Showing posts with label Vakansie Aug 2008. Show all posts
Showing posts with label Vakansie Aug 2008. Show all posts

Saturday, September 27

Aan alles kom 'n einde

Ek het julle die laaste twee weke omtrent toegegooi onder "my" vakansie en dit was vir my lekker om dit saam met julle te deel. Vir die wat die plekke ken, herinneringe oopgekrap het en vir die wat dit nie ken nie, 'n mooi deel van ons land te wys. Maar aan alles moet 'n einde kom en genadiglik vir julle is die blogs oor die vakansie nou verby, maar dit gaan my nie keer om vir oulaas, net so vir myself. Dis die lekker van foto's neem, mens kan nog baie lank agterna daarna kyk en die hele vakansie of geleentheid stadig herkou en weer geniet. So sommer net vir myself .... ek sal die kort breuke onthou ..... vir ...... Die lekker kuier en bederf saam met Ronelle en Hennik en al die ander bekendes wat ek in die Kaap raakgekuier het. Die heerlike blits "toere" wat die twee my opgeneem het, die lekker eet en hoe mooi my ou Kaap nou lyk na die geweldige storms. Die mooi kuspad van die Strand, om Gordensbaai en al daai mooi klein plekkies oppad Onrusrivier toe. Die see se kleure terwyl mens sommer nog die storms in hom kan sien. Dit wat ek nooit hier sal ervaar nie. Ry in erge reen met sulke groenigheid en berge rondom my. Mens kan sommer die koue voel ... en al is julle ouens moeg daarvan, ek het dit geniet! Ook 'n lekker kuier en ete saam met die Smithe in Hermanus terwyl ons dophou hoe die walvisse in die water speel. Die skade by Onrusrivier en ander plekke waar die see moeilik geraak het. Die besoeke aan die klein dorpies. Die lekker etes en kuiers. Die pad Swellendam toe waar ek weer herinner is met die reenboog dat ons/ek in Vader se hande is met wat ookal gebeur. Selfs die kuier in die feetjie tuin was een van die hoogtepunte saam met die kuier by die Hammans. Die "klein" bietjie shopping wat ek kon doen en gelukkig moes ouma in die rystoel en sy kon die 15 kg handbagasie op haar bene hou :-). (Dis al my goed daai en onder dit my ma). Marie hierdie foto is vir jou toe sy opgehys is by die vliegtuig ....kan jy dink wat sy alles hier te se het? :-). Dan is dit totsiens Kaap en ons vlieg Bloemfontein toe. Die foto het nie baie duidelik uitgekom nie, maar kan julle die sneeu op die berge sien? Ons het net betyds uit die Kaap padgegee! Was lekker om saam met die seuns te kuier en natuurlik was William gou reg om sy ma winkels toe te neem vir alles wat hy nodig het. Eerste op die lys was nuwe beddegoed en veranderings in sy kamer ... sodat ek gemaklik kan slaap se hy. Sy verspottigheid om vir James te help aantrek vir die gradeplegtigheid. Die ou het omtrent soos die swart gemaskerde wonder gelyk nadat hy met hom klaar was. Hierdie foto is spesiaal vir julle oud-Kovsies (en daar is baie lyk dit my). Onthou julle nog die prentjie en die atmosfeer? Ek weet ek het al 'n foto van die gradeplegtigheid gewys, maar hierdie een is spesiaal vir Sue sodat sy haar dogter kan sien. James en Leane na die plegtigheid. En dan ons lekker ete by die Kalahari.fish na die tyd. Jinne maar die manne lyk netjies ... en moeg vir die kamera. Ek dink ek kan nog aan en aan en aan gaan.... dankie julle almal wat bygedra het tot 'n heerlike "grade-vakansie".
(Die familie, daar is ander foto's en video's vir julle op jul blog die volgende week of twee)

