Monday, September 10

Nelmari die wetenskaplike

Die skole het al 'n week of so terug begin, maar Nelmari herinner my dat ek julle nog nie van haar eksperimente vertel het nie. Ter versagting (vir myself) moet ek noem dat chemie NIE een van my vakke was nie ... maar Nelmari is mal daaroor (soos oor al haar ander vakke).

Die chemiese stel is toe aangekoop so op die stertkant van die vakansie en daarna was niks in die huis meer veilig nie. Soek jy jou waspoeier, word dit getoets, so ook meet die skottelgoedopwasmiddel ens.
Die boek kom met 'n handleiding waarin daar 1500 eksperimente is. Ja ... glo my dit gaan nog 'n tydjie vat om deur dit te kom.
Hier is sy ernstig besig om die boek te bestudeer ...
Die goed word afgemeet, in houertjies gesit en getoets. Moet sê dit het haar nogals vir 'n hele tydjie besig en uit die winkels gehou.Een of ander chemiese middel word hier in die houertjies gesit. Moet erken ek het vir die meeste van die "toetse" maar in 'n ander vertrek gewees.
Kyk .... ek kan die houertjie omdop en die vloeistof loop nie uit nie. Mens noem dit ......(jinne ek kan nie onthou nie)
Sy kry ook 'n "vriend" wat net so oor chemie voel soos sy en hier word saamgewerk aan 'n eksperiment.Wat gaan hier gebeure?
Charmaine verwag iets groots om met die eksperiment te gebeur en sy is gebril en als. Lyk my na die snorkel episode, wil sy net brilletjies dra.

Ek's jammer ek kan julle nie detail van die chemiese reaksies of nie-reaksies gee nie, maar geniet maar die foto's




3 comments:

Anonymous said...

Ek moet erken my chemie is ook maar verroes en roes is gevaarlik... mens kannie te versigtig wees nie. Brilletjies kom saam met die ouderdom.

Anonymous said...

Toe ek so kyk, toe dink ek eers ek erken daai hande, en toe eweskielik...Ag oulik, sal mam daai brilletjies op my troue ook dra 8-D liefde groete Elriza

Anonymous said...

Gaan jy 'n sirkustroue hê meis?