Thursday, December 6
‘n Land se verjaarsdag
Sunday, December 11
Alles kom in rooi, groen, wit en swart
Ons ry gisternaand na die Emirates Palace toe vir 'n Kersfees simfonie konsert en ek sien die liggies is nog almal op en die dorp lyk heel feestelik. Daar is 'n paar wat ek nog nie gesien het nie wat ek beslis moet gaan afneem.
Met al die feesvieringe van die land se verjaarsdag amptelik verby verlede week, lyk dit asof die mense dit nog so 'n klein bietjie wil vier en orals in die dorp is villas met vlae versier. Hier aan ons kant van die woestyn het party villas masiewe vlae.
Minder versierde motors in die strate, maar vir party is "versier"nie 'n woord nie, ek kan nie glo hoe die motors opgemaak is nie, blomme, ruikers, prentjies en enigiets wat moontlik kan.
Anders as by die huis is die winkelsentrums nie vir Kersfees versier nie, maar in nasionale kleure - maar dit gee alles nog steeds 'n feestelike gevoel. Foto onder regs was nog 'n "wereldrekord" aanslag. Die grootste landswapen gemaak van dadels. Ek neem aan die dadels is gekleur.
Dan natuurlik in die aand word alles "opgelig" as dit donker word en dit lyk so mooi. Het gisteraand die paleis se mure gesien en dit was werklik iets besonders. Selfs 'n motor versier met liggies :-).
Groot vieringe is op die 2de gehou by die sportsentrum gehou. Ek dink alles wat lankgenoeg stilgestaan het, is in vlagkleure geverf of verlig.
Die kersie op die koek was hierdie foto wat ek in die plaaslike koerant gesien het. Die goudvissies is ook met die vlagkleure geverf. (ek weet nie is dit dieremishandeling nie)
Sterkte met julle week vir baie die laaste voor vakansie, en ander wat met vakansie gaan veilige reis.
Liefde
Friday, December 2
Die woestynland word 40 jaar oud
Elke jaar rondom 2 Desember, blog ek oor die woestynland en sy feesvieringe rondom hulle Nasionale dag. Ek wys die versierde motors, die geboue en liggies! Vanjaar het ek nog nie daarby uitgekom om regtig klomp foto's te neem nie - dis op die bucket lys vir die week.
Hierdie jaar is dit egter 'n spesiale viering want die land is 40 jaar jonk. Dis partykeer moeilik om te glo as mens sien wat hulle alles in die 40 jaar vermag het. En om te dink al die plaaslike mense ouer as 40 en selfs 50 het nog in die regte egte woestyn gebly en kamele gery en dit net nou die dag!
Ek dink hierdie land het met reg rede om groot fees te vier.
Een van my gunsteling plekke om hier af te neem is die groot moskee soos julle wat gereeld hier lees weet, en dit was een van die plekke wat deel van die vieringe is. 'n Laservertoning wat die oorlede Sheikh se visie dmv ligte wys. Hier is 'n paar foto'tjies daarvan.
Daar is twaalf tonele op die mure van die moskee gegooi wat die storie uitbeeld. Die eerste toneel was sy persoonlike gevoel oor die moskee en dit het gepaardgegaan met die swaai van ligte en klere orals oor die mure.
Dan was daar 'n toneel wat die verskillende patrone wat in die moskee gebruik is.
Die grootste kandelaar se patrone is ook gebruik en met 'n ander een die blomme wat groei simboliseer.
Ander tonele uit die hoofgebed saal is ook gewys en dan die koepels se kleure.
Palmbome was gewys wat groei verteenwoordig is oa ook gewys.
Kleure, lig, teeltonele en sterre is gebruik vir van die ander tonele.
Hierdie foto was in die koerant en wys die ten volle verligte moskee uit die lug .... werklik iets besonders. Sal na die naweek vir julle van die ander foto's en die-land-gaan-oorboort-stories wys en vertel.
Geniet julle naweek!
Tuesday, December 7
Die UAE verjaar
Die laaste paar weke is dit nogals chaos hier in die dorp met die een feesviering op die ander.
Eers het ons die Grand Prix gehad en daarna die een na die ander beroemde en bekende kunstenaar wat ek nie ken nie, wat in die dorp optree - dit sal natuurlik aangaan tot na Nuwe Jaar. Maar saam met dit was het die land ook sy 39ste verjaarsdag gevier en vyf dae later hulle Nuwe Jaar. Orals is die winkels opgemaak en by skole is tradisionele danse opgevoer.
Die arabiere gaan ook dol met motorversier en orals word hulle duur motors en 4x4 opgemaak in die kleure van die vlag. Ek wil nie eers weet hoeveel skade daar aan die verf gedoen word wanneer dit verwyder word nie.
