Net so voor die vakansie verby is, moes ons weer by Al Raha 'n draai gaan maak en hierdie keer neem ons vir klein Emily saam. Hulle het die oulikste speelplek in die water vir die kleintjies en al manier hoe ons daarin kan kom, is 'n kleintjie as kaartjie :-).
 
  Dis effens diep vir Emily, maar Nelmari maak haar versigtig gewoond aan die diepte. Die water is darem lekker lou warm.
 
 Nou probeer ons die glybaan in die water en Nelmari hou haar nog vas.
 Die twee stap na die vlakker kant. Dis 'n oulike speelplek ne?
 Die twee stap na die vlakker kant. Dis 'n oulike speelplek ne? 
 Ons gaan weer die glybaan probeer en Emily lyk bietjie ernstig
 
 Maar nie vir lank nie, sy begin dit geniet!!
 
 Sy wil sommer self opklim
 En gly dan alleen af. Dis 'n vreeslike veilige glybaan met sulke hoekies waar die kleintjies eers kan stop voor hulle verder gaan. Dit laat hulle voel hulle is in beheer van die gly.
En gly dan alleen af. Dis 'n vreeslike veilige glybaan met sulke hoekies waar die kleintjies eers kan stop voor hulle verder gaan. Dit laat hulle voel hulle is in beheer van die gly. 
 Met al die nuwe selfvertroue klim sy in die tonnels
 
 Hier maak sy en Nelmari gereed om in die tonnel af te gly
Sy klim nou ook self in en uit die swembad
 
 Kyk hoe drup die water van my voete af ....
 Brrrr nou is my hele gesig lekker nat en ek sit plat in die water
 Brrrr nou is my hele gesig lekker nat en ek sit plat in die waterKyk hoe maak ek my gesig nat
Selfvertroue meer by die minuut
Laat bietjie vir my weet watter van die twee video's laai die maklikste af om te kyk.
 
 
No comments:
Post a Comment