Monday, September 1

Alles verander in dorp

By die huis is dit Lentedag, maar in hierdie dorp en land is dit vandag die begin van Ramadan. Vir julle wat nie weet nie, Ramadan is 'n godsdienstige tydperk vir die moslims wat elke jaar gedurende die 9de maand van hulle islamiese kalender gevier word (hulle maande skuif). Hulle glo dat dit die maand is waarin die koran "geopenbaar" is en vir hulle die mees geseende tyd van die jaar. Vir die moslems gaan die maand hoofsaaklik oor vas. Gedurende hierdie tydperk staan hulle voor sonsopkoms op om ontbyt te eet (suhoor wat die voor-son-opkoms-maaltyd is, nie Wimpy se Sunrise nie) en daarna moet hulle gaan bid. Hulle is veronderstel om die heeldag sonder kos te bly. Die vierde gebed van die dag is met sonsondergaan en dan word die vas vir die dag gebreek

Dis die tydperk wat hulle veronderstel is om meer effort in hulle studies van hulle geloof in te sit en nog 'n klomp ander moets en moenies. Dit alles sal hulle nader aan hulle allah bring en vrede gee. Maar dit mense is net hoe dit veronderstel is om te wees, en nie hoe ons dit hier ervaar nie. Ek sal julle my hele gevoel oor die maand spaar maar kyk bietjie hier vertel ek hoe ek voel oor Ramadan en oor Iftar en natuurlik watter invloed dit oa op ons gereelde fliektyd en wat gebeur aan die einde van Ramadan.


Ek gaan gelukkig 'n deelte van die crazy maand nie in die dorp wees nie, maar vir julle ander wat hier agterbly en STERKTE! Dis ook 'n tyd vir ons om nog nader aan ons Pa te kom sodat ons die geduld en krag kan he om alles in hierdie maand te hanteer sodat ander Hom in ons kan sien.

20 comments:

Desire Fourie said...

Dankie vir die insiggewende blik op Ramadan. Baie interessant. Jy sien seker al baie uit na jou trippie SA toe. Lentedag is vandag taamlik koud met heelwat wind hier in Gauteng. Maar verkies dit bo die snikkende hitte van somer ... nie dat ons hier in SA kan praat van hitte ... as ek na die weer op Uit en Tuis kyk nie. Geniet Lentedag maar.

Mariette. said...

Jong dit is nog 'n nuwe ding vir ons ook, maar as ek sien wat hierdie week gebeur het wat verby is, met die winkels wat ooooorvol was, glo ek ons is nogal in vir 'n ding.
Sieg hulle is ook mooi by die werk vertel dat dit die tyd is om 'hulle' te dra en in te staan vir hulle want hul gaan swak wees, maar soos dit vir ons klink, klink dit asof hulle te 'vol' geeet gaan wees.....
Sal maar sien - gelukkig is ek net 'n week van die maand hier.

groetetjies

Muriel said...

Sandra ek was orals in jou argiewe, ek dink ek het my kommentaar êrens in 2007 gelos whahaha

Dankie vir hierdie inligting en sommer orals waar ek vanoggend op jou blog gekuier het.

Ek het dit gate uit geniet!

~*{ Michelle }*~ said...

Sjoe, ek kan maar net my indink hoe moeilik en beproewend dit vir julle moet wees - veral in hierdie tyd Sandra! Ek hou julle in my gebede en ons sal ook nooit genoeg kan bid vir daardie arme siele wat op pad na die verderf is.

Anonymous said...

Hi Desire ja nou is dit net twee slapies voor ek vlieg en ek sal daarvan hou om bietjie koue ook te kry. Julle moet nie alles opgebruik nie.

Mariette hulle eet hulself oorhoeks en dan kan hulle nie hulle oe in die dag oophou nie. Pas maar op as jy bestuur ook -- alle ongelukkige wat hulle maak word op ramadan se skouers gelaai. Ek net soos julle gaan meeste mis en dis groot genade

Anonymous said...

Muriel sien nou het ek jou al in 2007 geken :-). Jy sien hierdie ouens is ook so lief vir die maan soos jy? :-)

Michelle dankie ons het al die gebede nodig en hulle ook!

Thea said...

Jy bevestig nou net wat ek al lankal vermoed het en dis dat hulle nie by hulle eie reëls en wette hou nie! Nou ja, gelukkig sal jy en Mariette darem vir meeste van die tyd nie daar wees nie.

As ons dus volgende jaar Egipte wil besoek moet ons mooi kyk dat ons nie tydens Ramadan daar is nie. Watter tyd van die jaar is die beste (weergewys en andersins) om julle geweste en Egipte bv. te besoek?

Dankie vir al die inligting. Ek het jou vorige inskrywings daaroor gaan lees. Dis baie interessant en insiggewend!

Anonymous said...

Ek het ook al die ou possies gaan lees en alles baie interessant gevind.

Ek sê dan maar vir julle stekte! :wink:

Anonymous said...

Hallo Thea. Ramadan sal volgende jaar in Oktober wees en dis beslis nie 'n goeie tyd vir 'n besoek aan enige moslem land nie. 'n Goeie tyd is winter en dis gedurende Desember, Januarie, Februarie. Die temperature is dan nog steeds so lekker laat in die 20tigs en vroee 30tigs.

Dellie hierdie mense is interessant glo my en in Ramadan hak hulle heeltemal uit.

Desia said...

Om een of ander rede kom die liedjie van Glenis Lynn(?) by my op: "Ramada, toordokter Ramada, sal jy vir my kan se hoe ver die liefde le" So iets!
Ek weet nie of jy al daaroor geblog het nie, maar ek het 'n vraag oor julle - klink of dit al langer as 10 jaar is? - verblyf daar en hoe die kinders so maklik weer aanpas in SA? Die twee wat swot in Bloem. Was dit vir hulle moeilik om weer daar te gaan bly na al die jare weg? Is hulle "streetwise" genoeg vir die nuwe SA?
Klink of jy gaan kuier in SA: geniet dit baie!

Anonymous said...

Hallo Desia. Die kinders is/was in 'n internasionale skool saam met omtrent 46 ander nasionaliteite en het vinnig geleer om aan te pas. Ek dink nie hulle is/was streetwise met die aankoms daar nie, maar die oudste het al aangepas. Will was deel van die statistiek binne 3 maande met gesteelde beursie en 'n paar houe in die gesig. Ek vermoed dis anders in 'n univ dorp met klomp studente wat weg is van die huis maar hulle het nie familie daar nie, so dit kon nie te maklik gewees het nie. Sal hulle vra om bietjie te se hoe die aanpassing was. En JA ek gaan bietjie kuier en sien vreeslik uit! (O ja hulle werk hier met die dadels soos jy met daai appels)

Anonymous said...

Ek kon nie net dat almal oor ons praat sonder om iets te sê nie. Kan mens ooit aanpas in bloem al kom jy van SA af? :D Dit is altyd vriesend koud en als beweeg maar redelik stadig.

Elgeval, ek dink nie ek het gesukkel om in SA aantepas nie en was maar eintlik oorversigtig. Dit het my uit moeilikheid uit gehou. DInk William was dalk nie so paranoid gewees nie en dis hoekom hy ongelukkig was. Maar ek dink nog steeds nie dit is so moeilik om aantepas nie. Dink die wereld is maar eintlik orals dieselfde, dit hang net af waar jy gaan moeilikheid soek.

Anonymous said...

Seun ek sien jy kan darem nog 'n bietjie in Afrikaans skryf. Mooi so man!

Desia said...

Dankie Sandra en James vir die antwoorde; en wat se jy nou daar van koue, stadige Bloem?!
Ek en my man het heel lekker daar geswot en gebly hoor! Toe was die deel van Zastronstraat (geen idee of dit nog dieselfde naam het nie) waar ons 'n "cottage" gehuur het heerlik rustig. Arm dae gewees, maar die onthou is nou ryk.

Anonymous said...

Hi Desia... van een Bloemfonteiner aan 'n ander. Ek sal enige tyd weer in Bloemfontein gaan bly veral as dit nog stadig beweeg... jinne mens kan doen daarmee. Ek is ook gek oor Bloemies en die bloeisels in Paul Roux straat... die wonderlike lente na die winters en die tuine en rose en sommer net die gemoedelikheid van die mense.

James julle doen uitstekend en jy weet mos die koue hou ook op. Maar ja, dat dit koud is in die winter is 'n feit. Bele in 'n kaggel..

Anonymous said...

Desia dit mag miskien koud wees, maar tussen my en jou dink ek Bloemfontein was goed vir hom.

Maat maak nie saak wat Bloemfontein doen nie, jy sal altyd sy/haar kant kies :-) en natuurlik Oranje. (Maar dan weet ek gelukkig watter skool is die beste). EN uit wie se begroting kom die kaggel wat James nou in moet bele? (Toe hy klein was het hy dit gakkel genoem)

Anonymous said...

Dis reg maat. Bloemfontein en Oranje. ;-) met goeie... die beste redes!!Ek WEET my skool is die beste. Jy moet maar in die kaggel/gakkel bele jongie. Jy gaan ook nou koud kry en die vuurtjie moes eintlik al daar gewees het. Ronelle ek hoop julle het 'n kaggel. Vir een of ander rede voel dit skielik vir my ok om hier in Abu Dhabi se hitte te wees en dit in RAMADAN. Ek is niks lief vir koud kry nie.

Anonymous said...

Ag tog jy kan maar glo dis Oranje, ek weet beter :-)

'n Kaggel laat my dink aan die Werf met die lekker kos, die biltong of snoek patee en oxtail en vars brood en nie die afval nie.

Sandmensie said...

James dalk sal dinge vinniger beweeg in Bloem as jou ma in 'n kaggel belê, want obviously is dit die KOUE wat alles so staaaaaaadig maak,maar 'n goedkoper uitweg om warm te word is natuurlik OBS-dit vat die koue weg maaaar dit maaak aaaallles nog staaaaadiger..nie 'n goeie idee nie!
Vicky
Hou jou ma warm!(kruiwa ini sitkamer met warm kole..Jetmaster se moses)

Anonymous said...

Dankie vir die oulike raad Vicky maar dan moet ek weer in verf bele om die swart van die mure af te kry.