Monday, September 15

'n "Retreat" dorpie

Ons het gewynroete en die Skiereiland platgery en eintlik was dit bietjie tyd vir 'n ander soort "kultuur". Ek wou by 'n dorpie of twee wat ek nog nie by was nie gaan inloer en was baie verlief op beide van hulle om verskillende redes. Hier is 'n bietjie geskiedenis.

Omtrent so ‘n uur-en-‘n-half van Kaapstad is die klein dorpie Greyton vernoem na Sir George Grey, twee termyne Governeur van die Kaap kolonie. Dis ‘n prentjie mooi dorpie met sulke klein huisies oud en nut met mooi tuine. Hier stap ouma en tannie Nell na 'n huis wat in 'n restaurant verander is, vir ..... tee natuurlik!
Hierdie kapel is aan die agterkant van die huis/restaurant en is regtig mooi. Vroeer jare was Greyton ‘n plaas met die naam Weltevreden waar hulle met skape en beeste geboer het.

Die tuin tussen die kapel en restaurant. In 1846 het een van Sir Grey se swaers hierdie plaas gekoop en 120 plotte vir ‘n dorpie gegee en toe om in sy swaer se goeie boekie te kom, dit Greyton genoem.

Die ou goewerneur was nog steeds nie tevrede met hom nie en stuur hom toe na ‘n plek tussen King Williams Town en Oos London waar die ou hom toe so wangedra dat hy weer in Greyton opeindig en 40 jaar daar bly. (Die skons is baie lekker!)



Dis ‘n rustige dorpie omring met plase en berge waar nog baie ou tradisies in gebruik is. Daar is heelwat historiese geboue soos die “Post House”, die Lodge, St Andrews en Moravian kerke waarvan ek natuurlik niks foto’s geneem het nie. Baie van die huise is nou of word gerestoureer en daar is nog ‘n histories wa roete via Lindeshof tot by Riversonderend.


Daar is allerhande snuisterye te koop en baie van die kunstenaars wat daar bly, verkoop hulle werke sommer so vanuit hulle huise. Elke Sondagoggend is daar ‘n craft mark en gedurende Oktober/November het hulle ‘n jaarlikse Roos fees.
Daar is baie huisies wat gehuur kan word en ook heelwat gastehuise in die dorpie. Vir die mense wat hou van stap … omdat dit aan die voet van die Riversonderend berge is, is daar heelwat staproetes in die omgewing. Daar is die Noupoort een wat mens tot bo op Kanonberg vat en die 16 km Boesmanskloof een wat tussen Greyton en McGregor is al langs die Gobos Rivier verby ‘n ou bergpas wat voor die tweede wereldoorlog gebou is. Hier is baie watervalle en van die mooiste fynbos te sien. Daar is ook ‘n 90 min perderoete oor die berg.

As mens meer aksie soek gaan mens dit verseker nie op Greyton kry nie, maar as jy rus soek en naby aan die natuur wil wees, lyk dit vir my na ‘n lekker dorpie om die batterye te laai. Maat ek het gedink jy sal hou van 'n huisie hier... kan jy raai watter een?

14 comments:

Desire Fourie said...

Pragtige fotos.

Thea said...

Greyton is 'n pragtige plekkie. Ek sal nie omgee om daar te bly nie!! Ons was laas jaar in Maart vir die eerste keer daar.

Baie mooi foto's!

Muriel said...

Die kapel is pragtig!!!

Hierdie plekkie is vreeslik mooi, ek sal graag eendag hier wil gaan draai!

eilandkind/islandchild said...

nog 'n mooi ou dorpie, waar ek was saam met my sus, toe sy in Hermanus gebly het.
Wow, ek is bly om te sien jy het 'n lekker tyd Sandra!

eilandkind/islandchild said...

nog 'n mooi ou dorpie, waar ek was saam met my sus, toe sy in Hermanus gebly het.
Wow, ek is bly om te sien jy het 'n lekker tyd Sandra!

eilandkind/islandchild said...

nog 'n mooi ou dorpie, waar ek was saam met my sus, toe sy in Hermanus gebly het.
Wow, ek is bly om te sien jy het 'n lekker tyd Sandra!

Anonymous said...

Ek is so bly ek woon in die mooiste Kaap ...

Charmaine said...

O dis soo oulik en mooi en ja, daardie pienk huisietjie met die stoep is net reg vir my.

Anonymous said...

Yp
Dis die een wat ek ook vir Charmaine gekies, die pink een met die stoep!!Het dit darem al n slag goed gereen Sandra?
Anders moet jy maar eers hier aankom voor jy weer Abu Dhabi toe gaan.
ANnie

Charmaine said...

Hi Annie, Ek sal laat weet as ek hom koopp dan kan ons drie op die stoep saam sit en tee drink./...ai... ek wens

Anonymous said...

Dankie Desire

Thea het julle toe die waterval ook besoek?

Muriel jy kom seker eers Abu Dhabi toe voordat jy Kaap toe gaan?

Eilandkind jy was dan seker by Genadendal waarvan ek more foto's wys ook? Ek was mal oor die 2 dorpies.

Anonymous said...

Ronelle jy's baie gelukkig verseker.

Maat ek het geweet dit sal daai huisie wees, hy het jou naam op.

Ek het my reen en wind ook gehad Annie. Ek loop net die sneeu mis.

Anonymous said...

Dan sal jy maar hierlangs moet kom. Die sneeu gaan blykbaar diep genoeg wees vir ski tot in November
AN

Anonymous said...

Nee Sandra, ons was nie by die waterval nie. Het eers agterna van hom gehoor. Nou sal ons maar weer soontoe moet gaan! :-)