Sunday, September 21

Feetjies, feetjies en nogmaals feetjies

Ek het op my rondtes ook 'n dag of drie by my jonste sus Marie en haar gesin in Swellendam gaan kuier. Swellendam was nog altyd bekend vir die pragtige natuurskoon, mooi huise en rustigheid, maar die laaste paar dae as ek se ek was in Swellendam, vra almal ... het jy die feetjie huis gesien? Die antwoord ... JA ... Marie het my ook die feetjiehuis gaan wys! En spesiaal vir my vriendinne wat mal is oor feetjies klompe foto's geneem. Ek dink nie die foto's kan enigsins wys hoe dit regtig daar lyk nie, maar kom ons probeer. Dis die verwelkoming en feetjie-reels by die deur voor jy deur die tuin begin stap. Dis tuin is baie groen en orals uitgele met paadjies. Jy moet mooi kyk waar die feetjies en die kaboutertjies in die tuin wegkruip. Hulle is orals, op die grond, in die bome, in die lug en onder takke. Hier wys Marie vir ons 'n paar uit. Hier is ook 'n paar met mooi paddastoelhuisies. 'n Kabouter vergadering met 'n paar feetjies wat inluister. Ek dink Charmaine en Muriel sal heeltemal wegraak in hierdie tuin. Daar is ook 'n hoekie vir kleuters met 'n oulike huisie, paddastoele om op te sit en feetjies om aan te vat en mee te speel ... mits hulle mooi speel. Hier sit Marie op een van die paddastoele. Dis die feetjiehuisie waar hulle binne-in kan speel. Die kinders sal mal gaan om in hierdie feetjiehuis te speel in 'n feetjie tuin. Hier is nog 'n klompie. Mens moet nogal soek vir party van hulle wat so weggesteek is tussen die bome en struike. Wat sal mens dit noem ... 'n "hoop", "trop" of "skool" feetjies. O ja en mens mag nie hard praat terwyl jy in die tuin stap nie, want jy mag die feetjies pla. Hierdie klomp in die mooi vrolike blombakke was vir my baie mooi. Hulle is orals, bo-op goed ook. Hier is behoorlik duisende. Ek wonder of julle nog almal se name sal onthou as jy soveel het maat. Hierdie twee is lewensgroot. Orals in die tuin is ook sulke oulike bordjies met feetjie segoed op. Nadat ons in die tuin van feetjies deur is, mag ons in die huis gaan loer. My grootste nagmerrie ... ek mag nie foto's neem nie se hulle. Ek het regtig in my ganse lewe nog nie so iets gesien nie. Honderde en honderde feetjies in elke vertrek ... ek moes net 'n foto of twee neem om vir julle te wys :-). Alhoewel die feetjies in die huis 'te koop' is, word dit meer soos 'n aanneem behandel. Ek moes net 'n feetjie namens Charmaine aanneem ...

21 comments:

Muriel said...

Wow! wow ek gaan vandag in my feëtjie tuin werk! he he
Ek gaan vir my ook so bordjie maak wat sê: You are "Faerie Special"
Dis te cute!

Baie dankie hiervoor Sandra, ek het dit vreeslik geniet en sal altyd een van my gunsteling inskrywings bly!

Anonymous said...

Paradys vir Charmaine...dink nie sy moet ooit alleen soontoe gaan nie sy sal nie weer daar uitkom nie, jy sal maar moet saam Sandra.
Annie

Anonymous said...

Ek se net gister vir Charmaine ons sal 'n vroue toer deur die Kaap moet reel en al die plekke besoek ... wat dink jy? Dit kan pret en raserig wees :-).

Annie ek stem saam sy sal nooit daar uitkom nie. Sy sal elkeen persoonlik wil ontmoet :-)

Muriel said...

So vroue toer klink na groot pret! Maar julle gaan heeltyd na my en Charmaine soek, ons gaan te veel wil shop! he he Ons gaan weg raak in die winkels!!!

Anonymous said...

Nee ek het al met honderde kindertjies op eenslag gekamp, ek het my maniere om mense bymekaar te hou en te keer dat hulle "afdwaal" of "verdwaal".

Anonymous said...

Sandra dis ok as sy hulle net wil groet maar wat gaan jy maak as sy eers vir hulle begin vra hoe dit met hulle gaan. Dan moet jy maar baie koffie by jou he!!
AN

Anonymous said...

Ja sy sal wil gesels ek weet ... sal maar net plan moet maak dat sy nie daar uitkom nie

Anonymous said...

Ag neeeeee nous jy wreedd!!!!
Annie

Charmaine said...

OOOEEEE ja ja, dis my plek die en ja, ek en Muriel sal baie wegraak en ek sal hulle almal se name onthou en ek sal vir elkeen vra hoe dit gaan en mooi saggies praat en die heeldag... nee, 'n paar dae daar bly want dit kan 'n rukkie neem om met almal te kuier en as mens enetjie oorslaan sal hullle baie sleg voel. Ek sal my Petra en Muriel aan jule voorstel. Ag dankie vir die mooie fotos maat. wow

Anonymous said...

Ek sal die vroue toer moet join om te kyk dat julle julle almal gedra en nie te raserig is...

Anonymous said...

Annie hoe kan jy so se, lees net wat comment sy ... dit sal dae vat!

Ek kan dink jy sal verdwyn daar maat en ja ek glo ook dat jy met hulle sal kuier en praat :-)

Ronelle kyk nou net hoe wil wolf haarself skaapwagter maak :-)

Charmaine said...

Klink my ons kan almal net baie groot pret he hier en baie tee of koffie is vreeslik reg met my. Wolwe en skaapwagters nie toegelaat nie... Wanneer is die toer maat?

Anonymous said...

Sandra, hoe lank het die vrou-ek glo dis n vrou, kannie n man wees nie- opgebou aan die huis en tuin?
Annie

Anonymous said...

Maat sodra julle ouens se julle wil gaan.

Annie die "sanctuary" vier sy 17de verjaarsdag vanjaar. (En ek hoor nou eers van die plek). Blykbaar het die eienaar Minky as kind 'n belofte aan haar feetjies gemaak om vir hulle 'n huis te maak. Sy, Minky en haar man is beide beeldhoukunstenaars en het die "huis" begin skep in 1991.

Muriel said...

Kan nie wag vir die toer nie. whahaha Ronelle gaan sukkel om ons klomp stil en bymekaar te hou!

Groete vir Nelmari!

x x

Thea said...

Laat weet my ook maar van die toerdatum! Dit klink na GROOT sports!!

Sulina lyk na 'n "faerie" nice plekkie!

Anonymous said...

Muriel dis nie Ronelle wat die klomp gaan moet stilkry nie, dis ons wat haar sal moet beheer :-)

Julle moet net die maand se Thea ... Wat sal mens so 'n toer noem?

Charmaine said...

Die fairy lekker toer. Desember?

Anonymous said...

Oulike naam maat "Fairy lekker toer". Desember mag dalkies 'n probleem maand wees om dit in te doen ---- almal is op vakansie en besig

eilandkind/islandchild said...

Die paddastoele op my blog is te klein om op te sit!
:D

Anonymous said...

Daai paddastoele op jou blog is pragtig! Het jy seker gemaak daar kruip nie feetjies weg voordat dit gesny is nie?