

Die reservaat lĂȘ aan die noordelike kant van die dorp en het 'n staproete netwerk van omtrent 60 km. Hierdie roetes is vir mense van alle fiksheidsvlakke en gee almal 'n geleentheid om oefening te kry, die vars lug in te asem en die pragtige natuur te sien.

Daar is geen ander plek op aarde waar so baie verskillende plant spesies op so 'n klein oppervlakte gesien kan word nie. In Fernkloof is al 1600 spesies versamel en geidentifiseer - meer as in die hele Brittanje. Hier wys tannie Nell vir Oom Jan iets uit.



Alhoewel daar nie so baie voels is nie, is daar tot 130 spesies geidentifiseer wat oa insluit die Suikerbekkie, Kanaries en ander wat ek nie die korrekte Afrikaanse name van weet nie soos die Sunbird, Rock Thrush, Cape Batis, Rock Jumpers, Jackal Buzzard en Black Eagle.

Die beperkte woud area rondom die waterstroom is 'n gewilde plek vir saad- en inseketende spesies soos Rameron Pigeon, Flycaatchers en White-eyes. (Ek sal moet gaan naslaan hoe die voels lyk)


Ons moenie vergeet van die diere wat daar gekry word nie. Die kanse is goed om bobbejane, klipspringers en dassies te sien en in die aand ystervarkies, hase, muise waarvan die "Cape Spiny Mouse" wat in die Rooi Datalys gelys word. Reptiele word verteenwoordig deur skilpaaie, nege slangspesies (maat lyk na jou tipe staproete) en koggelmanders. Paddas wat die skaars Cape Ghost Frog insluit word ook daar gekry. Die drie wat julle egter op die foto sien is Oom Jan, Tannie Nell en Eddie.

Dis 'n pragtige dagroete solank as die weer saamspeel. En nee Charmaine, mens kan nie 'n donkie saam vat om jou bagasie en water te dra nie. En ek is nie seker of mense met kniee dit sal kan loop nie.
Dankie vir die foto's Eddie. Ek wys later vir julle nog wat hy van die see by Onrus geneem het.
3 comments:
Dankie vir die mooi post en die lekker stap... sonder donkie en uit die pad van die slange. Ek het dit geniet!! Ons het darem maar 'n mooi land.
SA het darem maar nog die mooiste natuurskoon - ek's seker jy sal saamstem. Ek en manlief het so 3 jaar gelede ook hierdie roete gestap tydens 'n besoek aan vriende wat in Hermanus woon. Dit is definitief 'n sielsverrykende omgewing. Groete vanuit sonnige SA. Desire
Ek kyk gereeld jou blog en geniet al die staaltjies van Abu Dhabi (en ook die mooi plekke in SA wat
Eddie so lekker besoek sonder jou!!!!! - jy het baie om in te haal)
Liefde
Ronelle
Post a Comment