Saturday, September 27

Aan alles kom 'n einde

Ek het julle die laaste twee weke omtrent toegegooi onder "my" vakansie en dit was vir my lekker om dit saam met julle te deel. Vir die wat die plekke ken, herinneringe oopgekrap het en vir die wat dit nie ken nie, 'n mooi deel van ons land te wys. Maar aan alles moet 'n einde kom en genadiglik vir julle is die blogs oor die vakansie nou verby, maar dit gaan my nie keer om vir oulaas, net so vir myself. Dis die lekker van foto's neem, mens kan nog baie lank agterna daarna kyk en die hele vakansie of geleentheid stadig herkou en weer geniet. So sommer net vir myself .... ek sal die kort breuke onthou ..... vir ...... Die lekker kuier en bederf saam met Ronelle en Hennik en al die ander bekendes wat ek in die Kaap raakgekuier het. Die heerlike blits "toere" wat die twee my opgeneem het, die lekker eet en hoe mooi my ou Kaap nou lyk na die geweldige storms. Die mooi kuspad van die Strand, om Gordensbaai en al daai mooi klein plekkies oppad Onrusrivier toe. Die see se kleure terwyl mens sommer nog die storms in hom kan sien. Dit wat ek nooit hier sal ervaar nie. Ry in erge reen met sulke groenigheid en berge rondom my. Mens kan sommer die koue voel ... en al is julle ouens moeg daarvan, ek het dit geniet! Ook 'n lekker kuier en ete saam met die Smithe in Hermanus terwyl ons dophou hoe die walvisse in die water speel. Die skade by Onrusrivier en ander plekke waar die see moeilik geraak het. Die besoeke aan die klein dorpies. Die lekker etes en kuiers. Die pad Swellendam toe waar ek weer herinner is met die reenboog dat ons/ek in Vader se hande is met wat ookal gebeur. Selfs die kuier in die feetjie tuin was een van die hoogtepunte saam met die kuier by die Hammans. Die "klein" bietjie shopping wat ek kon doen en gelukkig moes ouma in die rystoel en sy kon die 15 kg handbagasie op haar bene hou :-). (Dis al my goed daai en onder dit my ma). Marie hierdie foto is vir jou toe sy opgehys is by die vliegtuig ....kan jy dink wat sy alles hier te se het? :-). Dan is dit totsiens Kaap en ons vlieg Bloemfontein toe. Die foto het nie baie duidelik uitgekom nie, maar kan julle die sneeu op die berge sien? Ons het net betyds uit die Kaap padgegee! Was lekker om saam met die seuns te kuier en natuurlik was William gou reg om sy ma winkels toe te neem vir alles wat hy nodig het. Eerste op die lys was nuwe beddegoed en veranderings in sy kamer ... sodat ek gemaklik kan slaap se hy. Sy verspottigheid om vir James te help aantrek vir die gradeplegtigheid. Die ou het omtrent soos die swart gemaskerde wonder gelyk nadat hy met hom klaar was. Hierdie foto is spesiaal vir julle oud-Kovsies (en daar is baie lyk dit my). Onthou julle nog die prentjie en die atmosfeer? Ek weet ek het al 'n foto van die gradeplegtigheid gewys, maar hierdie een is spesiaal vir Sue sodat sy haar dogter kan sien. James en Leane na die plegtigheid. En dan ons lekker ete by die Kalahari.fish na die tyd. Jinne maar die manne lyk netjies ... en moeg vir die kamera. Ek dink ek kan nog aan en aan en aan gaan.... dankie julle almal wat bygedra het tot 'n heerlike "grade-vakansie".
(Die familie, daar is ander foto's en video's vir julle op jul blog die volgende week of twee)

14 comments:

Charmaine said...

Ai ons is nog lank nie moeg vir die vakansie nie maat. Voel my ek het 'n breuk gehad met al die wonderlike kuiers... voel ook asof ek 'n plekkie gekry het waar ek sou kon bly... dat daar feetjies is is sommer 'n groot bonus. Mooi herinneringe aan kovsie dae ook... dankie dat jy dit alles met ons gedeel het.

Anonymous said...

Dankie vir die rondreis by plekke wat ek jare en jare gelede besoek het. Dis lekker om die kinders te bederf ne Sandra? Glo my....
Dit het vandag weer gesneeu. En ons kry weer KOUD
Annie

jackieo said...

Sandra - dankie vir die foto - as jy ook nie iets stuur van die kinders daar nie sal ek nooit weet of sien hoe dit eintlik daar gaan nie. Noudat jy terug is moet ons bietjie bymekaar kom!!

Desire Fourie said...

Dis altyd lekker om na fotos te kyk en te herkou aan wonderlike vakansies ... wat sal ons sonder die wonder van fotos doen.

Anonymous said...

Jy moet nou bietjie in die Kaap gaan kuier maat, dit sal vir jou seker amper so mooi soos die Vrystaat wees :-)

Dis lekker ja Annie maar 'n mens se beursie! Wanneer begin julle Lente? Het jy al aan ons toer begin beplan?

Anonymous said...

Sue miskien moet jy nou met Eid een dag deurkom Abu Dhabi toe dat ons jou kan rondwys.


Foto's is wonderlik Desire. En wat jy darem met mooi foto's doen is ongelooflik. Ek gaan ook probeer :-)

Anonymous said...

Lente is verby.....ons het vir die somer gewag.
My kop beplan al lank aan ons toer maar my ma word nou eers 80.....so vir twee weke gaan kop dit nou eers bepln sodat hande kan saamwerk dan sal kop weer toer beplan nadat..oe amper vergeet ek... ma se woonstel beplan is!!!
Annie

Muriel said...

Ek is nie moeg vir die vakansie nie. Kyk net die asemrowende foto's. Ek is mal oor die een met die sneeubedekte berge!

Dit was heerlik om saam met jou vakansie te hou! Dankie vir almal wat saamgespeel het! Die video van die noot vir noot dag! Ronel, James, William en natuurlik ook die feƫtjies! :)

Dit voel sommer of ek ook met vakansie was! he he

Anonymous said...

Annie beplan jy die toer vir 2012 of na die wereld sokkerbeker of iets ? ;-)

Muriel ek het dit geniet om met julle almal te deel en die danser en ander was goeie sports wat my toegelaat het om al die foto's te neem.

Desia said...

Dankie weer eens vir die lekker "fotoverhaal" reis, ek dink jy sal 'n goeie foto-joernalis wees.

Anonymous said...

Se solank watter maand die beste vir jou gaan wees. Dis al n begin ne??
Annie

Anonymous said...

Dankie Desia dit was lekker om dit met julle te deel.

Ek dink jy moet se watter maand Annie, dan kan ons loer hoe dit by ons roosters inpas. Dan kan ons ook begin spaar :-)

Anonymous said...

Sandra dit was heerlik saam met jou te kuier. Net jammer dit was so kort want daar is nog sooooovvvveeeeeeel mooi plekkies en dorpies wat jy nog moet sien en vir almal op jou blog wys.

Maak jou kuier 'n bietjie langer volgende keer!!

Anonymous said...

Mens het baie tyd om ons mooi SA te wil sien en ervaar dis verseker. Snuffel jy bietjie rond en vertel my watter dorpies 'n moet is gedurende my Desember kuiertjie in SA ;-)