Showing posts with label Sommer. Show all posts
Showing posts with label Sommer. Show all posts

Wednesday, October 7

Is dit die antwoord op die brandstof pryse?

Goedkoper brandstof pryse!! Ja dis iets wat ons almal graag sal wil he. En nou in die land wat sy eie petrol het, is daar 'n ander idee aan die broei, bio-ethanol van dadels!

Hier is baie dadelbome en gemiddeld dra elke boom tussen 50 - 200 kg dadels per jaar. Dit word verkoop as gewone dadels, gevuldes met neute, gedoop in sjokolades, daar is dadelkoekies, dadelsap, dadelkonfyn, dadelmelkskommels, dadellekkers, dadelroomys, ens. ens. Noem dit en hulle het iets wat hulle met die dadels kan maak. En nog steeds is daar jaarliks 'n oorskot van tussen 50 000 - 80 000 metriee ton dadels. Dit tesame met die hoe suikerinhoud van dadels wat dit uiters geskik maak vir bio-ethanol het die idee laat ontstaan om brandstof te maak.
Die "brandstof" kan dan gebruik word vir taxis, trokke en busse waarvan hier duisende is. Ek vermoed dit sal ook meer "groen" wees as die huidige brandstof.

En nee dis nog nie hoe ons vulstasies lyk nie, die foto het ek in die plaaslike koerant gekry. Lyk amper soos 'n afgeblaasde rugbybal.

Wat dink julle hiervan?

Friday, August 7

Watter een is jy?

Met die somer, het julle ouens nou al redelik gesien wat ons hier in die hitte doen. Die malls bly egter een van die gewildste plekke om na toe te gaan. Soos een van die seuns in my tienergroep se: “tannie ons is mall(ers). Daar loop jy allerhande mense raak, oa die groep wat deur jou loop asof jy nie bestaan nie, en dies vir wie basiese “maniere” soos wag jou beurt af, nie in hulle woordeskat is nie. Die feit is, dat gedurende die naweek is daar ‘n paar tipes wat ons in die mall gaan raakloop. Herken jy enige van hulle?

Die "Social shopper" en die jongklomp veral val in hierdie kategorie. Vir hulle tel veiligheid in nommers en hulle beweeg in groepies kleiner as 6. As een 'n paar skoene wil hê, wil die ander een ook . Hulle kan selde besluit waar om te shop omdat daar meer as een is en die toerusting waaraan hulle uitgeken word is hulle selfone en vriende.

Dan is daar die "Teen Queen". Vir hulle is shop 'n leefwyse - nie dat hulle altyd enigiets koop nie. Jy kry hulle in die aantrekkamers besig om die een kledingstuk na die ander aan te probeer om dit nie te koop nie. Mens ken hulle uit aan hulle "designer" jeans en fake tatoes.

Die "Lightning shopper" is ook in die mall en ek mag dalkies net in hierdie kategorie val. Hulle weet presies wat hulle wil hê en waar dit is. Hulle doelwit is om so vinnig moontlik in en uit die winkel te kom. 'n Winkel wie se rakke verander het frustreer hulle en 'n lank tou by die teller maak hul lam. Hulle het gewoonlik gemaklik skoene aan en die regte kleingeld.

Moenie van die "Harassed Parent" shopper vergeet nie. Die ouens met die kinders wat skree as hulle nie hul sin kry nie en wat tantrums gooi dat die ouers wens die grond sluk hulle in. Onseker want as hulle die kinders vasvat nie, weet hulle nie van dissipline nie en as hulle wel die kinders straf, mishandel hulle die kinders. Hier kry mens dit baie omdat die klein Arabiertjies nie gedissiplineer mag word nie. Hulle toerustig is gewoonlik 'n stootwaentjie, dummy en 'n "hoekom ek" gesigsuitdrukking. In die land is 'n "nanny" ook deel van hierdie shopper.

Daar is ook die "Window shopper". Weens tekort aan geld? Spaarsamigheid? Waardering vir 'n goeie vensteruitstalling? Wat ookal die rede, die shopper kyk maar vat nie. Hulle toerusting is gewoonlik 'n uitdrukkinglose 'n gesigsuitdrukking.

Ooooo en die Impulsiewe shopper. Iewers sal daar iets wees wat hulle net moet hê en dadelik. Enigiets van 'n duur artikel tot 'n spotgoedkoop een. Hulle toerustig: 'n moee kredietkaart.

Ons moet nie vergeet van die arme "Gebruik mans" nie. Dis die ou wat geduldig met al die pakkies en vol trollie wag terwyl vroulief net nog een rokkie gaan aanpas. Hy staan gewoonlik net en uitstaar na iets wat hy nie weet of ken nie. Mens ken hom uit aan die wavrag sakke, met niks wat hy wil hê binne in nie.

