Saturday, September 6

Skiereiland in drie uur

Die Kaap sit nog steeds sy beste voetjie voor en ek voel soos 'n regte toeris terwyl Ronelle in 3 uur flat die hele Kaapse skiereiland vir my probeer wys. Daar is dinge om te doen en plekke om te besoek ....Ons begin die dag met 'n heerlike ontbyt by Hillcrest 'n wyn en olyfplaas met 'n pragtige uitsig. Twee tannies, kry ons daar en ons kuier baie lekker. Kyk net daai uitsig! Die ontbyte is iets ysliks soos tannie Ruth hier en tannie Omie vir ons wys. My en Ronelle s'n is 'n geheim. Hulle verkoop allerhande soorte olywe, olyfolie en tapenade. Die plan was om te koop, maar ons gesels so baie dat ek skoon vergeet. Tannie Omie probeer "wegsteek" van die kamera met spieels oral rondom haar. Klaar en die twee tannies help mekaar by hulle motors kom na net 2 koppies tee. Eintlik was die foto vir die uitsig waarvan mens net nie genoeg kan kry nie. Dan vat ons die pad Blouberg toe en mens kan die see ruik en hoor! My gunsteling restaurant by die see en natuurlik moet ons daar ook 'n draai gaan maak. Nog is dit die einde want die waterfront is volgende aan die beurt Ag tog, kyk net hoe mooi lyk Tafelberg. Ons shop nie en loop vinnig maar hierdie barber shop trek onmiddelik aandag en ons moet gou inloer. Is dit nie mooi nie? Vir julle ouens wat die Waterfront nie ken nie, hier is 'n paar van die winkels. Ons ry om Groenpunt waar die branders 'n week terug in die straat geslaan het, en mens kan dit nog effens in die water "sien". 'n Koek en teebreuk word geneem en by die tyd is Ronelle effens op van al die foto's en sy vermom haarself --- of miskien is dit omdat sy twee stukke koek eet. Die plekkie is in De Waterkant en die naam Andiamo. Dan is dit bo-kaap toe waar hulle baie van die ou Maleier huisie begin restoreer het. Kyk net hoe mooi kleurvol en vrolik lyk dit. Dis sulke opdraende strate en mens is jou lewe nie seker as jy met 'n ratmotor bestuur nie :-). Op pad na ons volgende stopplek neem Ronelle die straatjie af, en julle moet se dis mooi! Dis nie die einde van die dag se rondrits nie, maar die res is 'n storie op sy eie. Dis lekker by die huis.

11 comments:

Anonymous said...

Ja nee, gatskuur en uiteet is duidelik hoog op die lysie. Ten minste is daar hierdie keer meer as net 3 fotos, maar staads niks van die vakansie-ma nie!

Anonymous said...

Sandra, nou die dag was jy jaloers toe ek in die Wildtuin was, nou's die bordjies weer verhang!! :lol:

Ek beny jou, maar gun jou dit. Dit lyk darem maar baie lekker en dis darem maar baie mooi in die Kaap!!

Anonymous said...

Dit lyk darm asof jy jouself baie geniet.

daar is beslis bietjie meer kleur as hier in die woestyn land.

heerlike terapie!

Geniet dit

eilandkind/islandchild said...

Ek is mal oor sulke 'toer' dae. Was julle al by Houtbaai?
Daardie barber shop is vreeslik mooi.
Eet lekker SA koek en drink groot koppies koffie vir ons almal.

Charmaine said...

Hi maat ek wil saam met eilandkind stem en se eet en geniet maar vir ons almal wat met lang oe kyk na al die mooi en lekker en kleur. Ons land is darem maar spesiaal. Geniet!!!!

Anonymous said...

Ek is groen! Ek kan nie meer wag vir my beurt nie...
Geniet elke oomblik!

Anonymous said...

Eddie wees net geduldig die ander foto's kom.

Die Kaap lyk so mooi Thea, en al die son spesiaal vir my.

Eilandkind ek aanvaar die opdrag van baie koffie en koek.

Anonymous said...

Maat jy weet hoe lief ek vir koek is ...

Mariette die wereld hier is baie mooi groen en Kaalvoet as jy Kaap toe kom...gaan die baie reen die Kaap nog mooier laat lyk

Anonymous said...

Ja ek weet maatjie en wie deel met jou?

Desire Fourie said...

Jou Waterfront foto met Tafelberg en sy amperse tafeldoek is pragtig. Ja nee, daar is glad nie 'n vergelyking tussen die prag van die mooiste Kaap en die Abu woestyn nie ... of hoe se ek? Lekker kuier

Anonymous said...

Maat ek deel met enige een wat sal deel.

Kan mens ooit 'n lelike foto van Tafelberg neem Desire? Kaap en Abu Dhabi het elkeen sy eie bekoring.