Tuesday, September 23

Noot-vir-noot in Swellendam

Dis seker ook een van daai blogs wat my in die moeilikheid gaan bring, maar die versoekings julle weet, ek kan dit nie net uitlos nie. Die van julle wat gereeld hier lees sal onthou dat ek my lewe ook hier op die spel geplaas het.
Die vreeslike tannie met die kamera het uiteindelik ook in Swellendam gaan draai en my suster se twee seuns (Ruan en Jaco) was uiters bedag en versigtig daarvoor. Vroeg die oggend vang ek Ruan met die oorskietbak en hy's byvoorbaat lugtig vir die kamera maar aanhouer wen en ek kon eintlik my foto kry. Ons ry vinnig dorp toe want die dorp maak vroeg toe en dan is daar volgens die Swellendamers niks om te doen nie (ek weet dis nie waar nie - ek gaan julle nog wys) en ons kry darem kans vir lekker tee en skons in 'n mooi teetuin. Nou wat maak mens as die dorp toe is ... jy hou jouself besig en Ruan wil Noot vir Noot speel.Die man neem dit ernstig op en gaan trek selfs 'n baadjie en das aan ... want hy het nie 'n onderbaadjie nie. (Dit gaan nou al makliker voor die kamera ook)Dis 'n ernstig wedstryd en hy doen alles volgens die boek terwyl ons net wil tee en koekies en fun maak.
Ek kon in die proses een van die "deelnemers" afneem waar sy besig is om te antwoord. (Ronelle jy weet hoe ek dit doen ne?!) Hier moet sy die liedjie voltooi ....


Hoe later in die wedstryd, hoe meer word daar geperform en al wat haar oudste se is "Dis nie my ma hierdie nie". Ek sal ook nie noem dat dit familie is nie.
Ek gaan nou hardloop .... gelukkig is Abu Dhabi ver!

22 comments:

Anonymous said...

Jinne tannie!!
Wat was in die koppie van jou?
Ten menste kan tannie sing.

Hoor jy will kom kuier.
Dit sal baie lekker wees!!
Groote vir almal!

Anonymous said...

Marie, you go girl!!!

Sandra, ons moet daai niggie van my op die regte Noot vir Noot kry!

Dankie tog, ons het nie Noot vir Noot gespeel toe jy by my gekuier het...!!!

Anonymous said...

Marie daai liedjie is nou in Nelmari se kop, maar ek dink nie sy het al ooit daai variasie gehoor nie.

Ons het nie Noot-vir-Noot gespeel nie Ronelle, maar ek het video's!

Charmaine said...

Jinne Marie jy is goed!!! :-) Ek het dit nou vreeslik geniet. Maat jy weet hoe en wanneer ek moet se..mooi man.. :-)

Anonymous said...

Ja maat ek's goed ... :-)...vra vir jou, Marie en Ronelle en nog 'n paar ander!

Niemand se iets oor die netjies aanbieder nie ... hy het dan spesiaal gaan aantrek

Anonymous said...

Jaco ou swaer, nou is jou huis in die skande!

Julle moet nooit my vrou met 'n kamera vertrou nie, veral nie as julle dink sy neem niks af nie.

Anonymous said...

Ja Eddie, dit het ek ook te laat geleer - moet nooit vir Sandra met 'n kamera vertrou nie. Wanneer jy dit die MINSTE verwag het sy klaar jou skandes vasgele.

En Johan Stemmet kan kom leer by Swellendam se aanbieder... netjiese man (en ewebeeld van sy pa)!!

Muriel said...

whahaha dit was lekker pret! Die aanbieder lyk baie netjies uitgevat!!

Ons het daai performance baie geniet!! Sy kan daai lyfie swaai nĂȘ?? Ek dink sy moet inskryf vir supersterre!!!

Anonymous said...

Ek kan nie help as julle vir my "perform" nie, wie sal nee se vir so 'n geleentheid?

Dis beste is nog nie gesien nie Muriel - sal maar nie my lewe op die spel sit nie.

Muriel said...

Ag nee Sandra ek wil sien!!!

Hulle kan jou niks doen nie, jy sit te ver!!!! whahahaha

Die wysie bly vanoggend die heeltyd in my kop:
Die trane die rol oor jou bokkie ... ek kry nog net nie die "moves" reg nie!!!

Anonymous said...

Dit lyk of die kuier daar suid goed was vir jou Sandra, maar siende dat jy nou by my en Charmaine se eksklusiewe klub gaan aansluit volgende jaar hoe lyk dit met bietjie noord gaan. So die drietjies van ons.
Ek en Charmaine sal wel plan maak met die kamera!!!
Annie

Charmaine said...

Annie dit is goeie idee. Ons gaan kuier in Engeland by Corli... en ry net waar ons wil wees. Klink sooo lekker. ... en vergeet die kamara by die huis.

Anonymous said...

Tel my in ek wou al lankal so iets doen en mens moet seker voordat jy "te oud" word. MAAR die kamera gaan saam

Waarnatoe gaan ons Annie?

Anonymous said...

OOOEEEE!!!! Nou kan ek begin dink.!!!!!! Sal julle laat weet....hoeveel tyd kan julle afstaan??
Annie

Anonymous said...

Man maar ek dink Marie kan maar aan die regte Noot vir Noot gaan deelneem. Sy sing pragtig en sy's 'n bok vir sports!!

Anonymous said...

Muriel ek sal maar nie 'n kans waag nie - kyk sy is doodstil en ek's bang vir daai stilte voor die storm :-). Het jy al die moves reg?

Dis reg Annie jy moet laat weet van die reelings. Ek sal altyd om die koste die moeite werd te maak moet dit nie korter as 10/14 dae wees nie. Seker jy sal wil langer kuier, maar ek sal moet terug huistoe.

Anonymous said...

Thea ja sy was groot fun terwyl sy gedink het die kamera werk nie :-)

Anonymous said...

Ek dink ek moet Marie 'n wake-up call gee. Sy is so stil want sy was nognie op die blog!!

Anonymous said...

Ronelle jy moet maar probeer jong, laat ons hoor wat se sy.

Anonymous said...

Ai man, my werk het die video geblok!! Ek sal 'n ander plan maak.

Die aanbiedings stoom in, en die dagboek is vol geboek………………………………………….

Lekker dag
X
Marie

eilandkind/islandchild said...

Ai Sandra, met familie soos jy het hulle ook nie die paparazzi nodig nie ne!
:D

Anonymous said...

As jy nie kyk nie dancing queen wys ek die ander ook ....

Eilandkind die kinders noem my sommer mammaratzi