Die groep wat my lam maak ... die "Living furniture". Mens kry hulle rondom die asbakke en op banke in die mall. Wie is hulle? Hoekom spandeer hulle hul tyd om vir ure rond te staan/sit en niks te doen nie? Miskien is dit net vir die lugversorging in die mall ...jy ken hulle uit aan hulle eindelose voorraad sigarette. Hier kry jy ook die wat sit en staar en mense ongemaklik maak.

En die "ryk" koper. Dis die ouer teen queens wat nou ryk getrou het. Al die jare wat hulle klere aanprobeer het, het hulle afgerig om nou net die regte etiket klere te koop. Mens herken hulle aan hul ontwerpes klere en goue kredietkaart houding.

Dan is daar die coffee-shop king of queen. Hoeveel koppies kan mens drink? Weet nie, hulle probeer uitvind. Sommige sit en rook (ja hier is die restaurante ongelukkig nie rookvry nie) terwyl ander gebruik maak van die wireless internet. Dit terwyl hulle kyk na die res van die wêreld wat verbyloop. Mens herken hulle aan hulle sigaret, selfoon en opsioneel laptop. Baie van die plaaslike mans hier val in hierdie kategorie.

Mens kry ook die "mall jaag(ers). Hulle is defnitief nie daar vir die koop nie. Hulle jaag deur die mall net omdat hulle moet en stop net blitsig vir 'n paar sekondes as daar iets is waarin hulle belangstel. Word uitgeken aan gemaklike klere en skoene en baie keer 'n man/vrou wat agterna probeer byhou met die kindertjies - vinger/hand in die lug om aan te dui hulle wou ook graag iets gesien of iewers gestop het.

En dan die shopper van alle shoppers .... die winskopie koning. Hulle wat die los koerantjies dophou en afslag koeponne het. En hier veral, koop iets en kry iets anders gratis winskopies. Hulle ken die produkte en slaan toe op produkte met die "sale" kaartjie op. Die kanse is goed dat hulle alreeds 'n kas vol van die produkte het, maar dis verniet en/of baie goedkoop reg?! Hulle word herken aan trollies vol van dieselfde produkte.

Hoe sien ander jou as shopper? Watter een is jy?

Sien jou in die mall!

Monday, July 28

Hoe ver terug onthou jy?

Onthou julle nog die dae voor televisie? Die groot rol wat radio gespeel het? Ek het nie baie radio geluister nie, maar ek onthou hoe ons almal rondom een gesit en sport luister het. Hoe Gerhard Vivier die sportprentjie kon inkleur dat ons gevoel het ons sit daar op die pawiljoene. Ek dink daar was dalkies toe minder leunstoel-springbok-kykers ook en mens het staat gemaak op die kommentator en jou verbeelding. Jy het so saam met Ian McCullum agtertoe getree, vorentoe gehardloop en die bal sien trek .... mooi, dis oor ... nee dis mis! Of Charles Fortune wat so mooi kon vertel van die stadion waar die krieket gespeel is en die voeltjies wat wurmpies uithaal sonder om die telling te gee ...

Weeksdae het ons stories geluister op Springbokradio. Ek het nie regtig in die aand geluister nie behalwe die Top 20 en natuurlik die Sarie kompetisie. Partykeer op 'n vrydagaand het my pa ons inry toe geneem en dan moes ons wag voordat ons die luidsprekers in die motor kon aansit want pa het eers squad cars geluister. Onthou julle daardie dae? Pip Freedman, Leslie Green, Die Rise and Shine show/Ontbytsessie saam met Danie Smuts en Clark McKay? Of Esme en Jan se So maak mens Die ou advertensie klingels tussen die stories van oa Coke deur die Dealians, Chevrolet se Braai vleis en sonskyn advertensie of E N O! En die stories van Taxi, Inspector Car Investigates, Die Mannheim sage, Hospitaaltyd en Men from the Ministry. As jy op die links kliek gaan jy verseker terug in tyd want vanaf 1 Julie is Springbokradio terug op die lug (op die internet) met 'n argief vol van onthou's. Die jonges sal wil lag vir wat ons geluister het en die oues sal heerlike herinneringe he. Geniet

