woestyn gery. Ja reg in die woestyn waar daar niks anders as sand, sand en nogmaals sand is nie - ok miskien ook 'n bietjie graspoele en 'n kameel of twee - is die advertensieborde besig om op te gaan. Ek het so bietjie inligting gaan soek hieroor en dis iets wat mens bykans nie kan glo nie.
Op hierdie 10 km stretch woestyn gaan die wêreld se grootste hotel en die grootste gekonsentreerde groep van hotelle ENIGE PLEK TER WÊRELD gebou word. Hierdie is die baken wat die begin van die woestynhotelle genaamd "Desert Gate" aandui.

Verskillende "themed hotels" hotelle gaan gebou word. Altesaam 31 hotelle saam met winkelsentrums, teaters, restaurante ens. gaan deel van die projek uitmaak. Die wêreld se grootste hotel Asia-Asia sal alleen 6500 4- en 5- ster kamers verskaf. Hier is die advertensiebord van die hotel.

Van die 30 000 kamers wat beplan word sal 12 450 kamers deur die "themed hotels" verskaf word

'n Verdere 19 hotelle sal die orige 16,750 kamers verskaf.
Natuurlik sal daar ook ene met 'n Egiptiese tema wees.

Hierdie projek sal in 5 fases gebou word om met die groeiende getal toeriste na Dubai in pas te bly.

Amerika gaan ook hier verteenwoordig word. Die eerste 5 luukse hotelle word beplan om 2010 sy deure te open

Met 'n verdere 6 gedurende 2011. Hierdie hotel se tema lyk baie vrolik en musikaal. Gedurende 2012 sal nog 7 voltooi wees.

Natuurlik sal daar ook 'n hotel wees met 'n Afrika tema. In 2013 sal NOG 7 gebou wees en die laste fase 2014 sal nog 6 hotelle sien wat die totaal op 31 te staan bring. Ek's al so lank hier in Abu Dhabi en wonder of ek enige van hierdie hotelle sal sien open.

(Die foto's van die beplande hotel is lewensGROOT advertensie borde wat in die woestyn opgerig is, wat ek afgeneem het).

Tuesday, April 24

TERUG van Kuwait

Vroegoggend ure het die Pluimbalspan van Kuwait moeg maar tevrede teruggekeer. Met 'n ernstige OPDRAG om seker te maak julle neem foto's is hulle hier weg. Ons was nog nie eers by die deuruit nie of alreeds was die twee aan die stry oor wie die kamera moet hê want nie een van die twee wou foto's neem nie. Ek was egter aangenaam verras dat daar wel foto's geneem is wat ek met julle kan deel. William besig met een van sy wedstryde - met sy kenmerkende GEEL skoene. (As hy nie geel skoenie dra nie is dit geel sokkies, maar gewoonlik herken jy hom aan sy bene of voete)
Van die toeskouers. Selena heel waarskynlik besig om Will se wedstryd te volg.
Dan is die Nelmari se beurt vir 'n wedstryd. Sy het slegs een van haar enkelspelle verloor en het 'n goeie toernooi gehad.
Die juffrou nog steeds vol energie en dit lyk my die kinders het haar permanent met soetgoed soos sjokolade koekies van Starbucks gevoed. Al die suiker kon nie goed wees nie.
Hoekom my kinders ook sulke snaakse name in die sport moet hê, ons het Groenie die draak wat in Bloemfontein sokker speel en die Gifappeltjie in Kuwait.
Nelmari slaan af in die dubbels. Haar skoene is weer "normaal" alhoewel mens haar herken aan die PERS skoenveters.
Die pluimpie word gemoker. As ek deur my vaak ore vanoggend vroeg reg gehoor het, het die dubbels ook net een wedstryd verloor.
Hier gaan haal sy die pluimpie in die hoek van die baan en slaan hom oor.
William kry ook die pluimpie geslaan in sy dubbelswedstryd.
Sy gemengde dubbelsmaat Amy koes vir die verbyhou (mooi foto Nelmari). Hulle het ook 75% van hulle wedstryde gewen.
William wag vir die pluimpie om na hom toe te kom.
Die Varsity meisies en seuns eindig algeheel TWEEDE. Baie geluk ouens. GO LIONS!!! Ons JV Meisies (Nelmari hulle) het ook tweede geeindig maar die kameraman was besig met sy eie vieringe. Geluk ook meisies en geluk AISA met 'n goeie toernooi









