Showing posts with label Omgeegroep. Show all posts
Showing posts with label Omgeegroep. Show all posts

Monday, April 30

Pizza en Potatoes

Gisteraand het ons omgeegroep nog 'n boekie afgesluit met 'n lekker fliek en pizza aand. Ons het die rolprent "Faith like Potatoes", 'n ware verhaal van Angus Buchan geredigeer deur Regard vd Berg gekyk en dis 'n fliek wat ek regtig sal aanbeveel.
Ons het dit op die muur gegooi om dit lekker groot te kan kyk. Was ook lekker om saam met die storie, mooi SA tonele te sien en van ons mense se "Afrikaanse Engels" te hoor.
Tussen-in is daar pizza geeet. Louis ons het spesiaal chicken fajitas gehad vir jou......!! Sharyn en Ewert het nie elkeen hulle eie pizza gehad nie, hulle het mooi gedeel.
Die storie is so waar en was 'n goeie les. Ons moet geloof soos aartapels hê want ons kan nie altyd sien wat is die eindresultaat nie, ons moet net glo en vertrou dat dit gaan goed uitwerk. Nie noodwendig soos wat ons wil nie, maar Vader se wil wat baie beter is!! Dankie ouens dit was lekker. Sterkte vir die volgende paar weke met die nuwe groep uitdagings. Onthou ons gaan vereers nie Ellispark vul nie, slegs ons sitkamers.

Wednesday, April 25

Ons GROEPE hierdie week

Ons omgeegroep het hierdie week aan die einde van nog 'n studieboek gekom en het dit afgesluit met 'n groep nagmaal. Volgende week kom ons bymekaar vir die rolprent "Faith like Potato's" en Pizza. Hier is sommer twee foto'tjies van die bymekaarkom.


Dan was dit ook Kindergroep en groot pret. Hier dans van die meisies op die liedjie Groovy Girls and Groovy boys. Klein Mia raak net so omgewonde om saam te dans en sing.

Charmaine doen van die begeleiding. Met die groep indeling was van die tieners "leiersloos" so hulle het by die kleuters ingskakel sommer net om weer die boodskap met 'n kinderoor te hoor. Die storie van die 5 brode en 2 vissies is behandel en hulle het dit net so geniet om vissies te vang. Hier is Nelmari skoon uit haar vel omdat sy die vis kon vang.


Arena konsenstreer hard om haar vis te vang terwyl William die vis met die waterbottel probeer nader "jaag" en met die volgende foto het sy hom ampertjies

William probeer ook hard en met sy lengte sit hy omtrent die vis self aan die hoek. Klein Liana konsentreer hard om die vis te laat byt.


Dan doen sy bietjie verstellings aan die hoek en die vis is amper gevang. Nelmari trek haar mond soos die vissie terwyl sy probeer om dit in te katrol.

Partykeer is dit goed om weer soos 'n kleintjie die storie te hoor.





Monday, February 19

Sondag ...sport en selgroep

Die week het met 'n slag weggespring en die moee ou seuns, na die naweek se veeleisende toernooi moes alweer 'n wedstryd speel. Almal kon sien dat die manne gewillig was, maar dat die bene nie altyd wou saamwerk nie. Die arme afrigter het net 1 reserwe gehad wat kon aflos, want van die spelers sit met beserings en daar is selfs een of twee wat weens swak akademiese prestasies nie mag speel nie. (Ja, dit was rapporte tyd en die ma is baie tevrede). Wat gewoonlik 'n maklike wedstryd vir die seuns is, het uitgeloop op 'n verloorwedstryd...Die telling AISA 34 - Choueifat (nie 'n spelfout nie) 37.

Voor die wedstryd en die tellinghouers lyk nog baie ontspanne. Weet nie wat maak Nelmari met die bal op haar skoot nie.
Die wedstryd begin en William wag vir die opskiet.
'n Strafgooi vir Will en hy wag vir die skeidsregter om klaar te verduidelik en die bal vir hom te gee. (Kyk die Choueifat speler se interessante van. Hy is defnitief nie 'n "oudstryder" nie, hy het AISA hoofbrekings besorg)

En hy skiet die bal ....(lyk soos een of ander geheime saluut)
Op die randjie .... in of nie?? Gelukkig vir ons IN.

