Sunday, September 2

Die skole begin - UITEINDELIK!!!!

Die van julle wat dink die 6 weke Desember vakansie is lank ....moet weer dink en dan julle seeninge tel. Na tien jaar in Abu Dhabi is die 3 maande skoolvakansie gedurende Jun/Jul/Aug nog steeds lank. Toegegee die kinders raak groter en kan hulle beter besig hou, maar dit beteken 'n duurder vakansie, want hulle besig hou kos geld terwyl mens 'n kleintjie nog met kryte en boeke kan vermaak.

So breek die GROOT dag toe gister aan en Nelmari kan nie wag om by die skool te kom nie. Ons moet vroeg ry want sy wil eerste daar wees .... hoekom? .... geen mens weet nie.


'n Banier met ballonne verwelkom die meisies terug en ek vermoed so in die stilligheid dalk is dit "gesponser" deur 'n ouer wat soos ek voel ....eindelik skool!! Ek dink nou daaraan dat ek julle nog nie vertel het hoe die skole hier werk nie, en sal dit nog doen. Wat ek wel kan noem is dat die seuns en dogters geskei en in aparte skole is. Julle moes die manne wat by die hek verby stap se gesigte gesien het, hulle was glad nie gelukkig om terug te wees nie. Ek dink as hulle kon, sou hulle die seunshek seker swart geverf het.


Ek het so vlugtig van die skooldag en nuwe onderwysers terugvoering gekry, maar die hoogtepunt van die dag was die "nuwe" canteen (ja seuns uiteindelik!) en die eerste amptelik volleyball oefening.

Die JV span (Junior Varsity) het verlede jaar al hulle toernooie gewen en ons hoop dat dit vanjaar net so 'n goeie seisoen gaan wees. En natuurlik hoop ons dit gaan 'n goeie akademiese jaar ook wees.


2 comments:

Anonymous said...

Sussie, jy moet mar di nuwe jaar geniet en alles doen wat j kan.Mamma het mos nou baie tyd om jou rond te ry

Anonymous said...

lol
Ek weet! 11 de is ons erste game teen ACS!!
Ek hoop ons mascot is reg.