Showing posts with label Sporttoekennings. Show all posts
Showing posts with label Sporttoekennings. Show all posts

Thursday, April 21

Die soveelste laaste keer

Vir die laaste keer .... is 'n woord wat deesdae sommer baie in die huis gese word. Met die "baba" in die huis wat nou klaarmaak met skool, is alles by die skool .... vir die laaste keer. So het ek dan ook die sporttoekennings vir die laaste keer gaan bywoon.


Page2


Baie trots op Nelmari wat nie net die sportverteenwoordiger op die Student Council was nie, maar ook vanjaar die MVP (most valuable player) vir volleyball en die grootte Sportvrou van die jaar gekry het. 'n Goeie hoogtepunt om jou sport by die skool af te sluit, nadat sy vanaf Graad 6 elke jaar die sportvrou van die jaar vir haar graad was.


Page3


Die spanne vir wie sy vanjaar gespeel het, het ook toekennings gekry.


DSC_0015


En dan vir oulaas kry sy kans om 'n toespraak te maak en ook namens die skool vir die Sportsdirekteur te groet wat nou na 15 jaar na 'n ander skool toe gaan. Met James het hy gese hy gaan weg eers as James klaar is met skool, met William was dit ook sy verskoning .... en nou dat Nelmari klaar maak het hy besluit dis tyd :-) - geen Holloways meer oor om af te rig nie.

So nie net 'n laaste keer vir Nelmari nie, maar ook vir ons wat die wedstryde moes gaan bywoon het. Gaan ons dit mis? Verseker ja, dit sal maar moeilik wees as daar in wedstryd in SA is en mens kan dit nie bywoon nie.

Lekker dag


Thursday, May 7

Dankbare sportjaar!

Net verlede jaar was ons almal erg bekommerd oor Nelmari se sportbesering, sy seker die meeste van almal want die dr het gese die kanse is maar tussen 30-40% dat sy weer voluit sal kan speel as hulle opereer. Soos die seuns is sport seker een van die groot redes hoekom sy skooltoe gaan :-). 'n "Risiko" besluit en baie vertroue dat die knie sal herstel is geneem en daar word besluit op 'n opbou en oefen program ipv 'n operasie. Ook 'n bietjie rustiger jaar op die sportfront met slegs twee sportsoorte ipv alles wat aangebied word help ook 'n bietjie .... en siedaar ons kan die nuwe skooljaar afsluit met 'n goeie sportjaar. Baie geluk met 'n uitstekende sportjaar sussie, ons is trots op jou. EN dankie Pappa vir die wonderlike herstel van daai knie.
ns. Ek hou nogal van die minder sport, dis baie minder veeleisend vir die ouer-taxis!

Monday, April 30

Vergeet die PROTEAS, check ons LEEUS!!!

Die skool se Sport toekennings is gister gehou en ja ouens ons krieketspan kan dalkies nie internastionaal presteer nie, maar ons Leeutjies hier in die UAE kan. Hulle het onder andere vanjaar in Kuwait, Egipte, Doha en Oman ook gaan deelneem. Verdra asb my bietjie spog.Van die 7 Sportvroue van die jaar (elke graad vanaf graad 7) is DRIE van hulle deur Suid-Afrikaners gewen. Jessica van der Walt Graad 7, Nelmari Graad 8 en Almari van der Merwe Graad 12.
Hier is nog van ons meisies met medaljes wat hulle gewen het in hulle onderskeie sportsoorte. Nie sleg nie ...ek dink SA weet nie wat hulle mis nie.

Ons vier SA medalje wenners by die seuns, v.l.n.r Evan Carstens, William, Moopolea en Wynand vd Walt.

Die sportseuns van die jaar in elke graad v.l.n.r. graad 12 - 7 met regvoor op sy hurke die Sportman van die Jaar 2006/2007 - William Holloway!!!!!!

Nelmari se hoop medaljes en sertifikate. Altesaam 9 van hulle

Met haar twee medaljes!! Ons is trots op jou sussie!!

William se sertifikaat en medalje oes - altesaam 12 sertifikate en 3 medaljes

Mooi so seun ons is trots op jou!!

Sien James nou is daar nog 'n Holloway naam op die trofee!!!

(Sien ook aparte blok oor hulle sportspanne se prestasies wat ek die naweek sal plaas)