Thursday, September 11

Ons toer nog

Hennik se "toer" vat ons ook deur Franschoek, seker een van die mooiste dorpies in die Kaap. Daar is net 'n ander tipe atmosfeer in die strate met al sy klein straatkafeetjies en goetertjies. Lekker restaurante en winkeltjies en hier moet ons eers gou die Jasmyn ruik. Die pragtige ou kerk met die blou berge op die agtergrond. Annie onthou jy hoe Charmaine vir ons gesing het op daai toer van die Kaap na Pretoria en onthou jy wat sy gesing het? Daar is ook heelwat kunswinkeltjies vir snuffel. Heelwat van die ou huise is so mooi reggemaak en mens gaan ver soek vir moderne geboue. Dit dra verseker tot die atmosfeer van die dorpie by. Maar alles is nie net oud nie. Ons besoek ook die Graham Beck wynkelders. Ronelle ek het nie kon oplees oor die jagluiperds nie, maar ek sal nog. Dit is 'n baie moderne wynkelder met heel beeldhouwerke orals in die tuine en een van die Du Toits se gunsteling kuierplekke. Die laaste stoppie van die dag is by Fairview landgoed waar hulle 'n baie gewilde restaurant The Goatshed het. Weet nie of julle die foto kan vergroot nie, maar die badkamers se name is "Billy Goat" en "Nanny Goats". Hennik koop een van hulle vars brode. Ek is seker dis waar die restaurant se naam vandaan kom en die drie bokke het mooi saamgewerk vir 'n foto. Dan moet ons natuurlik by die plaat kosmosse gaan staan en hier na al die kaas en wyn, moet ek Ronelle so bietjie help :-). Hennik besluit op 'n kalenderfoto met 'n kosmos in die mond. En sommer net omdat ons in elk geval die heeltyd eet, nagereg in die motor, Fudge van Bokmelk. (Die foto vir jou maat dat jy kan sien). Dankie vir 'n wonderlike dag julle twee, ek het so lekker "getoer".

12 comments:

Anonymous said...

Lekker bederf, dit is duidelik! Nou gaan ek erg sukkel as sy eers weer hier terug is, en dan wag Desember ook nog.
Aaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaai!

Desire Fourie said...

Hene maar Franschoek is 'n regtige knus dorpie. Sal definitief 'n draai daar moet maak eendag. Geniet die res van jou SA kuiertjie.

Charmaine said...

Bokmelkfude.... hmmm ek dink nog oor die een maat. Sal moet proe en toets. Ja, en toe het ek nie geweet ek gaan ook vir laas my gryse berge groet nie en nou is dit tien jaar later..en ek en jy en Annie het baie dinge bygeleer

Anonymous said...

Ja Eddie!!

Jy sal nie spyt wees om by Franschoek 'n draai te maak nie Desire.

Jy sal my net moet glo maat ... en jinne het ons drie slim geword of nie?!

Muriel said...

Franschoek is verseker 'n mooi dorpie. Ek is mal oor die foto's tussen die kosmosse!

Geniet, ek sien jy word vreeslik bederf!! he he

Anonymous said...

Ons het slim geword ja maat... ek dink. Die kosmosse is pragtig!!

eilandkind/islandchild said...

Aaa, ek onthou daai oulike bokke!
Sjoe, vir daardie man so tussen die kosmosse, ek hoop nie hy kry hooikoors nie! :)

Anonymous said...

Hmmm... ek is ook mal oor Franschoek!! En die foto van die kerk is pragtig!!

Ek sal bietjie 'n nota maak as ons weer in daai wêreld kom om "The Goatshed" te besoek. Dit lyk nou vir my na 'n lekker plekkie om te besoek. Die foto van die bokke is te oulik vir woorde!

Baie mooi foto's van julle almal so tussen die kosmosse hoor! Oe en daai berge in die agtergrond...
Lieflik!!

Ek dink ek moet nou hokaai want ek raak heeltemal liries as dit by die pragtige natuurskoon van ons land en veral dié van die Kaap kom!

Anonymous said...

En daar sien ons heer toe weer...so tussen my geliefde kosmosse!!!! sandra as ek dit kan regkry kan ek van jou fotos print en dit vir n ou oom van 91 wys. Ek help hom so bietjie met sy huis en wees net geselskap. N vriendin van my is eintlik sy carer maar sy is op vakansie. Asb
Dink nie ons het slim geword nie.... net baie geleer maar... partykeer dink ek ek is nog net so dom soos 10 jaar terug. maak nog steeds dom foute!!haha!!
Annie

Anonymous said...

Die kuier was net hopeloos te kort om AL die mooiste plekkies in ons mooiste Kaap te wys...
Sandra, jy sal maar Desember vir 'n opvolgtoer moet kom!!
En ek is so bly dat ek jou inspireer het om op 'n paar foto's te wees!!!!

Anonymous said...

Muriel ek's vreeslik bederf die laaste paar dae en geniet dit vreeslik

Kom wysheid met die grysheid maat?

Jy ook lekker daar geeet Eilandkind? Daai man was baie braaf of vir die foto te le ja.

Anonymous said...

Thea die Kaap het beslis sy goeie weer vir my gegee om alles so te kan geniet met so 'n bietjie koud en reen tussen-in.

Annie ek het geweet die kosmosse gaan jou vang :-). Met plesier kan jy wys.

Dankie vir die invloed vir die foto's --- ek moes darem bietjie gee om te kan ontvang ook. Julle het dan so mooi saamgewerk om voor die kameras te wees Ronelle