Friday, April 13

Vrydag die 13de

Vrydag die 13de en vir die bygelowiges 'n dag om nie eers hulle kop by die deur uit te steek nie, nie lere in die huis toe te laat nie en die swartkat moet maar elders kuier vandag. Ek het vandag nie eers die 13 de nodig om sommer net my kop toe te trek en in die huis te bly nie. 'n Lekker meneer van 'n verkoue en goeie rede om vir myself 'n "pity party" te gee. Sal dit maar alleen moet bywoon ook want die res is almal besig met hulle eie "pity parties".
Ek lees in die Beeld dat die sterfsyfer vir die Paasnaweek 276 is....
Die afgelope Paasnaweek het 19 meer slagoffers as verlede jaar op die land se paaie geëis.Dít het gister aan die lig gekom toe die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) bekend gemaak het dat 276 mense tussen 5 en 9 April in padongelukke dood is teenoor die 257 oor Paasnaweek verlede jaar.In die 215 noodlottige ongelukke landwyd is 93 voetgangers, 68 bestuurders en 115 passasiers dood.
Dis darem verskriklik baie. Uit nuuskierigheid en omdat die UAE ook nou 'n verkeersveiligheid week begin het, probeer ek sien hoeveel mense gedurende 2006 op die paaie dood is.
Patrick O’Leary, oudpresident van die komitee vir aktiewe padveiligheid (Cars), sê daar heers “oorlog” op Suid-Afrikaanse paaie.Hy staaf dit só: In 2006 was daar meer as 15 000 padsterftes.
Kan jy dit glo 15 000!!! En dan voorspel hulle dat gedurende 2007 tussen 18 000 - 25 000 op ons paaie gaan sterf!!!! Dis 'n goeie rede om van die pad af te bly en dan het mens nie Vrydag die 13de nodig nie.
Die UAE se padowerheid is ook nou bekommerd oor die hoe padsterftes in die UAE en hulle is besig om deur reklame die mense bewus te maak van die skrikwekkende getalle. Vergelyk dit nou met wat op ons paaie by die huis aangaan...
Dit bring my weer terug na die "pity party" toe. Almal probeer ontleed en planne maak hoe en waar en hoekom is daar soveel ongelukke op die pad. Ek dink dus pure selfsugtigheid - selfsugtig om te dink jy is al een wat reg bestuur en dan veroorsaak JY die ongeluk, selfsigtig om te bestuur as jy moeg en vaak is en dan deur 'n ongeluk ander mense se lewens eis, selfsigtig deur eerste by 'n plek te wil aankom, selfsigtig om te ry asof die pad aan jou behoort, ens. ens. As ons maar net meer bedagsaam en minder aan onsself dink, sal daar vir starters minder ongelukke ook wees. Of wat dink jy?

Monday, April 9

Wat doen ons krieketspan aan ons?

Ek's 'n redelike positiewe persoon, veral wanneer my sportspanne speel. Ek sal kyk en ontleed en probeer sien waar en hoe het dinge verkeerd gegaan en dan die positiewe dinge soek wat MYSELF kan motiveer om nog steeds vir my span te skree. Ek het nogal 'n kleintjie dood aan ons Suid-Afrikaners wat net 'n wenspan ondersteun en met 'n bier in die hand van die kantlyn kritiek lewer. Daar is soveel aspirant Proteas en/of Springbokke wat dit nooit op die veld gemaak het nie, dis net nie waar nie.

Ons span het eergister nie te goed gedoen nie, om die waarheid te sê ek was half vies om tot twee uur Abu Dhabi tyd te sit en kyk net om te sien hoe ons verloor. Natuurlik het ek ook my kritiek om te lewer soos bv dat Justin Kemp al twee seisoene sukkel om sy "mokerhoue" te vertoon en niemand sê iets daaroor nie, maar Jacques Kallis wat ten minste vir ons lopies aanteken, word gekritiseer ...hoe oulik is ons nie? Mense daardie MANNE is nou eenmaal gekies en nou eenmaal daar en maak nie saak wat gebeur nie, hulle is ons beste omdat julle nie gaan uitprobeer en die proewe gemaak het nie - kom ons ondersteun hulle!!
Maar dis nie waaroor vandag se skrywe gaan nie. Ek's 'n bietjie teleurgesteld in my span maar terselfdertyd BAIE vies vir hulle, want net so lief soos ek vir die Blou Bulle is, so lief is ek vir Australie ... en vandag omdat ons teen Bangladesh verloor het, moes ek vir die Aussies skree om ons aanslag op die titel nog lewendig te hou. Ja .... en dit vra baie moed en trots sluk. Wat ek nie vir ons Protea'tjies sal doen nie.
Eddie het die verloor nie so goed gevat nie en met 'n verkoue is dit hoe hy die wedstryd gesit en kyk het.

Ja ons sit met ons kop in ons hande, maar ons skree, ondersteun en hou nog styf duimvas vir ons manne daar in Grenada.