Wednesday, September 5

Ons proe ....

Sondagaand na die Vrouegroep het ons 'n bietjie geproe aan die nuwe Cadbury sjokolades van die huis af "Local lekker". Natuurlik moes almal probeer raai watter geur hulle proe en ek moet erken ek was verbaas oor hulle raaiskote.
Daar is nuwe geure soos Melktert ...ja melktert, Napolitan Roomys, Pepermint Yskastert en Kaaskoek. Alles smake van die huis af...

Marina vat 'n klein happie en sukkel om die melktert smaak te identifiseer. Dit gebeur seker as mens lanklaas melktert geeet het.Wat sal daai glimlag beteken Amelia?! Sy was egter spot-on met die Roomys geur.
Dis Sonja se eerste kuier saam met ons en nou moet sy nog proe ook. Dis nie maklik nie en sy krap haar kop. Klein Jennifer wonder waar is haar stukkie dan.
Karin ondersoek weer die sjokolade om te kyk of hulle nie die antwoord binne in geskryf het nie. Gabi het haar proe gekry en wonder of daar nog is.
En asof hulle nie genoeg soetgoed geproe het nie, moet daar nog koeksisters geeet word ook. Marina word uitgevang met een in die hand.

Die mammas praat oor tande-sny en soetgoed.

Charmaine besluit teveel soet is ook nie goed nie, ons moet iets souts en kosserig inkry. Maar met die proe word dit in die oond vergeet. Kyk mooi .... dis klein swart pizzatjies. Emily is maar te bly sy kan aan haar stukkie sjokolade suig.

Ons is spyt die ander dames wat op vakansie is het uitgemis, maar .... julle wil mos by die huis gaan vakansie hou!!










3 comments:

Anonymous said...

ag nee my ma kan regtig beter kook as dit tannie, sy raak net partykeer bietjie vergeetagtig, dis maar so bietjie van ouderdom en muisneste gemeng ;-D, groete Elriza

Anonymous said...

Dankie meis... en ja, ek stry oor niks wat jy sĂȘ nie.

Anonymous said...

Tannie dis ok.Ons weet jy dink oor anner goeters en is op jou eie missie (soos my ma altyd se). My ma het al ons mikrogolf laat opblaas. Maar ek is nogsteeds lief vir julle. (Dis ook hoekom iemand "FROZEN DINNERS" ontwerp het)