Monday, September 22

Lewe gaan aan in Abu Dhabi

Terwyl ek in SA rondgerits het, het dinge in Abu Dhabi hulle normale gang gegaan wat die skool en sport betref. Ondanks 'n knie wat aan die begin nog 'n bietjie aandag nodig gehad het, het Nelmari uitprobeer vir die Varsity Volleyball span al is sy nog net 15. Sy is nie net gekies nie, maar is ook in die "starter" span! Mooi so sussie, ons is trots op jou! Hulle het in my afwesigheid drie wedstryde gespeel waaroor ma gou moet verslag lewer. Die eerste een was teen ASD (American School Dubai). Hier is die afrigter besig met 'n spanpraatjie. Hulle verloor slegs met enkele punte in die drie stelle en dit lyk na of hulle in 'n formidabele span gaan ontwikkel. Aan ondersteuners het dit ook nie ontbreek nie en die mascot was vol dinge.

'n Paar dae later speel hulle teen ACS (American Community School) en soos altyd wanneer hierdie twee spanne teen mekaar speel is dit enige een se wedstryd. Hier blok Nelmari (nr 25) 'n bal van ACS. ACS is egter 'n hele maand se oefening voor en wen uiteindelik met 'n paar punte. Nelmari stuur die bal mooi oor die net ... kyk daai konsentrasie. Vrydag was hulle uitgenooi na 'n toernooi en omdat hulle voorberei vir ISAC was dit 'n goeie oefeninglope. Hulle wen vir Al Nadha - kyk net wat moet hierdie arme kind dra dat mens nie haar hare mag sien nie,en UAS om deur te gaan na die finaal. Hier stuur Nelmari die bal agteroor haar kop terug na UAS toe. Hier dien sy tydens die finaal waar hulle weer teen ACS verloor. Volgens haar is die afrigter nou meer seker van sy spankeuses vir die res van die seisoen en hulle toer na Oman in Oktober. Gelukkig is Nelmari se knie nou baie beter en het sy 'n goeie paar wedstryde agter die rug, soos hier waar sy die bal met mening terugstuur in ACS se baan.
Vanmiddag het hulle ook weer na Dubai gereis en met DAA afgereken.
GO LIONS!

34 comments:

Desire Fourie said...

Geluk met Nelmarie se uitstekende volleybal spel en haar keuse tot die Varsity span. Bly om te hoor jy is veilig terug in Abu met al die bederfgoedjies vir jou vriende. Dit klink asof hulle almal bly is om jou terug in hul midde te he. Hoop julle begin eersdaags scrap ... Groete

Muriel said...

Baie mooi Nelmari, ek is bly dit gaan beter met die knie!

Ek het net gister gedink ek wil jou vra wanneer skryf jy bietjie oor Nelmari! he he Telepatie?

GO LIONS!!

Anonymous said...

Dankie Desire en ja ons beplan om spoedig na Ramadan te begin.

Dit moet telepatie wees Muriel :-) Nou kan ek Nelmari weer pes met die kamera.

Charmaine said...

Ons hou baie styf duimvas vir 'n uitstekende seisoen Nelmari. Jy is 'n ster.

Anonymous said...

Dankie almal!!
Ons beplan om te wen van jaar en ons doen ne te sleg nie.

Anonymous said...

Jy sien hoe "windgat" hulle is maat, hulle dink sommer hul gaan wen.

Mooi so sussie

Muriel said...

As mens so positief is kan dit nie anders nie, julle gaan wen!!!

Anonymous said...

Ek dink persoonlik natuurlik die man wat die aksie fotos geneem het verdien ook 'n pluimpie, hy was Pa, Ma, Motorbestuurder, Fotograaf en 'n klomp ander goed ook, insluitend getrouste ondersteuner!

Muriel said...

"Pa agter die kamera" baie goeie aksie foto's !!!

Anonymous said...

Baie mooi Nelmari en ek hoop julle gaan 'n goeie seisoen hê!!

Pa-agter-die-kamera, jy't 'n goeie job gedoen terwyl Ma-op-vakansie-was!
:lol:

Anonymous said...

Dankie julle, nou sal ek myself volgende week "afgee" en gaan loer of my vrou my iets van die Kaap oorgelos het.

Ek weet ten minste die kelder op Hermanuspietersfontein is veilig en wag net vir my.

Muriel said...

Sjoe "Pa agter die kamera" dit lyk my julle maak beurte om die Kaap te besoek!! Geniet dit!

Ek dink "vrou van pa agter die kamera" het nie veel oorgelos nie. Hulle "stock" nog die winkels op na sy weg is!!!

Ek voel dit in my water, Sandra kan my ore aansit met "shopping", sy wen my!!!! Daar gaan my titel as "Shopping Queen" van die Universe!!!

whahahahaha

Anonymous said...

mooi werk sussie. Jy al baie soos n varsity speler! en moenie laat ek hoor j moet di knieg ys nie!! hou hom liewers warm as koud en moenie speel as hy seer is nie.

Anonymous said...

Jy hoef nie te kommer nie pa-agter-die-kamera Hermanuspietersfontein nie my "mall" nie. Ek sou worry oor die mense wat 3/4 keer 'n jaar vakansie hou en daar shop as ek jy is.

Thea ja jongie jy sal Nelmarie moet vra oor wat haar pa alles gedoen het terwyl ek weg was :-)

Anonymous said...

