Tuesday, September 9

'n Groot verrassing

Ek het nooit geweet dit vat soveel beplanning aan 'n uiteet nie. Ek gaan nie eers vertel van al die leuens deur die dag nie, maar die aand by BarnYard saam met 'n klomp niggies, klein niggies en tannies was voorwaar 'n groot verrassing.'n Klomp bekende en minder bekende kunstenaars met Juanita du Plessis as die gasvrou tree op vir 'n vertoning later vanjaar op Kyknet.Hier is die organiseerde ernstig aan die reel vir die kosbestelling en drinkgoed. Julle moet weet dat ek baie van die familie na 20 jaar op die reunie Januarie gesien het, en het ek nie geweet waarvoor ek my inlaat die aand nie.Dan kom my eerste "skok" ... hierdie niggie van my kry sommer 'n emmer drank by die kroeg. Sy het nie verwag om op kamera te verskyn nie. Maar meer oor haar "drinkery" op 'n ander blog later. Die klomp kuier lekker en die tafel is loshande die tafel waar daar die meeste gelag en geraas word. Mense het ons half snaaks aangekyk .... en ek is so gewoond om myself te gedra .... Partymense dans op die tafels maar omdat dit 'n tv opname is, is mense gevra om dit nie te doen nie, maar borde op hul kop .... ek weet nie.Daar is gelag dat die trane loop terwyl oor ou klasmaats gepraat is. Ander het weer agter Christa se rug gepraat oor die aand ...Dan was daar die wat met skok gereageer oor die tafel se uitbundigheid... of is dit oor die kamera wat haar uitgevang het? Natuurlik was daar ook stoutigheid aan die gang deur "ek-sal-nie-name-noem-nie". Die video's wat geneem is, sal ek maar om veiligheid slegs op die familie blog laai. Dankie vir al die jok en reelings Ronelle en julle ander, dankie vir 'n lekker kuier saam met Tommie :-)

10 comments:

Desire Fourie said...

Wow, dit lyk asof julle behoorlik gekuier(drink????) het ... nie seker of albei of net een geld nie. Ek het op Kyknet gesien dat hulle country musiek opnames by die Barnyards hou en natuurlik is Juanita altyd 'n plesier om na te luister, sy is so 'n mooi rolmodel. Mooi bly en veilig terugreis na die woestyn ... wanneer dit ookal is, want dit lyk vir my asof SA jou hier onbepaald gaan hou. Groete

Anonymous said...

Ons het behoorlik gekuier en ek het baie hot chocholate gedrink :-). Is darem nog so tien dae hier om die Kaap te geniet.

Anonymous said...

Ek moet eers my naam in ere herstel... in daai 'drankemmer' was net 1 bottel wyn, verder koeldrank, glase & baie ys!!!

Muriel said...

He he dit was 'n groot verrassing en baie pret!!!

Geniet jou kuier Sandra!

Thea said...

Moet ons haar glo oor wat in die emmer was Sandra? ;-)

Lyk of julle baie pret gehad het! Geniet verder wat julle ook al doen - ons kyk uit vir die opvolg!!

Anonymous said...

My vrou, my vrou! Wat gaan die mense hier by die huis dink, jy is dan 'n kerkvrou.
Sal maar die skande op daardie klomp niggies en tannies moet pak, veral daai Peetma van jou wat so agter haar hand lag!
Lekker kuier.

Charmaine said...

Ek glo jou van die hot chocolate maat.Dit lyk na GROOT feeste. Geniet dit. Ek kuier lekker saam so op die blog

Anonymous said...

Lyk baie lekker mama!! :-D
Geniet dit verder...
Ons miss jou baie!
xoxo

Anonymous said...

Ronelle as jy so se ....

Ek kuier lekker Muriel

Thea sien julle ken my nie maar julle weet tog meer van my as van Ronelle :-O) so julle moet my glo - vra my maatjie

Anonymous said...

Jy's heeltemal reg Eddie dis g'n niks my skande nie.

Dankie dat jy my glo maat

Ek kuier lekker sussie, kon nog nie shop nie.