Wednesday, September 17

Valley of Grace

Valley of Grace of Genadendal was vir my 'n treat. Dis 'n pragtige dorpe met wonderlike geskiedenis ... so julle ouens wat nie van geskiedenis hou nie, moet nou vinnig uitgaan.



Die pad vanaf Greyton en mens kan die dorpie so in die verte onder die berge sien. Die padteken was vir my interessant want ek het nie geweet dat beeste hier teen 80 km/h loop nie.



Die Moravia kerk (gestig in 1457 in Slovakia) het in 1737 ‘n jong sendeling Georg Schmidt na die Kaap gestuur om sendingwerke tussen die Khoi’s te doen en op 23 April 1738 land hy in Baviaanskloof in die RIversonderend valley en begin onder die Khoi mense, wat aan die uitsterf was te werk. Binne ‘n baie kort tydjie vorm hy ‘n Christenkerk en leer hy die Khoi’s om te lees en skryf.



Toe hy mense egter begin doop het die Kaap se Gereformeerde kerk gevra hy moet teruggaan, want volgens hulle was hy nie ‘n regte predikant nie. Hy verlaat sy sendingpos na 11 jaar. Amper 50 jaar later kry die Moravians toestemming om Schmidt se werk daar voor te sit en hulle stuur 3 sendelinge


.


Met hulle aankoms, kry hulle nog ou geboue met die peer boom in die tuin. Ook ‘n ou vra Magdalena (een wat Schmidt gedoop het) en sy kon hulle die bybel wys wat hy vir haar gegee het. Die sendelinge was verstom om te hoor hoe van die gemeenskap en haar dogter vir hulle uit die Bybel kon lees.




Die Kaapse kerke teken weer beswaar aan teen die sendingwerk en die goewerneur bevind die redes ongeldig. Toe kla ds Borcherds dat die kerkklok in Baviaanskloof die mense in Stellenbosch pla. Ouens as julle op ‘n kaart kyk sal julle weet daar is km en berge en dale tussen die twee dorpe … ek wonder wat in sy ore gelui het. Die peerboom is nog van die oorspronklike vertakking van 1838. Die eerste boom was 100 jaar oud toe hy omgewaai het en uit hom het 'n nuwe boom gespruit wat 120 jaar oud geword hier. Hierdie een wat nou daar staan is die derde spruit uit die oorspronklike boom. Magdalena of Lena soos sy bekend gestaan het, het vir die mense onder die boom uit die bybel gelees. Op die foto is tannie Nell.



Baie mense het prober om die onderrig van die Khoi mense gestop te kry. Die aantal inwoners van die dorp het so vermeder dat dit naas die Kolonie die grootste nedersetting in die Kaap was en met Goewerneur Jansen se besoek aan die dorp in 1806 is die naam verander na Genadendal.



Die eerste Onderwysers Opleidingskollege in SA, nou die museum gebou is gedurende 1838 gebou. Weens baie rasse issues is daar wetgewings gemaak wat die inwoners van die dorp verbied het om eiendom te besit en ook die college is toegemaak omdat dit onnodig bevind is. Dit het die “dooploop” van die dorpie tot gevolg gehad. Vandag het die dorpie 3500 inwonders.



Die begrafplaas is ook 'n interessant plek en het bekend gestaan as Gods Akker. Hier is al die vorige sendelinge van baie Europese lande begrawe. Die grafte is almal so in rye en mans en vroue is aparte rye begrawe, so ook seuntjies en dogtertjies. As mens by die begrafplaas ingaan, lees jy hierdie boodskap. En as jy uitstap is dit die een.


Die laerskool het 600 leerlinge en die hoerskool 500. Ek het nou nie ‘n foto van die skool geneem nie, maar dit sit so teenaan ‘n rivier, aan die voet van die berg met perde wat op die groen gras tussen die bome wei. Prentjie mooi skool en so rustig, totdat die skool blaasorkes in die kerksaal gaan oefen het.




Hulle is nou besig om die dorpie te restorer en baie van die geboue is al gereed vir besoekers
.


Die pad terug is pragtig en orals is kransvoels wat op die lande staan. Ons het darem 'n mooi land.

13 comments:

Desire Fourie said...

Die fotos is weereens uitstekend. Het nog nooit so baie kraanvoels bymekaar gesien nie. En my gunsteling fotos is die met die droe bome. Lekker kuier verder.

Anonymous said...

....en dan moet die arme beeste nog so ver teen 80km/hr loop... n hele 10 km!!!
Lyk of jy lekker kuier Sandra. Geniet dit!!
Annie

Anonymous said...

Hehehe vir die een oor die beeste!!

Mensig, maar die Kaap is darem maar lieflik!! So pragtig groen! En jou foto's is stunning!!

Dankie vir al die info oor Genadendal. Ons is laas maar baie vinnig daardeur.

Die foto heel links onder is vir my vreeslik mooi. Ek het hom nou net vir my seun gewys en toe vra hy dat ek hom vir hom na sy e-mail adres toe stuur sodat hy dit vir 'n screensaver op sy laptop kan gebruik!

Muriel said...

Whahaha hierdie beeste woema oor die velde!!

Ek stem ons het 'n baie mooi land. Baie dankie vir die pragtige foto's oor Genadedal!

Anonymous said...

Skuus Sandra, ek moes darem seker eers toestemming gevra het voor ons sommer jou foto gebruik??

Anonymous said...

Hi Desire dis slegs 'n bietjie van die kraanvoels, daar is behoorlik honderde. Blykbaar gebruik die boere nie meer produkte wat hulle uitroei nie, nou teel hul verskriklik aan.

Ek kuier lekker Annie maar die tyd loop vinnig uit

Anonymous said...

Thea hy's welkom om dit te gebruik, die Kaap is darem mooi ne

Muriel hierdie beeste loop dat die mis so spat :-)

Charmaine said...

Maat dis 'n pragtige inskrywing. Ek sal uitvind hoe doen ek die blogtoekening want jy verdien dit. Mens kan regtig daar bly ne. Niks het oor al die eeue heen verander nie. Die mense van die kerk gee mekaar nog steeds grief... en dit tenspyte van wonderlike werk wat gedoen word. Geniet jou laaste paar dae terdee... en Bloemfontein vir my onthalwe ook ok?

Anonymous said...

Ek was 'n rukkie laas hier, en ek het nou lekker gekuier! Jy weet, die Kaap bly nou maar vir my 'n mystery, maar gelukkig het ek nou 'n idee hoe dit daar lyk! Dankie, en lekker verder kuier.

Anonymous said...

Bloemfontein gee vir ons mooi weer en vandag het ons bietjie verby jou antieke koshuis ook gery ... ek het groete gestuur ok.

Bashinginnieboendoes as jy nog nie in die Kaap was nie, sal jy plan moet maak, dis 'n lekker plek :-)

eilandkind/islandchild said...

Pragtige foto's Sandra!
Okay, ek gaan nou ophou comment, rerig!

eilandkind/islandchild said...

weer ekke!
Die storie by hierdie foto's is ontsettend interressant en ek het op jou foto's gekliek en dit van naderby beskou, ongelooflik pragtig!

Anonymous said...

Eilandkind hierdie dorp het my gefasineer en ek het die besoek verskriklik geniet