Tuesday, September 25

Ons speel volleyball teen Al Nahda

Na 'n redelike depressiewe sportweek met ons krieketspan wat uitgeval het en ons rugby wat maar sukkel-sukkel gewen het, het ek gehoop dat die JV Lion Volleybal span darem vir Al Nahda 'n ding of twee gaan wys.


Hulle wag .... wat gaan gebeur?

Die lyftaal sĂȘ dit gaan nie te goed met die Lions nie. So hier en daar is daar goeie spel, maar die span het teveel Philanders in wat nie die bal sien nie.

Nelmari het 'n goeie wedstryd gehad al het die Lions 3 - 0 teen Al Nahda verloor. Maar ek weet nie hoe goed die span in Syria gaan vaar nie .... die afrigters het nog baie werk. Hier slaan sy die bal terug oor die net.
Geen gebrek aan ondersteuning vir ons span nie. Behalwe vir die dogter op die linkerkant van die foto is AL die toeskouers Suid-Afrikaners. Die afrigter se probleem bly dat sy nie al die SAfrikaners laat saamspeel nie. Soos Mnr White van die Springbokke wil hulle ook die tweedes 'n beurt gee? Waarvoor tog?
Die meisies se geesdrif ontbreuk egter nie en hulle hoop dat soos verlede jaar hulle spoed op sal tel in die toernooie.

GO LIONS!!!

No comments: