Sunday, September 16

'n Deel van die eiland uit die lug

Ek het nie vandag lang stories nie. Julle weet seker dat Abu Dhabi 'n eiland is met water regrondom en dat mens slegs op die eiland kan kom met twee brue. Kyk 'n bietjie die foto's wat van die Westelike kant (jinne ek hoop dis reg, my kompaswerk was nooit goed nie) van die eiland geneem is.

Die foto's is geneem vanaf die 13 de vloer van 'n nuwe kantoorgebou, die Sheikha Fatima Bin Mubarak gebou aan die Bateen kant van die eiland. Ver op die agtergrond kan julle die "oop" see sien wat lyk soos 'n dam.


Die baaitjie van die anderkant af. Daar by die groen grasperke is die paleis van die Diwan van Abu Dhabi.

Anderkant toe is onder andere die oop see en die dhow skeepswerf. Ek het julle al van die plek vertel. Vir die wat nie gelees het nie, kliek op die label link onder en sien wat gebeur by die skeepswerf.

Dis 'n baie mooi veilige baaitjie en mens kan amper dink dis nie see nie.

Soos dit maar by die huis ook gaan, het Abu Dhabi soos elke land ter wêreld sy dinge wat verkeerd is en is die lewe nie so beskermend hier soos wat mense dink of daar voorgehou word nie, MAAR totdat ons terug gaan huistoe, is ons geseend om in so 'n mooi dorp te bly.

1 comment:

Anonymous said...

Wow!!! dis pragtige foto's