Thursday, September 25

Nog 'n pragtige dorp

Ek's nog steeds in Swellendam met my storie en na die vorige dag se noot-vir-noot wil ek graag die dorp sien om vir julle te wys. Hulle dink ek's snaaks want daar is niks om te sien nie. Is dit nie snaaks dat ons so "gewoond" raak aan dinge om ons, dat ons baie keer die mooi rondom ons nie raaksien nie?Ons woon die oggend 'n kerkdiens in die ou kerk op die dorp by. Die datum se dit is gebou in 1802 ... wow dit is jare terug en ek dink daar is selfs nog van die oorspronklike mense wat die diens bywoon :-). Ek kan nie eers dink wanneer ek laas 'n diens waar daar net psalms en gesange met regte kerkorrelmusiek gesing en gespeel word bygewoon het nie. Dis 'n pragtige ou kerk! Dan vir middagete en alhoewel daar 'n paar oulike restaurante op die dorp is, is almal nie op 'n Sondag oop nie. Ek vermoed daai kyk sou ek gekry het vir my vorige blog. (Marie met haar oudste Jaco) Die kosse is weereens tradisioneel en Marie wys ons mooi hoe lyk haar bobotie, geelrys en groente.
Swellendam is die derde oudste dorp in Suid-Afrika (slegs na Kaapstad en Stellenbosch) en vernoem na die Goewerneur Hendrik Swellengrebel en sy vrou Helena nee Ten Damme. Orals in die dorp is daar sulke gastehuise en restaurantjies (as julle kliek op die foto dan sien mens beter).
Die "ou" klein huisies met hulle verskillende boustyle is pragtig. Natuurlik is daar ook mooi groot moderne huise in die dorp, maar ek het die oues geniet. Die "toergids" kan nie glo dat daar so baie plekke is wat ek wil afneem nie.
Nog twee huisie. Die "ryk" en "arm" van die dorp sou ek se.
Maat jy moet hierdie foto vergroot. Die persdeur huisie is die plaaslike haarsalon! Die ander twee plekkies is in die hoofstraat en gastehuisies.
Een van die interessante plekke vir my was die privaatskool Olyfkrans College. Die kinders (seuns) bly in die ou huisies wat as kosskool dien. Die skool spits hou spesifiek toe vir kinders wat individuele aandag nodig het en is al vir baie jare gewild.
Die hoerskool en as ek reg onthou was dit een of ander staatsgebou het die mooiste van uitsigte. Ek is seker mens sal heeltyd by die venster wil uitkyk buitentoe ipv na die onnies luister. Omdat Swellendam so "ver" van die Kaap was, was dit ook 'n ideale plek om destyds 'n landdroshof te he. Die Drostdy is gebou. Dit oorspronklike gebou was in 'n "T" vorm met 'n geuwel in die middel, en tussen 1812 en 1825 is dit vergroot na die huidige "H" vorm. Die gebou soos hy nou staan is in 1844 reggemaak en het toe 'n grasdak gekry. Amper al die hout wat in die gebou gebruik is, is geelhout! Vir baie jare was die Drostdy die belangrikste gebou in die dorp. Vandag is dit 'n museum wat 'n mens moet besoek. 'n Deel van die tuin wat oorgebly het. Daar is ook 'n ou slaweklok wat herinner aan die tyd van slawerny tot dit in 1834 in die Kaap afgeskaf is.
Hier is nog so 'n bietjie huise van die dorp. Sue ek hoop nie dit laat jou teveel "huistoe" verlang nie!

