Monday, September 29

Verjaarsdag agter die skerms

Soos ek vanoggend gese het was daar 'n groot partytjie vir Charmaine se honde-kinders se eenjaaroud verjaarsdag gehou. Vir 'n verslaggie van die ma van die honde kyk hier. My foto's is wat agter die skerms aangegaan het om die diere opgestel te kry vir die kamera :-). Die tafel is gedek met honde-balonne, hoedjies en geskenkies. Eers foto's van hulle met die hoedjies en Nelmari probeer hard met Taffee. Nee Nelmari jy knyp my!
Didi is meer rustig. Neem die foto en kry klaar
Hulle kry koek in 'n hondebeen vorm en is bietjie skepties. Boetie gaan jy eerste.
Hulle kry WP rugbytruitjies en Didi hou van die klere idee. Ek dink ek lyk goed.
Nou word die koek aangedurf met die klere. Taffee dra sy sokkertrui. Dis lekker.
Didi probeer ook en dink anders oor die saak. Ugg dis wat jy dink.
Die partytjie is klaar en die manne dans van blydskap .... nou kan ons weer gaan slaap!

6 comments:

Charmaine said...

jinne maat maar jy is oulik met die blog ding ;-0))Ek het dit nou vreeslik geniet.. dankie

Muriel said...

Julle het ongelooflik baie moeite gedoen! Dit lyk so oulik! Ek het lekker gelag vir die "Nee Nelmari jy knyp my foto"

Ek stem saam Charmaine jy is baie oulike met die blog ding!

Anonymous said...

Nou weet ek dit is nie net ek wat soooo....bietjie.....dierbehep is nie. Voel nou glad nie meer sleg oor die toestand van my bankbalans nadat ek my hasie van n sekere dood gered het nie!!!!!
Annie

Anonymous said...

Ons het jou seuns se partytjie net so geniet maat.

Taffee is 'n natuurlike akteur al se sy SA mamma Elriza that Didi lyk soos Brad Pitt - kan jy dit glo?!

Anonymous said...

Annie jy was nog altyd die een wat ....baie dierbehep is nie net bietjie nie!! :-) Bly dat hasie beter is. Het jy foto's in die hospitaal geneem en blomme gestuur? ;-0

Anonymous said...

Babies, clothes, oohh, cute, look, doggies, shame!!!