Sunday, September 9

Verslag van Bloemfontein - nie die cheetas nie ....

Altyd lekker om van die seuns te hoor (al moet ek hulle omkoop). Dit lyk of die sport hulle baie besig hou en ek wonder van die studies.

Sokker verslag van William

After a hard practice the previous day James’s team was ready for this game, with his supporters behind him James was confident as he walked onto the pitch.
As the games started the crowd went silent. (ek sien nie die skare en ander spelers nie seun?)James stands in the goal, 50 min and a couple of good saves later, the match was over, the score 1-0 to James’s team.


Basketbal verslag van James


Wel William het toe sy wens gekry en begin basketball speel hier in Bloemfontein. Hy is nadat hy bietjie op sy eie speel gaan speel het, in een van die koshuise se spanne ingetrek. Hy speel nou amtelik vir Tswelopele in die liga. Behalwe dat hy een van die enigste 3 lig-gekleurde spelers in die liga is, dink ek hy was ook die beste speler op die vloer. Die pyn was ongelukkig te veel om te verduur toe sy span hulle ware kleure van ‘kan nie speel nie’, gewys het. Toe die telling baie eensydig begin raak het, het ek maar geloop. Maar nie voor ek William sien beheer vat het oor die arme skapies nie. Lyk my hy het sommer nou die afrigter geword.


Hier is die klein boetie ernstig besig om te verdedig. Ongelukig is dit nie ‘n een man sport nie, dit is wel ‘n een man poging

William kry hier ‘n kans om die telling bietjie nader te trek met ‘n ‘free-throw’



Bietjie een teen een op die man in die ander span

Oppad om te gaan kyk hoe William speel, is ek toe ook oorval deur ouens wat sê hulle soek my orals, en wil hê ek moet vir hulle speel. So nou speel ek vir Villa Bravado,wat in die toekoms nog teen William se span sal koppe stamp.


Blykbaar was ek soos William ook ‘n een man verdediging, en


Leane sê die crowd was nogal aan my kant. Hier is ek trots in my AISA klere.


Dankie seuns ek hoor graag weer van julle!! Lief vir julle.

1 comment:

Anonymous said...

Ek sien net altyd fotos van my twee seuns wat sport speel, wag nog vir die een wat lees "Hier sit ons voor die boeke en swot"!

Snaaks dat 'n mens dit nooit sien nie.

Mooi werk ouens, wys die manne hoe!