Friday, September 5

Die Kaap sit sy beste voetjie voor

Waar is die reen, storm en wind waarvan almal gepraat het? Die weer is heerlik!! Na 'n lekker vlug en drama met die motorhuur en alles kom ek sonder verdwaal by Ronelle aan ... ek's baie trots op myself dat ek die pad kon kry. Lekker hoenderpastei en patats vir aandete saam met Hecele, Ronelle, tannie Ruth en die haan onder die henne Hennik. En vir nagereg lekker malvapoeding. Wat sal die twee vir mekaar hier se? Ronelle neem my vir 'n toer orals langs die see en ek sal julle nou al my favorite plekke wys, maar kyk net hoe mooi oop was die lug sonder reen in die lug.

8 comments:

Desire Fourie said...

Die Kaap bly maar die Mooiste Kaap. Geniet die res van jou kuiertjie.

eilandkind/islandchild said...

Tafelberg! Ek is jaloers, geniet jouself gate uit Sandra.

Muriel said...

Mmmm ek sien jy het toe lekker kos gekry om te eet!! Patats waarvoor jy gewens het! he he (mompel ek nou hier, ek is soooo lus vir malvapoeding!)

Die see lyk so mooi, ek ruik dit sommer!!

Geniet dit!
x x

Anonymous said...

Lekker, en dit net dag 1. Kan egter nie glo daar is net 3 fotos nie, fout met die kamera?

Thea said...

Ai die lekker ou Kaap! En lekker word sy al klaar bederf!!

Geniet dit Sandra!

Mariette. said...

Dit lyk heeeerlik!
Geniet jou kuiertjie!Pas jouself mooi op. en geniet die koelighied..!

Anonymous said...

Hi Maat dit lyk wonderlik. Geniet elke oomblik en rus lekker uit. Ek sien wel die reenwolke en die water lyk maar KOUD jong..So lekker om weer regte see te sien. Ons mis jou al klaar.

Anonymous said...

Dankie julle almal ek geniet dit vreeslik. Ek het sommer baie stories op te vertel, wag maar net julle gaan nog moeg word. En 3 foto's - nog nooit - daar is klaar oor die 200. Die mense moet nog gewoond raak aan die kamera.