Thursday, September 27

Dis alweer sulke tyd

Die volleybal seisoen is op dreef en die wedstryde volg nou baie nader aan mekaar met ADSAC wat einde van Oktober voorlê.


Nelmari en Minri is op hulle pos as tellinghouers vir die Varsity span se wedstryd

Die toeskouers gereed vir die wedstryd en die groep Suid-Afrikaners hoop dis die begin van 'n goeie week vir sport


Die afrigters dink nog oor die laaste wedstryd planne en die maskot Louwtjie die Laeveld Leeu is nie teenwoordig nie. .. dis Ramadan. Wat het 'n leeu en Ramadan in gemeen? ...G'n idee nie.

En dan is die meisies ook gereed vir hulle wedstryd teen die Britse skool Al-Khubaira


Nelmari gereed en wag vir die afslaan.
Na drie naelbyt rondtes gooi hulle die hande in die lug !!!! Uiteindelik hul eerste oorwinning met 25 - 13, 22 - 25 en 25 - 23.

Go LIONS!!!

1 comment:

Anonymous said...

Die afrigterjie kan maklik saam het hulle speel. Die mens sal nie eers weet nie nê? MOOI SO Nelmari. Baie bly vir die eerste wen.