Showing posts with label Heleen. Show all posts
Showing posts with label Heleen. Show all posts

Monday, November 19

Ons vroue kyk dvd

Ek's 'n groot "fan" van Francine Rivers se boeke .... om die waarheid te sĂȘ ek's so 'n groot een dat ek elke liewe een van haar boeke het (behalwe die heelnuutste wat so pas op die mark gekom het). So ek was baie opgewonde toe hulle 'n rolprent van een van haar boeke "Sin Eater" gemaak het. Van ons vroue het gisteraand die dvd daarvan gekyk.



Die rolprent is beslis aan te beveel, veral as jy alreeds die boek gelees het. Dit word uitgegee deur Fox Faith Movies wat 'n filiaal van Fox Movies is en is verseker makliker enige plek elders verkrygbaar as hier in die Midde Ooste.

Saam met die dvd kyk het ons ook gepizza. (Ons het mooi skoongemaak agterna maat). Hier konsentreer Corinna en Elize op die storie. Ek sal myself maar daarvan weerhou om die storie te verklap vir die ouens wat nog die boek wil lees en fliek wil kyk .... en ek hoop dis almal van julle. Vir ons in die groep het dit baie mooi aangepas by die studie waarmee ons tans besig is.
Wat sal agter daardie donkerbrille aangaan dink julle? Die drie lyk baie ernstig en die pizza in die bord lyk amper vergete. Wys jou net die fliek is so spanningsvol dat selfs Heleen doodstil sit ....... :-)

Sunday, July 8

Vrouegroep

Ons vroue kleingroepie het hierdie week ons laaste amptelike lessie voor die Somervakansie gehad. Die nagmaal en voetewas aand was 'n gepaste afsluiting na die voltooiing van die studie.
Elriza het vir ons die nagmaal en sang gelei. Ons het begin met 'n uittreksel van die fliek "Passion of the Christ" en daarna oorgegaan na die nagmaal. Hier sing sy vir ons 'n liedjie "Lead me to the Cross" van die nuwe Hillsongs CD.
Ons het daarna mekaar se voete gewas soos in Johnannes 13:14, "As Ek, wat julle Here en julle Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was."

Heleen was Vanessa se voete.

Na die voetewas is ons almal se voete met Nardusolie ingesmeer. Soos in John 12:3 het die reuk van die olie die hele huis deurtrek met sy geur. Dit was werklik 'n geseende aand.

Gedurende die vakansie hou ons egter nie op nie, maar sal 'n studie vir die oorblywende lede en enigeen in die dorp wat belangstel hou. Die klomp wat hierdie week huis toe gaan vir 'n tydjie, veral Heleen en Vanessa, geniet die koue!!!