Showing posts with label dhow. Show all posts
Showing posts with label dhow. Show all posts

Friday, June 27

Verjaarsdag Dhow


Soos in baie jare vantevore, word James en Elriza se verjaarsdag saam gevier.

Page1

Baie jare terug toe hulle 21 geword het, het ons dit op 'n boot langs die Cornish gevier en vanjaar het ons gedink, dit sal dalkies weer 'n goeie idee wees.   
DSC_0022
Was baie lekker om William ook vir die aand saam met ons te he.  Hier wag die ou vir die ander om te kom.  
Page2

Vanaand was 'n vaste spyskaart, en die kos was baie smaaklik.  Baie tradisioneel van hierdie land en Lebanees. 
DSC_0069

Intussen is die dhow ook besig om langs die Cornish af te vaar en die groot vlag lyk mooi so in die lig.  
Page3
Na ete gaan sit die klompie buite en geniet die vaart.   
DSC_0099
Die verjaarsdag twee het dieselfde pose as 8 jaar terug,  net sonder die koek :-).   
DSC_0106

Die verjaarsdagman James en Leane na die tyd.  

DSC_0113
Die verjaarsdagmeisie en haar ma Charmaine en William.  
DSC_0110
Die jong klomp ... heerlike aand saam met hulle gewees!


Sunday, October 13

Dhow vaart om die kus

En so kry ons eintlik kans om met 'n tradisionele dhow langs die kus van Oman te vaar...

Page1

'n Paar van die Oasis groep en vriende pak die 3+ uur busrit saam met ons aan Dibba toe.  Dis altyd lekker om saam met mense te ry wat plekke vir die eerste keer sien, en die berge van Fuijerah en Friday Market is 'n lekker nuutjie vir die mense.  Natuurlik moes ons gaan koffie koop met die kort stop by die mark.
Page3

Eintlik na 'n laaaaaaang tyd by paspoortbeheer tussen die UAE / Oman kan ons op die dhows klim en sommer gou-gou is klein Bradley aan die slaap terwyl die dominee en haar vriendin bietjie oefening doen na die lang sit op die bus :-).  
Page4

Dis regte mooi so al langs die Oman kuslyn en dan eintlik is ons by die klein hawe/inham waar ons die dag gaan kuier en aan allerhande wateraktiwiteite deelneem.

Page5

Daar word geswem, gesnorkel, gekayak, en piesangry die heeldag.  Daar word vir ons tradisionele kos vir middagete voorgesit

Page6

'n Paar uur later, met die son wat sak, is dit tyd vir die terugvaar.  Party ouens is behoorlik opgespeel.
DSC_1150
Terug by die hawe in Dibba

DSC_1145
Terwyl die son heeltemal sak, vat ons die lang busrit terug.  Wat 'n lekker dag saam met wonderlike mense!

Sunday, September 16

'n Deel van die eiland uit die lug

Ek het nie vandag lang stories nie. Julle weet seker dat Abu Dhabi 'n eiland is met water regrondom en dat mens slegs op die eiland kan kom met twee brue. Kyk 'n bietjie die foto's wat van die Westelike kant (jinne ek hoop dis reg, my kompaswerk was nooit goed nie) van die eiland geneem is.

Die foto's is geneem vanaf die 13 de vloer van 'n nuwe kantoorgebou, die Sheikha Fatima Bin Mubarak gebou aan die Bateen kant van die eiland. Ver op die agtergrond kan julle die "oop" see sien wat lyk soos 'n dam.


Die baaitjie van die anderkant af. Daar by die groen grasperke is die paleis van die Diwan van Abu Dhabi.

Anderkant toe is onder andere die oop see en die dhow skeepswerf. Ek het julle al van die plek vertel. Vir die wat nie gelees het nie, kliek op die label link onder en sien wat gebeur by die skeepswerf.

Dis 'n baie mooi veilige baaitjie en mens kan amper dink dis nie see nie.

Soos dit maar by die huis ook gaan, het Abu Dhabi soos elke land ter wêreld sy dinge wat verkeerd is en is die lewe nie so beskermend hier soos wat mense dink of daar voorgehou word nie, MAAR totdat ons terug gaan huistoe, is ons geseend om in so 'n mooi dorp te bly.