Muriel jou titel is veilig glo my. (Of wag Charmaine is dalk ook 'n sterk kandidaat) Ek hou van shop maar nie vir myself nie en 30 kg is min om terug te bring. Desire het daarvan 6 kg en Sandmense 5 kg gevat. Die res moes ek mooi deel.

James ek hoop sy luister na jou. Kan jy vir haar bietjie van daai oefening mail?

Charmaine said...

Ek is nie so groot shopper nie maat:-0.Ek kyk net... meestal. Jou titel is veilig glo my Muriel.

Dis waar wat jy se maat. Jy het jou doodgedra aan ons goed. Tyd dat jy jouself bietjie bederf dink ek.

Nelmari, dis die gees. As mens dink jy gaan wen dan sal jy wen.. Julle doen goed!! Luister vir jou ouboet hoor.

Muriel said...

Ek moet sê shopping is deesdae baie laag op my lysie!! Winkels in SA sal mens nagmerries gee. Baie vol en geen diens! Die ergste is ek sien ook nie meer regtig iets waarvan ek hou nie, is dit dalk die ouderdom wat nou ingetree het? Ek soek ander winkels.... miskien in Dubai???? he he

Anonymous said...

Muriel ek is seker die winkels in Dubai en Abu Dhabi sal jou lus vir shop weer terugbring :-). Miskien sal julle net 'n krat moet reel om die goed terug te neem.

Anonymous said...

Nou wanneer kom tannie Muriel kuier om te shop?

Tannie Charmaine jy kan lekker shop weet.

Die titel is eintlik myne as my ma my toelaat en ek die geld het.

Charmaine said...

Daar is dit nou uit die "mond van die suigeling"... sy moet die titel kry. En Elriza staan ook voor in die ry. Ek is eintlik ver agter. Regtig.. glo my

Muriel said...

Sandra ek dink ek sal meer as 'n krat nodig hê, ek sal met lewendige kamele wil terug kom!! whahahaha
Miskien laai ek nog vir my 'n Sheikh ook in die krat aka hok!! he he

Dan gee ons vir jou die titel, ta daaaaa!
Die nuwe shopping Queen van die Universe: Nelmari!
Lekker applous dames en here!!
Nelmari jy sal my dan gaan wys waar is al die winskopies en mooi goed as ek daar kom draai?

Sandra whahaha as hierdie kommentaar van Nelmari nou nie 'n skimp is vir 'n geldjie nie, dan weet ek nie so mooi nie!!! :-)

Charmaine!! whahaha daar het jy dit nou, uit die mond van die suigeling..... moet sê ek het al 'n paar bewyse hier op Sandra se blog gesien!!!

Kan Elriza ook lekker shop??? Mmmm ek dink dis tyd dat sy vir my gaan wys wat gaan in die winkels aan! Duidelik weet ek nie meer waar om te shop nie!!

Dit was nou lekker pret!

Anonymous said...

Dankie vir my toekenning, maar waar is my kroon?
lol
As tannie kom sal die malls nooit die selfde wees nie!!

Tannie Charmaine...jy moet die katjies kom sien. Al drie is nou terug en die een het my haar laat vas hou. Ma kat kom le net en kyk. Will tanie nie dalk een he nie? a "girlfriend" vir Dee??

Muriel said...

Nelmari ek stuur hom vir jou saam die volgende een wat in SA kom draai maak ;)

Charmaine said...

Nelmarie jy weet die tannie is 'n sucker vir diere maar as ek nog 'n diertjie in die huis inbring sal ek 'n groter bed moet koop.

Muriel jy sal moet kom vir shop. Jy het 'n interessante inkopielys jong.. kamele en sheikhs... ;-)Nelmarie en Riza sal jou ure... nee dae lank kan besig hou met shop in die malls.

Muriel said...

Charmaine dae se shopping klink vir my baie lekker!! :-)

eilandkind/islandchild said...

Is daai die leeu wat as mascot vir SA se 2010 sokker-ding gebruik gaan word?
:D

Anonymous said...

Muriel het jy nog 'n keuse om te kom?

Nee eilandkind die sokker-ding is veronderstel om 'n luiperd te wees ... dis 'n leeeeeeuuu! :-)

Muriel said...

Hierdie teddiebeer van my beter plan maak dat hy my na my maatjies in die woestyn toe vat!! he he

Ek sal maar daagliks moet begin skimp!!

Anonymous said...

Muriel ons kry vir jou teddie 'n witrok en kopdoek as hy jou bring :-)

Muriel said...

Whahaha Sandra, dan is hy 'n ware Sheikh!!!

Anonymous said...

En hy dra sulke sloffies daarby. Ons sal vir hom mooi Sheikh Teddie laat opborduur. Hy kan dink aan 'n baard groei voor hy kom ook. Al wat jy moet aan dink is pakplek en beursie.

Muriel said...

Sandra ag siestog my arme Teddie, ek wonder hoe gaan hy met 'n baard lyk??? En sy Sheikha gaan die heeltyd wil gril vir daardie baard!!
Onthou ek is mos nie gewoond daaraan nie!!!

Ek weet net nie hoe gaan ek my bankie by die huis kry nie. Want ek soek ook so bankie soos Charmaine s'n!

Het jy ook sulke mooi Indiese/persiese meubels?

Anonymous said...

Jy se net vir die ouens op die lughawe dis 'n brood, dan bring jy dit saam.

Ek het houtmeubels van hier maar weet nou nie of dit indies/persies of brode is nie :-).

Muriel said...

Sandra whahaha ja ek sal net vir hulle sê dis 'n brood! Ai die Charmaine!!

Jy moet vir my jou brode ook wys :)