Tuesday, September 23

Noot-vir-noot in Swellendam

Dis seker ook een van daai blogs wat my in die moeilikheid gaan bring, maar die versoekings julle weet, ek kan dit nie net uitlos nie. Die van julle wat gereeld hier lees sal onthou dat ek my lewe ook hier op die spel geplaas het.
Die vreeslike tannie met die kamera het uiteindelik ook in Swellendam gaan draai en my suster se twee seuns (Ruan en Jaco) was uiters bedag en versigtig daarvoor. Vroeg die oggend vang ek Ruan met die oorskietbak en hy's byvoorbaat lugtig vir die kamera maar aanhouer wen en ek kon eintlik my foto kry. Ons ry vinnig dorp toe want die dorp maak vroeg toe en dan is daar volgens die Swellendamers niks om te doen nie (ek weet dis nie waar nie - ek gaan julle nog wys) en ons kry darem kans vir lekker tee en skons in 'n mooi teetuin. Nou wat maak mens as die dorp toe is ... jy hou jouself besig en Ruan wil Noot vir Noot speel.Die man neem dit ernstig op en gaan trek selfs 'n baadjie en das aan ... want hy het nie 'n onderbaadjie nie. (Dit gaan nou al makliker voor die kamera ook)Dis 'n ernstig wedstryd en hy doen alles volgens die boek terwyl ons net wil tee en koekies en fun maak.
Ek kon in die proses een van die "deelnemers" afneem waar sy besig is om te antwoord. (Ronelle jy weet hoe ek dit doen ne?!) Hier moet sy die liedjie voltooi ....


Hoe later in die wedstryd, hoe meer word daar geperform en al wat haar oudste se is "Dis nie my ma hierdie nie". Ek sal ook nie noem dat dit familie is nie.
Ek gaan nou hardloop .... gelukkig is Abu Dhabi ver!

Sunday, September 21

Feetjies, feetjies en nogmaals feetjies

Ek het op my rondtes ook 'n dag of drie by my jonste sus Marie en haar gesin in Swellendam gaan kuier. Swellendam was nog altyd bekend vir die pragtige natuurskoon, mooi huise en rustigheid, maar die laaste paar dae as ek se ek was in Swellendam, vra almal ... het jy die feetjie huis gesien? Die antwoord ... JA ... Marie het my ook die feetjiehuis gaan wys! En spesiaal vir my vriendinne wat mal is oor feetjies klompe foto's geneem. Ek dink nie die foto's kan enigsins wys hoe dit regtig daar lyk nie, maar kom ons probeer. Dis die verwelkoming en feetjie-reels by die deur voor jy deur die tuin begin stap. Dis tuin is baie groen en orals uitgele met paadjies. Jy moet mooi kyk waar die feetjies en die kaboutertjies in die tuin wegkruip. Hulle is orals, op die grond, in die bome, in die lug en onder takke. Hier wys Marie vir ons 'n paar uit. Hier is ook 'n paar met mooi paddastoelhuisies. 'n Kabouter vergadering met 'n paar feetjies wat inluister. Ek dink Charmaine en Muriel sal heeltemal wegraak in hierdie tuin. Daar is ook 'n hoekie vir kleuters met 'n oulike huisie, paddastoele om op te sit en feetjies om aan te vat en mee te speel ... mits hulle mooi speel. Hier sit Marie op een van die paddastoele. Dis die feetjiehuisie waar hulle binne-in kan speel. Die kinders sal mal gaan om in hierdie feetjiehuis te speel in 'n feetjie tuin. Hier is nog 'n klompie. Mens moet nogal soek vir party van hulle wat so weggesteek is tussen die bome en struike. Wat sal mens dit noem ... 'n "hoop", "trop" of "skool" feetjies. O ja en mens mag nie hard praat terwyl jy in die tuin stap nie, want jy mag die feetjies pla. Hierdie klomp in die mooi vrolike blombakke was vir my baie mooi. Hulle is orals, bo-op goed ook. Hier is behoorlik duisende. Ek wonder of julle nog almal se name sal onthou as jy soveel het maat. Hierdie twee is lewensgroot. Orals in die tuin is ook sulke oulike bordjies met feetjie segoed op. Nadat ons in die tuin van feetjies deur is, mag ons in die huis gaan loer. My grootste nagmerrie ... ek mag nie foto's neem nie se hulle. Ek het regtig in my ganse lewe nog nie so iets gesien nie. Honderde en honderde feetjies in elke vertrek ... ek moes net 'n foto of twee neem om vir julle te wys :-). Alhoewel die feetjies in die huis 'te koop' is, word dit meer soos 'n aanneem behandel. Ek moes net 'n feetjie namens Charmaine aanneem ...