Thursday, April 19

Oppad Kuwait toe

Alles is nou 'n "laaste" vir William en vandag het hy vertrek op sy laaste skooltoer. Hy en Nelmari is beide deel van die skool se pluimbalspan wat in Kuwait gaan deelneem. Die laaste paar weke na die basketbal is daar ernstig middae geoefen vir die toernooi. William en Nelmari is beide 1ste gekeur vir die skool spanne. Hier oefen William en sy dubbelspel maat Marcel (ook 'n SAfrikaner).

As mens wag sal die pluimpie na jou toe kom? Miskien is hy net moeg.

William wag vir sy oefenmaats terwyl Nelmari op die agtergrond, mooi soet haar huiswerk sit/staan en doen. (Sy is altyd so opgewonde om huiswerk te hê en kan nie wag om dit te doen nie)

En dan is dit tyd vir die toer. Hier laai William sy bagasie uit terwyl Marcel staan en toekyk.


William, Marcel en Yousuf neem vir oulaas 'n foto. Yousuf het saam met William vanjaar volleyball, basketbal, track & field en pluimbal gespeel.

Dis laat maar die manne is vol glimlag oor die avontuur wat voorlê. Die Junior Varsity en Varsity span saam met hul afrigter en die sportdirekteur.
Die meisies maak ook gereed om te vertrek. Nelmari saam met twee spanmaats.

Dis die juffrou en afrigter wat na die meisies gaan kyk op die toernooi. Sy lyk egter self heeltemal uit haar nate uit oor die toer wat voorlê.
Die meisiespan voordat hulle op die bus klim.

Van die ouers kan ook nie meer wag dat die kinders op die bus moet klim nie. Sharyn en Ewert van der Linde en Susan van Hoogstraten (al drie SAfrikaners).
Ek hoop die kinders het 'n baie voorspoedige toernooi en dat hulle die pluimbal gaan geniet. Meer oor die toernooi en hopelik foto's (die kinders kan dalk die breuk sonder die pa-paratzi en ma-maratzi geniet) wanneer hulle terug is.

Maar terwyl hulle 'n breuk het James pasop jou pa is oppad met baie opdragte van foto's wat hy moet neem ....












Monday, April 16

Pluimbalseisoen

Die pluimbal seisoen het stilletjies gekom en amper stilletjies gegaan ook. Na die basketbal seisoen het ek besluit om julle 'n bietjie te "spaar" op die sport. Maar die kinders het nie opgehou iets doen nie. Nelmari en William is beide aktief besig met pluimbal nou dat die hitte ook die sport binneshuis begin hou. Gister het die meisies by AISA en die seuns by ACS gespeel. Hier wag van die meisies vir hulle wedstryde om te begin.

Nelmari besig met haar wedstryd. Sy is eerste gekeur vir die junior varsity span en het ook gister haar wedstryd gewen.

Om tyd op te maak voor die dubbelswedstryd was sy ook skeidsregter by van die ander wedstryde.Die meisies maak gereed vir hulle dubbels wedstryde om te begin.
Nelmari en haar dubbelsmaat het ook hulle wedstryd gewen. William wat eerste gekeur is vir die Varsity span het 'n minder goeie dag gehad en hy het sy wedstryd verloor. Woensdag klim die twee op die vliegtuig Kuwait toe vir 'n toernooi daar.