Monday, June 4

Ou UAE tradisie

Met die vinnige ontwikkeling van die UAE is daar 'n groot risiko dat sommige van die tradisies van die land verlore sal gaan. Een van die dinge wat egter nog voortgaan is die Sir Bu Naair dhow resies wat elke jaar gehou word. So 15 jaar terug is hierdie tradisie weer met 12 dhows begin.

Bote maak gereed vir die resies
Vroeer jare na die perelduik-seisoen, wat gedurende September - Mei was, het die duikers na die Sir Bu Naair eiland gegaan om hulle "vangs" skoon te maak en gereed te kry vir die mark in Dubai. Sodra die leiersboot die teken gee het die dhows so vinnig moontlik Dubai toe geseil en so het die resies ontstaan.

Die begin van die resies

Met die oliefonds het die perelduik opgedroog en so ook hierdie tradisie. Sheikh Hamdan Bin Rashid Al Maktoum het hierdie tradisie weer teruggebring en sedert 1991 het die resies gegroei van 20 dhows tot vanjaar oor die 100 dhows wat die wedren van Sir Bu Naair na Dubai aangedurf het. Enige boot kan nie deelneem nie, dit met 'n replika van die ou perelduik bote wees en 60vt. Die "hull" of "haikal" moet van teak wood wees en geen veselglas word toegelaat nie. Dit mag slegs met varnish "geverf" word. Wat die ""mast" of "al dhagal" betref is hulle minder streng. Kunsmatige materiaal en hout mag gebruik word. (Ek het gister gewys hoe hulle gemaak word)


Die vaart aan die gang
Selfs gekleurde seile word toegelaat, maar die meeste van hulle bly by die tradisionele wit. Die prys vir die wenner beloop Dhs6 miljoen (2 meer as verlede jaar). Die koste om aan hierdie resies deel te neem is ook hoog, want 'n tradisionele dhow kan in die omgewing van Dhs300,000 kos en die eienaars betaal dit self.

Die einde van die wedvaart is in sig!

Saturday, June 2

Die DHOW storie voor die storie

Ek was nog nooit iemand vir min woorde nie ... so om vir julle van die Dhow resies die naweek te vertel het ek 'n hele storie voor die tyd nodig .... vir so 'n bietjie agtergrond. Kom ek wys julle hoe lyk die Dhow skeepswerf in Abu Dhabi.

Die pad na die werf loop oor 'n "see-vinger" waar ou, en klein bootjies rustig vasgemeer lê. Doer op die agtergrond is die Diwan paleis. Daar word tans aangebouing gedoen. Omtrent die grootte van twee woonstelblokke aan elke vleuel.


Goed dit was 'n bietjie afdwaal. Om terug te kom na die dhows (houtbote) toe. Hier lê twee van die "sport modelle" nog op hulle trailertjie. Wonder of hulle deelgeneem het aan die resies wat ek more van gaan vertel.
William is natuurlik tans skool-loos en werk-loos en dit maak my kar-loos. So om foto's te gaan neem het ek 'n drywer. Hier staan hy voor die dhow skeepswerf.
ALLES op hierdie boot word van hout gemaak. Die palmbome in die dorp is nie eintlik geskik vir bootbou nie so die hout word ingevoer. Voor is klaargesnyde hout en op die agtergrond links sal julle selfs ingevoerde boomstompe sien.
Hier word die houtplanke opgesny en geskaaf vir gebruik om die boot te bou.
Kyk net die hoop saagsels. Hier is baie slaapplek vir hamsters.




Die manne onder die afdak besig om met 'n nuwe boot te begin. Kyk aan die linkerkant is die geraamte van nog 'n nuwe een.
Hierdie een het al bietjie verder gevorder.

Alles word ook met die hand gedoen. Die eienaars kom gereeld met hulle groot 4x4's die skeepswerf binnegery om te kyk hoe die boot vorder. Vir sommige is die boot ook deel van sy rykdom.

As hierdie boot eendag groot is, gaan dit 'n resiesboot wees. Mens kan dit aan sy vorm sien. Langs hom is een wat pas klaargemaak is en reeds 'n nr. 45 op het.

Hierdie boot gaan defnitief nie resies jaag nie, soos julle sal sien aan sy bou.
Klaar en onder die "afdak" wag vir eienaar se goedkeuring.



More vertel ek julle van die jaarlikse resies met die bote wat verlede naweek gehou is en waarvan die wentjek Dhs6 miljoen was. (Kan julle sien hoekom dit as deel van hulle rykdom getel word?)