Sunday, September 28

Miaau, woef, woef

DIS VANDAG VERJAARSDAG IN DIERELAND !!!

(Nooit so beplan nie maar die drie se geboortesertifikate wys hulle verjaar op dieselfde dag)


Die OU dame wat vanjaar 91 word (13 mens jare)


BEGEERA

(Ek dink op die foto dink sy net, neem en kry klaar of oohh wat gaan die ander katte van die verspottigheid se) Die ander twee wat ook verjaar is


TAFFY EN DIDI


(Charmaine se tweeling Chichauhau hondjies)


Hulle het 'n een jaar oud partytjie vandag en later in die week

sal die ou dame 'n high tea he wat meer by haar ouderdom pas.


Ons gaan verseker vir julle van die twee partytjies vertel!

7 comments:

Muriel said...

Ag dis te cute!!! Baie geluk aan al die diere kinders! :-)

Desire Fourie said...

Ja nee, 'n kat wil nou nie haar aristokratiese herkoms met verspottigheid klad nie, ne? En daardie twee patrone van Charmaine wil 'n mens net opvreet ... Baie geluk aan die 3 bevoorregtes.

Anonymous said...

Baie dankie vir die mooi wense en die koek en persente en al die bederf. Ons sal na ouma Begeera se hi tea ook kom. Dis lekker om een te wees en ons is tog te grand in ons nuwe klere. Hou die blog dop

Muriel said...

Kan nie wag vir die high tea nie!! he he

Anonymous said...

Dankie vir die gelukwensing ouens, ek sal die diere se

Didi en Taffee julle moet dit dalkies nie verkeerd opneem nie,maar miskien is julle te woelig vir 'n hi tea!

Muriel spot jy met ons?!

Sandmensie said...

Baie geluk "ouma B"! wat dink jy van al die aangeteelde kleinkinders in jou paleis? jy sal die sekuriteit moet opskerp voor hulle jou uit jou koninginklike posisie of altans Verjaardaghoedjie
uit het! Geniet jou hi tea...hoop daars tuna-happies op die spyskaart....

Anonymous said...

Vicky tuna-happies en dadelkoekies sal baie beslis nie by die hi tea wees nie --- te gesond :-)