Showing posts with label sokker. Show all posts
Showing posts with label sokker. Show all posts

Wednesday, January 9

Sokker, liewer laat as nooit

Nelmari gee my al 'n harde tyd omdat ek nog nie vertel het van hulle ISAC Sokkertoernooi wat plaasgevind het nie. Nou kan die ma nie heeltemal al die detail onthou nie, maar hier is van die foto's wat van haar gedurende die toernooi geneem is vir die oumas en tannies.
ISAC is 'n internasionale skool toernooi waar kinders van skole van oa Egipte hier kom speel. Die van julle wat die blog volg, weet dat ek nie verskriklik positief was oor die sokkerspan se seisoen nie en was aangenaam verras toe hulle die eerste wedstryd wen. Hier wys Minri hoe bly sy is. Nelmari langs haar op linkerkant.

Die span lyk heel in hulle skik met hulle self.
Einde van nog 'n wedstryd en die span is goed op koers en oortref my en die ander ouers se verwagtinge.
Gelukkig vir Nelmari het sy haar boetie wat bietjie gekwalifiseer is in sportbesering om haar enkels te verbind. Lyk of sy dit geniet.

Hier kom sy die veld af met die bal
Teen Al Nahda skop sy die bal veldaf van die middellyn en raai wat ...?

Hy gaan tot binne die doelhok. Nelmari kan dit skaars glo.

Hier omhels sy en Jessica mekaar want sy was veronderstel om die bal vir Jess te skop ipv die doelhok.Sy gooi die bal in
Hier neem sy 'n hoekskop. Nelmari het gedurende toernooi nog 3 ander doele ook van die middellyn aangeteken --- ek weet nie of een regtig beplan was nie, maar dit maak nie saak nie, dit tel alles punte.
Die langste en kortste in die span vat 'n ruskansie. Hierdie klein nr 4 is 'n regte doring in baie se vlees, sy is orals al onder die opponente se voete.
Die span verras almal en speel in die eindstryd teen Egipte. Hier ding Nelmari en een van die spelers mee om die bal.
Moeg na twee dae se baie wedstryde .... maar baie gelukkig dat hulle 2de geeindig het.
Die span was ook goeie ondersteuners van die seunsspan wat ekstra tyd moes speel en daarna ook tweede geeindig het.
Die twee afrigters wat werklik wonders verrig het hierdie seisoen met die span, sit by die trofee
Hier is die span in die gym afgeneem. Die twee kinders in gewone klere het albei gedurende die seisoen ernstige beserings opgedoen, maar die span nog steeds in elke wedstryd ondersteun.
Daarna is dit pizza tyd!!!
Baie Geluk AISA JV Sokker Lions ons is trots op julle!!!
Kry ons nou rus van sport? O nee, die basketbal proewe is gister gehou, so na die eksamen sit ons ouers weer langs die kantlyn, net van 'n ander sport.

Sunday, September 9

Verslag van Bloemfontein - nie die cheetas nie ....

Altyd lekker om van die seuns te hoor (al moet ek hulle omkoop). Dit lyk of die sport hulle baie besig hou en ek wonder van die studies.

Sokker verslag van William

After a hard practice the previous day James’s team was ready for this game, with his supporters behind him James was confident as he walked onto the pitch.
As the games started the crowd went silent. (ek sien nie die skare en ander spelers nie seun?)James stands in the goal, 50 min and a couple of good saves later, the match was over, the score 1-0 to James’s team.


Basketbal verslag van James


Wel William het toe sy wens gekry en begin basketball speel hier in Bloemfontein. Hy is nadat hy bietjie op sy eie speel gaan speel het, in een van die koshuise se spanne ingetrek. Hy speel nou amtelik vir Tswelopele in die liga. Behalwe dat hy een van die enigste 3 lig-gekleurde spelers in die liga is, dink ek hy was ook die beste speler op die vloer. Die pyn was ongelukkig te veel om te verduur toe sy span hulle ware kleure van ‘kan nie speel nie’, gewys het. Toe die telling baie eensydig begin raak het, het ek maar geloop. Maar nie voor ek William sien beheer vat het oor die arme skapies nie. Lyk my hy het sommer nou die afrigter geword.


Hier is die klein boetie ernstig besig om te verdedig. Ongelukig is dit nie ‘n een man sport nie, dit is wel ‘n een man poging

William kry hier ‘n kans om die telling bietjie nader te trek met ‘n ‘free-throw’



Bietjie een teen een op die man in die ander span

Oppad om te gaan kyk hoe William speel, is ek toe ook oorval deur ouens wat sê hulle soek my orals, en wil hê ek moet vir hulle speel. So nou speel ek vir Villa Bravado,wat in die toekoms nog teen William se span sal koppe stamp.


Blykbaar was ek soos William ook ‘n een man verdediging, en


Leane sê die crowd was nogal aan my kant. Hier is ek trots in my AISA klere.


Dankie seuns ek hoor graag weer van julle!! Lief vir julle.