Eindelik kon ons die dolfyne gaan kyk en hierdie keer het ons sommer ook die regte pad gery. Dit was 'n ongelooflike ervaring en ek deel graag die foto's met julle. Alhoewel dit nie 'n mall was nie, het een van ons alweer die "shine" gevang, kyk bietjie.
Vroeer en die tou by die hek is heelwat korter wat nogals help in die hitte.
Charmaine en Nelmari stap na die kleurvolle dolphanarium toe. Daar is sitplek vir 1222 toeskouers wat in 'n halfmaan rondom 'n 26 meter swembad wat 5.5 diep is. Hierdie plek het tot dusver Dh205 miljoen gekos en sal uiteindelik 19000vkm van die Creek Park beslaan.
Dankie tog vir online bespreking want tjoef-tjaf het ons die kaartjies. Julle ouens hier in die UAE onthou tog om nie sonder kaartjies te gaan nie.
Terwyl die mense instroom vermaak die dolfyn en seeleeu die kinders.
Daar is seker duisende foto's geneem. Ek wonder of die seeleeu onder die kostuum ook heeltyd so geglimlag het. En dan is dit tyd vir die dolfyne.
Daar is 3 dolfyne wat van Turkeye is, en hier spring hulle oor die paal wat in die lug hang.
Ons het reg voor gesit en nadat hierdie ouens so met die spoed van witwaks geswem het, was ons goed nat.
Die seeleeus was baie oulik en hulle en die dolfyne het mekaar geniet.
Kyk net hoe oulik speel hulle met die bal. Die seeleeus is van Russiese afkoms.
Hierdie ou het met sy afrigter gedans terwyl die dolfyne hande, skuus vinne geklap het.
Een van die dolfyne het ook 'n prent met sy/haar bek geskilder.
Die eindproduk wat vir dhs500 (R1000) opgeveil is.
Hierdie dolfyn doen 'n toertjie met een van die ringe
en hierdie ou speel met 'n basketbal wat hulle in die net gaan gooi het.
Ons kon kaartjies koop vir 'n prys. Elke ou het dan 'n bal met 'n nr gekry. Hier wys Charmaine baie trots dat sy kaartjie nr 1 en 'n goue bal gekry het.
Die balle is dan in die water gegooi en die dolfyne kon die 3 wenners kies. En ouens raai wie was die wenner ..... ja die goue bal van kaartjie nr. 1!!! En die prys? Kyk die video .....
Daar is 3 dolfyne wat van Turkeye is, en hier spring hulle oor die paal wat in die lug hang.
Ons het reg voor gesit en nadat hierdie ouens so met die spoed van witwaks geswem het, was ons goed nat.
Die seeleeus was baie oulik en hulle en die dolfyne het mekaar geniet.
Kyk net hoe oulik speel hulle met die bal. Die seeleeus is van Russiese afkoms.
Hierdie ou het met sy afrigter gedans terwyl die dolfyne hande, skuus vinne geklap het.
Hierdie dolfyn doen 'n toertjie met een van die ringe
en hierdie ou speel met 'n basketbal wat hulle in die net gaan gooi het. Saam met 'n mooi aandenking het die eerste plek wenner ook in 'n bootjie getrek deur die dolfyne gevaar. Kyk daai wuif ..... so asof sy baie belangrik is :-). Na die tyd het hulle ook vir haar 'n pragtige foto as aandenking gegee en julle moes gesien het hoeveel mense met haar kom praat het na die vertoning ... 'n regte celeb met 'n vriendin-ratzi wat foto's neem.
Die einde en die dolfyne waai totsiens. Dit was regtig iets om te sien en ons het dit vreeslik geniet.