Saturday, September 8

Eendag as ek groot is ....

Ek's al groot, letterlik en figuurlik, maar wie van julle ken nie 'n klein seuntjie wat op 'n stadium gesê het hy wil 'n brandweerman wees as hy groot is nie? OF eendag as ek groot is, wil ek 'n sportmotor hê? Wel hier in die UAE kan daardie wens dalk waar word en kan mens twee drome met een beroep klap


Binnekort gaan die Dubai Brandweerdienste 'n Corvette sportmotor inspan vir brande ....Jip julle het reg gelees. Hierdie motor gaan toegerus wees met 'n brandblusser, hydraulic, brandbestrydings en noodhulp toerusting en toerusting om mense uit 'n vasgekeerde motor te red. Die doel van die ou karretjie gaan wees om vinnig op 'n brandalarm te reageer en eerste op die toneel te wees. Volgens die brandweerhoof is die brandweerwaens groot en beweeg hulle stadig in Dubai se dig verkeer. Hulle glo hierdie vinnige motortjie kan bydrae om vure vroeg te blus en lewens te red.

Ek is seker die brandweermanne gaan nie baklei as hulle die Brand-Corvette ipv die Brandweerwa moet ry nie. En neeeeeee seuns, julle moet maar eers julle studies klaarmaak voordat julle 'n brandweerman in Dubai kan word..

No comments: