Monday, September 10

Famile - help 'n bietjie

Julle weet mos ek kerm aanmekaar oor ou foto's. Dankie aan almal wat stuur en nog gaan stuur. Daar is families van wie ek nog niks het nie.


Hier is 'n klompie wat bekend en glad nie bekend aan my is nie. Help 'n bietjie asseblief. As julle nie seker is nie, kry die ouer deel van die familie voor die rekenaar en laat hulle help uitken.



Skryf die nr met die name wat julle herken langsaan op comments. Daar is nog baie, so help asseblief!


Om comments te los, kliek op comments en skryf dan in die blok julle antwoord. Dan van die drie opsies kies julle Other en skryf jul eie naam in die eerste lyntjie. Die tweede een hoef julle nie in te vul nie. Druk dan net sent.

4 comments:

Anonymous said...

Ek kan nie vreeslik help nie, moet my ma nader trek maar wat ek herken is:
5 - Dink dis Billy tweede van regs
8 - Klein Babsie, Pieter, Bokkie

Anonymous said...

1. Sammy & Oupa
2. Omie Jeanette Eddie
3.
4. Piet en weet nie wie
5. Frieda Witz en Lesley en Billy
6. Lesley
7. Boella (ouma se hond)
8. Ja (Babsie van oom Piet)
9. Ruth Omie Henry Billy Sammy
10. Piet Henry Billy (en JOY?)
11. Pieter van oom Piet
12. Tossie Ruth (Ruth van tannie Leen) Billy
13. Met hoed - Eddie, ander, vriende se kind
14. Ja
15. Ruth (Ruth van tannie Leen) en Kosie - jou ma se suster Joan, is strooimeisie
16. ?
17. Ja

Anonymous said...

Hi nig
Ek en Chantal het vanoggend haar babie vir Oumie, Ruth & Ronelle gan wys en toe sommer daar op Ronelle se rek na die fotos gaan kyk maar was dit nou vir jou 'n grap. Die 2 tannies wat sonder hulle brille daai mense van melewe probeer uitken :-). Hoe meer ek vra of dit nie 'n foto van oom Sid en die bok is nie, wat jou pa altyd vertel het onder ouma Kittie se kombuis tafel geslaap het, die meer la hulle want die slide show gan te vinnig. Hulle het darem 'n paar mense herken. Ha ha.
Groetnis ujit 'n nat en koue Kaap.

Anonymous said...

Die foto slide wat jy op jou blog het het my al lekker laat lag.
Ek het eers vir my ma en Jeanette hier gehad Maandagaand. Die slide loop mos vinnig en ek weet nie
hoe om die foto's 1 vir 1 te wys. Hulle skree later al hoe harder en lag al hoe harder hoe vinniger die foto's gaan.
Is later kwaai met my omdat ek nie die slide stadiger kan maak!!!
Gister het ek weer vir Omie, my ma, Schalk en Chantel hier gehad. Ek sien hy het vir jou klaar laat weet hoe
dit toe gegaan het. Die ou foto's is 'n wenner. Ons hoop regtig dat ALMAL in die familie ou foto's sal stuur.