Saturday, September 20

Geluk seun

Dit mag geklink het asof ek die laaste paar dae eintlik net gaan rondrits het in die Kaap en allerhande lekker kossie geeet het .... ek het MAAR .... dis nie die oorspronklike rede hoekom ek in SA was nie. James, my oudste, het graad gekry en ek was daar in Bloemfontein om die funksie by te woon. Baie geluk seun, ons is baie trots op jou!! Sterkte met die laaste twee maande van die honeursjaar!!!

14 comments:

Thea said...

Wow, en nou sĂȘ jy ons eers! Baie geluk James! En baie geluk ook Sandra en Eddie met julle kind se prestasie!

Baie sterkte ook James met die eksamen!!

Anonymous said...

Dankie Thea, ek is sommer baie trots op daardie oudste seun van my!

"Duifie", weereens geluk my ou seun en maak die Honeurs volspoed klaar hoor, jou Pa soek al klaar hard na 'n lekker uitdaging vir jou vir 2009. Ons sal volgende week 'n plan sien dat ons drie die' prestasie en my opkomende verjaarsdag kan vier!

Charmaine said...

Baie geluk James. Nou is ons ook Alma Maters... Sterkte vir die eksamen.

jackieo said...

Baie geluk James - jy lyk sommer baie spoggerig!! Sterkte ook met die laaste skof - weet dit sal goed gaan.Tannie Sue

Sandra en Eddie aan julle ook geluk - weet julle is sommer baie trots op julle seun

Desia said...

Baie geluk ouers en James!
Dis goed om te sien die ou Hoofgebou staan nog!

Anonymous said...

Baie dankie julle! Ons is trots op die man dat hy so alleen daar in die Vrystaat deurgedruk het en hard gewerk het. En vir julle "ou" Kovsies ... Charmaine en Desia, al is dit nie my univ nie, voel ek goed dat hy juis die spesifieke een gekies het. Miskien moet julle ouens ons bietjie vertel van hoe dit op kampus was gedurende julle tye daar :-)

Muriel said...

Baie geluk James,Eddie en Sandra!

Sterkte met die laaste twee maande van my ook!

(Ek stem hy lyk darem spoggerig op hierdie foto he he)

Anonymous said...

Baie baie geluk James.... dis n groot dag en vir ma en pa ook... die laaste deel is die slegste...VASBYT vir die twee maande
Annie

Anonymous said...

Dankie Muriel. Sy ouma het gedink hy's al ou in die hele saal en ek moes hard verduidelik dat daai klomp in die swart rokkies rondom hom nie arabiere is nie, maar mede-studente wat ook hard gewerk het :-)

Annie ons kinders word groot ne?! Dit lyk asof dit nie die laaste 2 maande gaan wees nie, hierdie ou het nou half besluit hy wil nog aanhou tot ek weet nie wanneer nie. (Miskien sal hy vir ons se?)

Anonymous said...

Baie dankie almal vir die nice gelukwensing. Ek is nogal baie nervous gewees maar mens voel heel ontspanne sodra jy af van die verhoog af stap.
Ek dink vir vaste swot sal dit nog net 2 maande wees, glo nie ek sal nog lank kan stil sit nie. Ek het net opdrag gekry van 'n prof dat ek moet my navorsing vat tot 'n M. Nie elke dag dat mens vir Prof Noakes 'n go kan gee nie.

Anonymous said...

Sandra Johann het nou die dag 25 geword en sy swottery is lank nog nie oor nie. So moenie dat hulle jou n rat voor die oge draai nie
Annie

Anonymous said...

Baie geluk James, en sterkte met die eksamen.
Oom Hennik & tannie Ronelle

eilandkind/islandchild said...

Lekker ou Kovsies!
Baie geluk.

Anonymous said...

Jinne was meeste van julle op Kovsies?!