Thursday, September 6

Koeksisters ..... baie van hulle

Ons mag miskien hier in 'n anner land sit, maar dit beteken nie altyd dat ons nie die lekker dinge van die huis kan proe nie. Ok die berg is nie hier nie .... en mens se familie is nie hier nie .... en die see is nie soos die Kaapse see nie, dis baie gevrek ......... en en en kan mens aangaan MAAR!!!




Mens kry koeksisters!!!! So 'n paar maande terug was daar 'n effense depressie toe die vrou wat koeksisters gebak het Qatar toe verhuis, maar gelukkig het 'n nuwe een haar plek ingeneem. (Julle in die UAE wat die inligting wil hê, kontak my) So het ek weer hierdie week 'n GROOT bestelling by haar ingesit (dis darem vir die omgeegroep se mense ook). Maar om 'n lang storie kort te hou .....
Met my kompetisie 'n tydjie terug het ek 'n paar wenners gehad. Eddie en William het reeds hulle kaartjies gebruik, Nelmari het haar girly dag gehad en Vicky kon eindelik haar koeksisters "vir die minste reg, maar probeer" kry.

Crispen het ook van die "SA koekies" gehou nadat hy dit eers bekyk het. Vicky vertel dat die koeksisters dit nie gemaak het tot Al Ain waar die Crispensisters ook kon kry nie. Vicky as julle weer in die dorp is, laat weet my ek het 'n bietjie vir die meisies ook.



Nou bly nog net Charmaine en Marie se pryse oor. Een kan ek net in SA oorhandig en die ander een probeer ek reel maar mense julle sal nie kan dink hoe mens met so iets eenvoudigs soos 'n tee in hierdie plek kan sukkel nie. Net een voorbeeld. Ek bel die hotel om te hoor van die "tee" maar die dametjie verstaan my nie en ek probeer 3 ander in dieselfde restaurant. (Dit terwyl ek weet hulle bied dit aan). Sy vertel hulle het tee en koek mens kan dit bestel. Ek sê ek weet maar ek soek die een met die pakket, alles ingesluit ....oooooo ja sê sy hulle tee kom in pakkies.



Die poging het toe oor die telefoon misluk, maar binnekort vertel ek waar ons gegaan het en of ons ons naam gat gemaak het en hoede gedra het.....

3 comments:

Anonymous said...

Is koeksisters 'n tradisionele SA lekkerny? Ek twyfel dis dan alles daar by julle

Anonymous said...

Ek gee nie om van koeksisters nie.
Ek wil CHOCOLATE he!!!!!!
(mint fudge of roomys)

Anonymous said...

Ek hou jou by die hoed ding maat...