Friday, December 14

Kameelmelk om jou sterk te maak vir skaats

Mens kan nie in die land van die kamele kuier sonder om 'n bietjie kameelmelk te drink nie. Dit maak mens groot en sterk .... julle al gesien hoe groot word 'n kameel?
Annie en Corli het die "ondervinding" al twee dae uitgestel, maar met ontbyt het William seker gemaak die bottel staan daar dat hulle kan proe .... Gelukkig is dit gegeur. Hier verduidelik Annie wat sy proe.
Ek vermoed dit smaak nie te sleg nie maar sekondes later "down" sy die gewone melk. Is dit hoe mens melk drink in NZ Annie?
Die Abu Dhabi mall word aangedurf. Hier staan die twee by 'n reuse kersboom. In 'n land waar kersbome tot so ses/sewe jaar glad nie beskikbaar was nie, het hulle deesdae amazing groot bome orals op.

Natuurlik moet mens 'n rustydjie tydjie, koffie tydjie, proe tydjie tussen-in hĂȘ. Seattle koffieshop en Cinabon word uitgeprobeer. Annie en Corli bepreek die uitsig sodat ons nie die eetgoed om die bord moet afneem nie.
Dit is die uitsig. Hulle het groot nuwe gebou op die eiland wat hulle maak begin bou.
Hier het ek die boom heeltemal probeer afneem met Annie in die voorgrond.

'n Rustyd by die huis en die kinders eet "Zinker". Die Indiers kan mos nie die goed uitspreek nie, en die KFC Zinger by die plaaslike winkeltjie word Zinker genoem.
Ons kry Charmaine by Marina Mall vir inkopies en hier is sy besig met 'n klein pretzeltjie.
Die meisies staan en dink ernstig watter klere kan mens koop. Annie is eintlik die een wat wou shop, maar Charmaine staan al klaar met 'n pakkie in die hand.

Gerhard wat kan erger wees as een Annie? Twee!!! Hier staan twee Annie's en kyk terwyl Corli aanpas.
"Pose" bietjie vir 'n foto .... hier is die drie voor die dolfyne fontein ('n ander een Heleen) naby al die koffiewinkels.
Nog 'n fontein in die mall. Hy spuit patroontjies en dan by tye stoom hy op. Alhoewel ons gewag het, wou hy nie stoom vir die foto nie.
Tussen-in het die kinders ook gaan ysskaats. (Ons het gaan koffie). Hier is Corli in dieselfde posisie wat ek 'n foto van Elriza het. Miskien is dit hoe mens moet lyk as jy skaats.
James en Corli "jaag" oor die baan. :-)
Wat's dit seun? Moeg of geval?
William skaats ook 'n bietjie en Corli kom agteraan.
Oeps wat is dit .... werk die remme nie Corli?
William neem hierdie foto "per ongeluk" toe ons by die huis aankom. Ek dink dis nogal mooi...wolke in Abu Dhabi ... hoe gelukkig kan ons wees.

4 comments:

Anonymous said...

Hello
Dit lyk of jou kuiergaste lekker kuier. Hulle eeet ten minste baie lekker. dankie. annie

Anonymous said...

Dit lyk baie lekker daar, en ek is baie jaloers Tannie, maar ons karring maar aan ;-) sien ek is darem nie die enigste een wat sulke oulike toertjies op die yskaats baan kan doen nie, en ek sien my ma shop lekker saam met Tannie Annie en Corli, sy mis my net Tannie, want ek is nie daar om die shopping te doen nie.
Baie groete en liefde
Elriza

Anonymous said...

Dit lyk baie lekker daar, en ek is baie jaloers Tannie, maar ons karring maar aan ;-) sien ek is darem nie die enigste een wat sulke oulike toertjies op die yskaats baan kan doen nie, en ek sien my ma shop lekker saam met Tannie Annie en Corli, sy mis my net Tannie, want ek is nie daar om die shopping te doen nie.
Baie groete en liefde
Elriza

Anonymous said...

Ons mis jou ook hier Elriza en ja ek's baie seker jou ma mis jou shopping vir haar :-). Net so terloops, al die winkels het van hierdie week 'n sale sou jy belangstel!