Showing posts with label troeteldiere. Show all posts
Showing posts with label troeteldiere. Show all posts

Thursday, November 15

Die nuwe baba in die huis

Met al die kinders uit die huis, dreig ek al lankal om 'n skoothondjie te kry, maar elke keer is die omstandighede net so dat ek liewers daarvan afsien. 
DSC_0193
 
So 'n week terug is ek egter aangenaam verras en bederf .... Charmaine en Elriza het vir my hierdie lelike gesiggie as geskenk gegee.  En skielik het die normale dae verander want .... 
DSC_0193a
 
As ek gedink het ek is besig, is ek verkeerd.  Elsie is besig,  BAIE  besig en vol speel!
 
photo2
 
Die eerste aand het sy onmiddelik haar plek op die bed geannikseer en na die speel is sy doodmoeg.
 
DSC_0225
 
Niks kan ook meer rondle nie, (dit kan positief wees) want sy kou aan alles met die tandjies wat uitkom. 
 
DSC_0237
 
Ek probeer maar dat dit speelgoed is en nie skoene, fone, papiere, rolletjies en enige iets anders waarop sy haar tande kan le nie.  
photo1
 
Aan die slaapgewoontes kan mens sien dat sy nou heeltemal tuis is, en snork met daai plat neusie dat die biesies bewe.
 
DSC_0198
 
Behalwe dat Nelmari nog altyd 'n pug gehad het, leer ek nou eers van die "spesie" en is aangenaam verras.  Elsie het so 'n sterk persoonlikheid en vol soveel vreugde, dat sy honde en katte wat haar wil afknou vinnig kan omdraai na speel maatjies. 
DSC_0202
 
Dankie vir hierdie groot geskenk julle, ek geniet haar soveel en dis lekker om so 'n positiewe en joyful asempie in die huis te he.



Thursday, February 12

Die klein gemmer

Einde verlede jaar toe ons moes kies tussen die straatkat-baba's was Dawn die laaste keuse, maar sy het haarself pens en pootjies in ons huis ingewurm en klop ons onsself op die skouer oor "die regte keuse". Nelmari se "Ma jy moet foto's van Dawn opsit", en na Kathy se kat-mail vanoggend is dit sulke tyd. Reeds as 'n babakatjie het ons gesien sy is anders want watter baba-katjie sal nie weghardloop as 'n klein baba-mensie haar rondjaag nie? Sy het so mooi met Jenny gespeel en saam geslaap. Ons het haar 'n bietjie vroeer van haar ma geneem omdat ons bang was sy verdwyn in die drom- en straatwereld en word seergemaak deur al die groot mannetjies katte. Dit het beteken dat sy net wou slaap as sy aan my vinger kon suig. Toe was dit nog die pinkie.En baie gou was haar allerbeste speelding "Barney". Soos enige kleintjie het sy haar moeg gespeel met Barney en dan agterna was hy sommer haar slaapmaatjie. Maar sy word groot en die twee gewoontes word nie afgeskud nie. Nog steeds moet "mens-ma" se vinger gedrink word voor slaaptyd. Sy werk deur al vyf voordat sy elke keer rustig raak as sy by die duim uitkom.


Hier probeer Nelmari haar pla maar sy los nie die duim nie want dis slaaptyd.


En dan begin die duim sy werk doen en klein Dawn maak haar ogies toe. En moenie probeer om dit uit te trek nie.
Nou kan hoor en sien vergaan, sy't haar woelige bydra gemaak en gaan nou slaap


En Barney is nog steeds haar gunsteling speelgoed. Daar is 'n klein een en 'n grote en die kleintjie mag nerens anders as in my bed wees nie. Wanneer ons haar soek, laat ons Barney sing en sy kom hom gou-gou haal en bring hom bed toe.Barney word saam met al haar speelgoedjies in die hoekie gebere en uitgehaal om mee te speel wanneer sy so voel. (Sien selfs van die kersversierings het hulle plekkie in die hoekie gekry). Ek's nie sommer enige straatkat nie .... dink julle nie ook soos my mens-ma dat ek oulik is nie?

Sunday, August 10

Keep up with the chichauhaus ....

So 'n tydjie terug het Charmaine se hondjies vir 'n operasie gegaan en dit het vir snaakse opwinding gesorg. Verlede week is Nelmari se straatkat Pixie in vir haar operasie en dit is ook 'n storie.By die huis het sy verskriklik jammer vir haarself gevoel. Haar ma het alles probeer en selfs haar gunsteling wurmpie voor haar gesit, maar niks het gewerk nie en die volgende dag moes ons haar terug neem veearts toe. Met oa infeksie en dehidrasie kom sy weer huistoe.En dis waar dit vir my snaaks geword het, maar my dogter was baie ernstig en ek mag nie lag in haar en Pixie se teenwoordigheid nie. Pixie kry 'n "collar" soos Charmaine se seuntjies, maar sy verstaan dit glad nie. Sy lyk vir my soos 'n stofsuier as die ding vassit en sy so skuifel-skuifel loop. Selfs Begeera bekyk die besigheid deur. Later kan sy darem haar kop lig en haar ma piep haar verskriklik op. En steeds mag ek nie lag nie want dan gee ek nie om nie. En as sy dors is, word sy met die strooitjie gevoer .... 'n Week later en Pixie is nog nie gesond nie en sy dra nog haar kopversiering. Die veearts bel darem elke dag om te hoor hoe sy vorder.

Thursday, March 15

Ontmoet vir Luie

Luis, vernoem na 'n karakter uit Jungle Book soos al die diere in die Holloway huishouding, is William se Arabiese baster "Suluke". Hy's al amper vyf jaar deel van die huishouding en glad nie 'n "normale" hond soos mens honde ken nie. Ek vermoed hy's nou in sy tiener-honde jare wat hy doen alles lê-lê.
Dis tyd vir 'n honde sjokolade "treat" en eers probeer hy homself help. O en net sodat julle weet, hierdie is pepperment geur.
Om dit self oop te maak het nie gewerk nie, dus gaan hy oor na die smeek fase....
Dit werk so hy kry sy sjokolade. Hy gryp NOOIT iets uit mens se hand uit nie, en vat alles baie versigtig tussen sy tande. Hy sal enigiets eet, is mal oor ysblokkies, eet mielies pit by pit, maar hou niks van uie en tamatie nie.Hy maak graag die brandweer, ambulans en polisie sirenes na en alhoewel hy die huiskatte verdra. verdra hy geen straatkatte. Hy sit graag in die kombuis as mens kosmaak met sy rug teen die kaste of as hy 'n trappie kry, sit hy daarop.

Die enigste ou vir wie hy "versigtig" is, is Eddie en alhoewel hy weet hy word in my studeerkamer toegelaat, sal hy vreeslik probeer wegkruip agter die voetstoeltjie as hy Eddie hoor aankom. Julle moet hom in die woestyn sien, hy hardloop asof hy nooit weer terugkom nie, net om weer terug te kom.