Nie baie toeskouers vandag nie, maar almal vasgevang in die wedtsryd.
Die week lê daar nog drie wedstryde voor en vanaf Donderdag die toernooi in Cairo.
Ons het ook omgeegroep gehad vanaand. Na die groep het ons lekker gekuier met Sharyn se plaatkoekies.
Party maak drinkgoed en ander wag vir die plaatkoekies.
Anelda help vir Ewert met die kaneelsuiker
Die Van der Lindes.
Mooi week vir julle almal.

Tuesday, February 13

Omgeegroep - God in Vlees en Bloed

Sondagaand het ons weer omgeegroep gehad. Ek deel dit graag met julle. Ons het die bespreking agterstevoor begin, maar die les was so moeilik, ons het nie eers agtergekom nie. Charmaine het die opsomming gedoen.

Een van die kragtigste gedeeltes in die Bybel is seker Johannes 1:1-14 en veral dan vers 14 wat sê: God het vlees geword en tussen ons kom woon en ons, Sy skepsels, het Hom nie geken nie, want ons was in die donker en die donker kan die Lig nie verstaan nie. Om uit die donker na die Lig te beweeg, het baie oortuigingskrag nodig. Daarom het Jesus volkome mens geword om ons van die donker te bevry, ons van sonde te red en vir ons Lig, waarheid en seën te bring.

Dit het van Hom gevra om Sy Godheid af te lê en Homself tot 'n arm mens te verneder wat honger en pyn en smart geken het, net soos ons. Hy was gehoorsaam tot die dood.

Hy stel die voorbeeld vir ons dat ons alles kan verduur, soos Hy het. En Hy het steeds nie gesondig nie. Dis moontlik vir ons om nie te sondig nie, maar nie in ons eie krag nie en nie as ons eie belange steeds so swaar weeg nie. Die enigste manier om weerstand the bied teen sonde is om baie naby aan God te kom. So naby dat Sy Lig deur ons sal skyn na ander en dat daar geen plek vir donker en sonde en selfsugtige belange is nie.

Hy vra dat ons bid en mekaar dien en die vergewe wat ons kwaad aandoen. Dat ons die mense sal liefhê wat ons haat en die sal groet wat ons nie groet nie. Hy het die voorbeeld gestel en vra dat ons Hom net sal volg.

Dit sal van ons vra om die minste te wees, uit te reik na, soos Sharyn sê, mense wat minder bevoorreg is as ons en soos Loius sê, ons geld, ook ons tyd en ons trots, sou mens kon byvoeg. Ons kan opsom en sê dat Vader net wil dat ons ons tot Sy beskikking stel om mense wat nie in Sy genade ingesluit is nie in te trek en so vissers van mense te word.

Ons het gedeel dat wat dit vir ons moeilik maak om uit te reik na ander, is dat ons moeilik vergewe en ou sondes teen mekaar hou, dat ons ongeduldig is om resultate te sien en dat ons net ongeduldig is...

Die dieptestudie uit Matteus 4:17-25 gaan oor dat ons Vader volg en beskikbaar is.

Uit Fillipense 2:5-10 kan ons besin oor wat dit vir ons beteken dat Jesus die geweldige offer vir ons gemaak het en as mens die res van die hoofstuk lees van vers 1-16, is die gevolgtrekking:
Wees niks, dien, wees gehoorsaam... tot die dood, buig die knie, erken God as ons Verlosser en hou op klae en stry. Skyn soos sterre tot eendag wanneer ons sal weet dit was nie verniet nie....

Wat 'n toets vir geduld!!!


Louis, Celeste en Anelda soek versies op. Dis baie lekker om sulke jong bloed ook in ons groep te hê.

Ewert en Sharyn drink koffie na die tyd.

Anelda maak tee en ons vier ook haar nuwe wiele. Hoop jy gaan baie wonderlike km met hulle hê Anelda. En geniet jou vakansie by die huis volgende week.

Die jong getroude paartjie. Louis hoekom maak jy eetgoed bymekaar, kook Celeste nie vir jou nie?