Tuesday, April 17

Kamele in die woestyn .... waar anders??

Vanoggend oppad skool toe sien ek die kamele steek weer kopuit op straat .... Dit het my laat terugdink aan die "kinders" se kuiertjie in Januarie. (Die kinders, my oudste James, Charmaine se jongste Elriza en Annie se jongste Corli, is al drie reeds oor 21 en het tydens Januarie 2007 vir die eerste keer sedert Graad 7 mekaar gesien. Daarvoor moes hulle uit drie lande, NZ, SA en UAE hier bymekaarkom).
In die woestyn verwag mens 'n prentjie van 'n oase en/of 'n kameel of drie. Met die jare het die woestyn verder weg beweeg van die dorp Abu Dhabi en die kamele is nie meer net diere wat in die woestyn staan of in 'n karavaan ry en mense deur die sand vervoer nie. Kamele in hierdie dorp/land is 'n "status". Kom ek wys julle. Vandag se foto's is alles gedurende die kinders se kuiertjie geneem. Sommiges is van Corli se foto's.

Kamele word nou meestal gebruik vir resies. Die eienaars se "rykdom" word ook bepaal deur die hoeveelheid kamele wat hulle besit, watter soort, ens. ens. Van die kamele word vir honderde duisende dirhams verkoop. Op hierdie foto word van die kamele vir "walkies" geneem, met hulle kombersies oor hulle.

Hierdie kamele word "afgerig" vir wedrenne. Hier is hulle saam met die voels om die baan besig om te oefen.

Toeriste kan afgeneem word saam met hulle. Dis tydens Corli se besoek aan die Heritage Village by die Breakwater geneem. Die kameel is in die middel....

As jy braaf genoeg is en nie 'n probleem met hoogte het nie, kan jy ook op die kameel ry.

Ek het hulle ook die kamele by die Cultural Foundation gaan wys. Hierdie kamele word deur 'n maatskappy geborg en verskillende kunstenaar verf temas op hulle.Dan word hulle op 'n veiling verkoop. Die eerste veiling van hierdie kamele het 'n paar jaar gelede 4,700,000 dirhams gemaak vir welsyn. Een van die kamele is vir 350,000 dhs verkoop en die krieket kameel het 222,000 dhs gemaak. Hier staan Elriza by 'n paar.

James bespreek die weer met die kameel. Sien op agtergrond daar is nog.
Die meisies het hulle hande laat henna en sien dat hierdie kameel ook "gehenna" is.

Sal net Charmaine wees wat die "musiek-kameel" 'n drukkie wil gee.

Elriza by "Maja-die-by-kameel"

Corli by 'n "tradisionele" kameel.

Om terug te keer na my inleidingsparagraaf ... die kamele het weer kop uitgesteek op straat ... so die naweek wil ek bietjie gaan kyk wat is nuut op ons woestyn-kamele. Of julle nou wil of nie, julle sal dit ook sien.

In my Picture Gallery aan die regterkant is klomp foto's van die verskillende kamele op die eerste veiling.

2 comments:

Muriel said...

Hierdie kamele is fantasties!!

Charmaine lyk te oulik waar sy die kameel 'n drukkie gee!

Anonymous said...

Muriel jou kameel was ook so groot voordat hy genommer is.