Friday, September 19

Dassiesfontein, kos en snuffel

Van die tannies en niggie kom deur om saam met ons by Dassiesfontein te gaan eet ... wie was al daar? (Eddie ek weet jy het aandele daar). Dis ook 'n lekker snuffel winkel en tannie Omie loer na alles. Baie draadwerk en kershouers en sulke goed. Die winkeltjie waar mens allerhande lekker outydse lekkers en goed kan koop en ook kase proe. Ek dink nie die bedoeling was dat hulle hande vol moet vat nie. Nog 'n kamer vol snuffelgoed met spieels en kruise. Ek kon die versoeking nie weerstaan om hierdie uitsig vanaf die uitgang af te neem nie. Die wereld lyk mooi ne?! Dan is dit eettyd en daar word met vars tuisgebakte brood en sop begin. Ons eet uit blikborde en Ronelle maak seker dat sy nie mors nie :-). Hoofgeregte volg en ons eet volstruispotjie, hoenderpotjie, tamatiekos, koolfrikkadelle, tamatiekos met rys, patats ens. Lekker man se tannie Omie. Regte outydse moerkoffie uit 'n blik kan volg
.
Ons was ook in die bevoorregte posisie om 'n "nuwe" wyn kenner saam aan die tafel te he en sy vertel ons alles van die vars wyn van 2006 :-). Dankie dat julle al die pad deurgery het vir 'n lekker kuier julle.

18 comments:

Charmaine said...

Maat, ek dink ek het nou my mind opgemaak... ek sal eenvoudig in die Kaap moet gaan bly. Is dit nie die wonderlikste plekke en winkels nie. Ek sal myself heeltemal verloor daar en nog ronder word. My mond water vir al daardie geregte.

Thea said...

Hoe kon ons die plek gemis het laas jaar?? Kyk Sandra, jy het my nou seriously lus gemaak vir die Kaap. Ons praat baie van aftree daar, maar ek dink ook jy't my nou finaal oortuig.

Ek is MAL oor die draadgoed in daai winkeltjie én die kruise.

So terloops,het jy al die nuwe Tuis tydskrif gekoop? Daar is baie artikels in oor Mexikaanse dekor en kos en natuurlik Hadeda!!

Lyk of julle julle gate uit geniet het!! :-)

Anonymous said...

Bly jy hou ook van die Kaap maat, maar dan moet jy leer snoek eet hoor!

Thea jy sal net volgende keer daar moet stop. Ek vlieg vannaand terug en sal nadat ek my "ligte" tas ingeboek het, my handbagasie met tydskrifte laai :-).

Charmaine said...

Nee maat ek sien daar is bredie en sop... wie wil dan snoek he... om van die tuisgebakte brood nie eers te praat nie. Ek sal heeltemal ok wees

Muriel said...

Ek is mal verlief op die winkeltjie met die kruise!! Ek moet vinnig by Dassies fontein uitkom!!

Lekker terug vlieg, ek is seker jou mense is al so opgewonde om jou terug te hê!!!

Dankie dat jy jou vakansie met ons gedeel het! Ek het dit so geniet!

Anonymous said...

Vir al Sandra se vriendinne - wanneer julle na ons mooiste Kaap kom, laat weet net ek sal julle op 'n toer neem... ;-) (en nog foto's van Sandra se Kaapse kuier wys wat sy nie op haar blog gesit het!!)

Anonymous said...

Dankie Ronelle, ek het geweet daar is skandes wat sy nie van vertel nie! Oor Dassiesfontein, ek maak altyd seker ek gaan op "Pensionaris Dag", dan kry jy groot afslag so ja, my aandele daar staan sterk. Ek dink na hierdie besoek het my vrou (ook) gesien daar is en om Onrus baie lekker plekke waar 'n mens kan inloer, so vir die aftree dag.

Anonymous said...

Eddie... pensionaris dag afslag?? Is jy dan soveel ouer as ek en Sandra want ons 2 het nie afslag gekry, net die 3 tantes het afslag gekry!!

Ek en Hennik ry ook nooit verby Dassiesfontein sonder om te stop en heerlik te eet aan hulle tuisgebakte brood en al die ander boerekos.

Anonymous said...

Ek hoor dat jy so baie vis eet maat, wat is nou skielik verkeerd met vis?! Is dit nou heeltemal uit die spyskaart :-)

Muriel ek het nog 'n paar stories om te vertel, maar ek het lekker gekuier. Jy sal in die Kaap moet kom ja.

Anonymous said...

Ronelle wat is jy soos tannie Tossie met al die foto's? Nee man, mens hou die goed mos vir jouself en jy adverteer dit nie ...
Dis reg se vir Eddie ons het ons eie spyskaart gekry omdat hulle kon SIEN ons is nie pensioenarisse nie :-)

Eddie ons maak nie skandes nie, jy het gesien wat Ronelle alles doen so moenie haar glo nie.

Muriel said...

Yes, ek wil by Ronelle uitkom dat ek daai foto's kan sien!!! he he

Anonymous said...

Muriel jy gaan so teleurgesteld wees want haar kamera se battery was heeltyd pap :-)

Desia said...

Ai Sandra, nes ek dink ek's nou "oor" Suid Afrika, dan plaas jy sulke foto's van jou kuier! Mens sal ook nooit daai plek finaal kan agterlaat en vergeet nie, dis regtig in ons bloed.

Desia said...

O ja, dankie vir die goeie idee om die handbagasie ipv. die inboektasse te laai met boeke en tydskrifte!
En wens jou 'n rustige, gemaklike vlug terug "huis" toe.

Anonymous said...

Desia ja mens kan nie Suid-Afrika sommer uit jou bloed kry nie.

eilandkind/islandchild said...

Ai, ek kan nie ophou comment nie!
Daardie foto met die winkel en die uitsig is stunning.
Ek MIS SA se plaaswinkeltjies!

Anonymous said...

Dis sulke lekker twak en toonnaels winkeltjies Eilandkind, mens kan enigiets koop

Thea said...

Ek sit nou en kyk en lees deur al jou inskrywings oor die Kaap en hierdie keer het ek myself belowe, GAAN ek Dassiesfontein besoek! En Fairview Landgoed en Hadeda ook... Is besig met lysie maak van al die plekke waar ek en moeder moet gaan 'n draai maak.