Hier in Abu Dhabi of in die hele UAE koop mens mos meubels in bokse. In die begin het ek nie die rede heeltemal verstaan nie, maar ja met so baie mense wat in woonstelle (of apartments soos dit hier genoem word) woon, kan meubels nie met alle hysbakke ry nie. Ons villa het nou mooi genoeg meubels en goetertjies die afgelope tien jaar opgegaar maar Charmaine is gedurig nog in die mark vir ietsies. Na haar suksesvolle opslaan van haar badkamerkassie (julle moet loer by haar blog) moes die spaarbadkamer ook 'n rakkie kry. Elriza dis nou vir al jou goedjies en almal wat kom kuier natuurlik.

So 'n paar winkels later is sy huistoe met 'n rakkie in 'n boks. Dis ook sleg omdat mens nie altyd die grootte kan sien nie. En in hierdie geval was dit toe so, die rakkie was te groot vir die badkamer. Ek het egter ook kon doen met 'n rak in een van die badkamers, so sy's 'n goeie maatjie en bring die boks, parte en aanwysings om op te slaan.



Met elke hou aan die linkerpoot byvoorbeeld, hop die regterpoot uit en omgekeerd. Die hammer help net mooi niks en daar word besluit om dit later te probeer regmaak.


Nelmari konsentreer hard om die rakkie so in te kap dat die swart goedjies nie wys nie, terwyl Charmaine om lewe en dood aan die agterkant vashou.




Ok, julle het my nou nie sien help nie, darem het ek die foto's geneem. Die nuwe rakkie het my laat dink en nou moet die gastekamer en studeerkamer omruil wat beteken 2 kamers en 2 badkamers moet skuif sodat ek 'n goeie plekkie het vir hierdie rakkie wat julle twee met soveel moeite en "geduld" opgeslaan het.
2 comments:
Ek kan nie besluit wat is erger nie.... hammers of skroewdraaiers? Wens ek het jou gehad om te help met die ander rakkie ook Nelmari.
Wat op aarde maak my ma hier tannie? <8-o liefde groete Elriza
Post a Comment