Die mooiste deel van hierdie tyd van die jaar is die dorp is die liggies. Ek het vorige jare al hieroor geblog, (julle kan op die links kyk), maar vanjaar was daar heelwat nuwes wat aangedui het hoe jonk die land nog eintlik is. Net 39 jaar terug was dit nog 'n woestyndorp met baie sand en kamele.
Ons het so 'n bietjie in die strate gaan ry om die feesvieringe te voel en dit was feestelike chaos.
Vir my was die mooiste liggies die nuwes op die sirkels wat oa perde, valke en bote gehad het. Charmaine hulle was so gelukkig dat die sirkels sommer by hulle blyplek was. (Ook maar moeilik om 'n foto om 'n sirkel te neem)
Die middelmannetjies oppad en op die Cornish verby die Emirates Palace Hotel.
Hierdie klomp geboue wat so langs mekaar gestaan het, was regtig baie mooi en in die vlag se kleure.
Bietjie laat maar baie geluk UAE. Die ontwikkeling die laaste 39 jaar is iets ongeloofliks en self kon ons die verandering in die laaste 10+ jaar wat ons hier is sien.
Lekker week
Wednesday, December 2
Nasietrots ... weet ons nog wat dit is
Wie van julle onthou nog die Republiekdag vieringe wat ons elke jaar by die skole gehou het. Daardie standaard program wat jaar na jaar dieselfde was vir almal regoor die land. En natuurlik die groot vieringe by die sportstadiums. Ons skool het met die trein na Goodwood sportstadium gery om daar te gaan deelneem aan die massa gimnastiek vertonings. Dit was groot fees en dit was lekker!
Hier in die UAE vier hulle hul nasionale dag op 2 Desember en die vieringe is iets ysliks en nog erger as die destydse republiekvierings. Julle weet mos nou al die mense gaan all out as hulle iets doen. En vanjaar is die ou landjie 38 jaar oud. Nog spring chicken dink julle nie?
Dit was in 1971 toe ses lande die ooreenkoms geteken het om een land, die Verenigde Arabiese Emirate te vorm. Net Ras Al Khamah het nie geteken nie, maar wel twee maande later in 1972 ook deel geword van die land.
Waar die kersversierings seker nou orals by die huis in die winkelsentrums te sien is, is dit die nasionale dag kleure wat ons sien. Dit was 'n goeie geleentheid om 'n paar malls hier in die dorp te besoek om te sien presies hoe hulle versier is.
En oppad malls toe orals is die strate sien mens hoe die duur motors opgemaak en geverf is in die landskleure. Ek het meeste van dit gister afgeneem en is seker dat daar vandag nog meer kleurvolles op die pad gaan wees.
Teen donker is die kindertjies in die motor gelaai en het ons gaan liggies afneem want vanaand sal mens dit nie naby die Cornish wil waag nie. Dankie julle twee vir die geduldige afneem terwyl ek bestuur.
Vanaand poog Abu Dhabi om die grootste vuurwerkvertoning in die wereld te hou. Vuurwerke sal van verskillende plekke in die dorp afgesit word op dieselfde tyd om so die Guinness book te haal. Ons gaan sommer op die dak sit en hoop om die skouspel te sien.
Mooi dag vir julle!
Sunday, December 2
Dis Nastionale Dag in die UAE

In die skole is 'n Nasionale Dag viering gehou wat al die kinders, plaaslik en expats betrek het. Met dans en musiek en stories word die geskiedenis van die land vir almal vertel.
Ek's skoon jaloers op die feit dat hulle 'n geskiedenis het en dit nie net soos ons s'n uitgevee is nie. Op 'n manier is daar ooreenkomste tussen die Arabiese moslems en ons land. Hulle vee varke en Israel uit hul skoolboeke met swart penne of plak die blaaie aan mekaar vas asof dit nie bestaan nie, en ons....ons geskiedenis en plekname word ook uitgevee asof dit nooit bestaan het nie.
In die strate word miljoene liggies opgesit in die kleure van die vlag en met die 36 wat wys dat hulle vanjaar 36 jaar oud is. Dit is regtig so mooi om deur die strate te ry en alles so te sien. (Annie ek hou styf duimvas hulle hou die liggies op vir julle koms ook)
Geboue en huise word versier met liggies en dis orals 'n feestelike stemming. Gewapen met sy nuwe kamera en al die lense is Eddie af dorp toe om foto's van sommige van die geboue te gaan neem, dat ek vir julle kan wys.
Hierdie geboue is langs die Cornish
Etisalat se streekkantoor met sy versiering. Maat dis jou gebou.
Etisalat se hoofkantoor. Dis waar Eddie werk
Een van die oliemaatskappy langs die Cornish se gebou
National Drilling Company se gebou in Salam straat
Salam straat met sy versierde geboue
En nog ene.