Sunday, September 7

'n Kleurvolle besoek

So op ons blits-rits deur die Skiereiland maak ons vinnig 'n draai by Ronelle se dogter Anneke en ek kon die versoeking nie weerstaan om hierdie kleurvolle "winkel" af te neem nie. Die plek se naam is, Hadeda Invoerders van goedere van Sentraal Amerika (ok dis nou vertaal) en sommer by die ingang kan mens sien dis nie jou normale "winkel" nie. Hierdie winkel het ook tak in Johannesburg, maar die Kaapstadse een is in 2003 oopgemaak. Hulle het omtrent 2000 verskillende produkte wat spieels, rame, ligte, teels, keramiek, ens insluit.Daar is spieels van Peru in aller groottes en vorms en van Mexico die geteelde spieels wat orals hang. In die kleurvolle hoekie moet ek eers vir Ronelle en Anneke afneem. Dis die winkel se balkon met 'n klomp interessante klei artikels. Hierdie blou muur het weer verskillende grootte kruise op. Partymense gee moed op met al die foto's en "pose" maar om die vrede te bewaar. Hier is nog van die kershouers en spieels en mense wat ek ken stap deur en se, o dit wil ek nog he, o en dit ens. Anneke wys vir ons van die muurbehangsels. Die twee Hadeda meisies staan by 'n kleurvolle kamer vol ..... Hier is hulle afgeneem by die Frida Kahlo se werk.
Daar is ook 'n winkel in Johannesburg, loer bietjie hier vir wat hulle alles het.

12 comments:

Thea said...

Hadeda here I come!! ;-) Die winkel is absoluut 'n lus vir die oog! Veral vir kleurvolle siele (soos ek en Muriel)!!

Hoe gelukkig kan 'n mens wees om elke dag in so 'n stunning winkel te werk!!

Anonymous said...

Sandra, nou kan jy seker verstaan hoekom ek alles wil he wat ek sien in Hadeda! Als is stunning!!
En ek is so bly jy het die foto gebruik waarop ons altwee is.. ek's beiindruk!!

Desire Fourie said...

Wow, wat 'n kleurvolle en interessante winkel ... 'n mens kan duidelik sien jy is in SA en nie in die woestyn nie ... Lyk asof jy dit baie geniet.

Anonymous said...

Kyk, hier sal ek myself verloor!! Ek is mal daaroor! Ek raak soos 'n klein dogtertjie as ek in so 'n winkel kom! Kobus se as ons huis eendag klaar is, sal my plek eventueel soos een of ander mark lyk! Ek worry ook nie, solank ek net gelukkig daar is en daar baie liefde is, kan dit maar soos 'n mark lyk!

Anonymous said...

Jene Sandra, en daar sit jy toe tussen die spieels!!!!!!!!!
Bly om jou gesig te sien
Annie

Charmaine said...

Ai kon ek nou ook maar daar gewees het nie. Dis pragtig maar ek kan sien dat ek 'n dakrak sou moes vra vir die vliegtuig om die goed hier te kry. Ek sal myself verloor. So bly om jou gesiggie te sien maat.

Muriel said...

Ek is verlief op die blou muur met die kruise! Ek soek ook *grin*

Hadeda ek is oppad!! Ek beloer die Frida Kahlo werke, mal daaroor!

Ek kan sien jy het feeste in die Kaap, (((Sandra))), geniet! Dit was vir my ook lekker om weer jou gesig te sien *wink*

Anonymous said...

Thea ek het nogal gedink jy en Muriel moet daai Johannesburg winkel gaan besoek.

Ronelle ek's bly ek kon jy "beindruk", hoop dat ek more of so nog steeds in die goeie boekies sal wees :-)

Ek kuier baie lekker Desire en die weer speel mooi saam

Anonymous said...

Tersia dan sal jy beslis die winkel moet besoek of vir veiligheidsredes (vir jou man) oor die internet by hulle moet bestel - so kry jy waarvan jy hou en nie vir meer as wat jy wou nie :-)

Bly ek kon jou blymaak Annie! Sal jou more op 'n wyntoer neem

Maat ek het nogal aan Elriza gedink met die kleurvolle winkel. Sy sal die een in Johannesburg moet besoek.

Jy sal die winkel moet laat weet as jy kom Muriel dat hulle genoeg voorraad het. :-)

Unknown said...

So lekker om al die comments te sien oor Hadeda! Dit is baie lekker om daar te werk en tussen al die mooi goed te wees op n daaglikse basis! Behalwe dat mens als wil he maar altyd eers vir almal geskenke koop en nooit vir myself ;) ne Ma!

Anonymous said...

Anneke ek is seker jy het al genoeg skimpe vir jou ma se volgende 20 verjaarsdae! Was lekker om julle plek te wys.

eilandkind/islandchild said...

Wow, dit lyk na 'n wonderlike plek!