Wednesday, September 3

Nuwe aangesig

Na die soveelste Ramadan in hierdie land moet ek nou eintlik vir julle se ek's gewoond daaraan, maar o wee die winkels is in 'n hele nuwe tydgleuf en so ook alle ander plekke. Die malls is leeg want al die restaurante en koffiewinkels is toe tot vanaand toe en mens is dors .... En dis net 'n paar goed en dis nog net dag 3. Ek sou graag vir julle baie van die mooi maak van die dorp gedurende hierdie tyd wou wys, maar gelukkig gaan julle dit gespaar bly. Hier is net twee voorbeelde. Ek het al vertel van Marina Mall, seker ons gunsteling hier in Abu Dhabi met alles wat mens nodig het tot 'n Woolworths. Kyk hoe lyk hy in sy Ramadan uitrusting, ek moes twee keer kyk of dit die regte plek is. In ons ander mall Abu Dhabi mall is die binnekant versier en orals hang kamele en goed uit die dak uit. Die ander malls het ook pragtige versierings en maat dis jou huiswerk .... wys ons bietjie hoe die dadelmark by Al Wahda en Khalida mall tydens Ramadan lyk. Julle onthou nog dat ek 'n paar blogs geskryf het oor die besoek aan die nuwe Atlantis hotel, die binnekant en sy ontvangs en sy waterpark en dat die hotel amptelik 24 September oopmaak?! Wel dis hoe hy vandag lyk nadat 'n brand gisteroggend in die ontvangslokaal uitgebreek het. Hulle weet nog nie wat is die rede nie, maar ek weet nie of dit die opening gaan beinvloed nie. (Hierdie foto verkry van Gulf News). Ek praat weer met julle uit 'n lekker koue SA.

16 comments:

eilandkind/islandchild said...

Wow, dis darem 'n ander wéreld Sandra.
Geniet jou tyd in SA, ek is jaloers!

Desire Fourie said...

Hi Sandra. So ek neem aan jy is oppad SA toe. Ek neem aan al is dit 25 grade hier, gaan jy nog steeds 'n trui nodig he ... Kan nie glo hoe mooi hulle die Marina sentrum getooi het nie, soos jy se 'n mens moet twee keer kyk om te glo wat jy sien. Eks seker die feit dat daar 'n Woollies is, maak lewe daar in die woestyn ook 'm bietjie draagliker. Geniet
SA ... hoop jy kry die pakkie en dat alles in orde is. Baie groete.

Mariette. said...

Ooo Aarde... Weet jy ons het vir mekaar gese dat dit ons eerste Ramadan is, en ons dit met 'n posetiewe gesindhied moet benader, maar ons posetiewiteit het gister in 'n groot negatief verander. want soos jy se met die nuwe tye van die winkels moet mens als oor aanpas. dit is nog okay, maar wanneer jy al die pad van Khalifa na die Mina mall toe ry en jy daar aan kom en hulle se vir jou hulle maak 21:00 oop en wanneer jy daar kom hoor jy nee hulle het besluit om gou te gaan bid vir 'n uur en sal eers 22:00 oop wees dan kan mens op onbekeerde verlof gaan en die goed .... goed vertel wat jy dink. -want dit is amper meer as 'n uur se ry met die verkeer.
maar aan die anderkant is die plek mooi versier, en lyk sommige plekke prentjie mooi.

Dankie tog ons vlieg oor 'n paar daggies!-

Anonymous said...

Dankie Eilandkind ek sien vreeslik uit!

Kan nie wag om te sien wat's in die pakkie nie Desire. Wat die trui betref, ek wil eers die koue voel en sommer koud kry.

Thea said...

Sjoe, mens herken omtrent nie die Marina Mall nie! En dis jammer van die skade aan die hotel!!

Geniet jou tydjie hier in SA! En alhoewel jy moeg is vir die hitte, hoop ek die Kaap is darem nie nét stormagtig en koud terwyl jy daar is nie. Ten minste is alles daar nou lieflik groen!!

Anonymous said...

Mariette julle eerste somer en ramadan hier is nou agter die rug. Dis die moeilikste tye hier en nou kan julle die plek begin geniet sodra jy klaar vakansie het. Eintlik moet mens 'n sterretjie kry as jy hierdeur is! Ek ry natuurlik nie saans na 9 in die strate nie, maak nie saak of dit ramadan of nie is, my goetertjies moet in die oggende gedoen word - ek dink dit help bietjie met die "rusiger" gaan slaap.

Anonymous said...

Ai ek kan sooo saampraat met jou Mariette. Ek wou gister al my speelgoed uit die cot gooi oor die nagure se shopping. Normale mense is teen daardie tyd in die bed. En dan is die hele middag morsdood. Sterkte... ek dink aan julle. Byt vas dit gaaan verby en dan kyk ons saam na Sandra se mooie fotos.

Maat ek sal verseker die huiswerk gaan doen, weet net nie wanneer nie, want as ek werk is hulle oop en as ek wil shop is hulle toe en as ek wil slaap is hulle oop...
Ek is so jaloers oor die kuier in Suid Afrika maar gun ju dit met my hele hart. Jy verdien dit dubbeld en dwars. Sal jou mis.

Anonymous said...

Desire, Sandra kom die eerste stop in die koue kaap maak - nie teken van 25 grade, 18 grade hier! Sandra sal 'n jas nodig he!!
Sandra, ek het net vanoggend dieselfde foto van die brand by Atlantis Hotel gesien. Wonder wat het daar gebeur!!
Sandra, ek het jou gewaarsku, dis koud in die Kaap. Bring maar jou jas en serp.. Sien jou more!!!!
Ronelle

Anonymous said...

Thea die reen, nat en koue is die deel wat ek mis, so ek sien uit.

Maat nou wat is jou probleem As dit stil is, is dit mos die beste tyd om foto's te neem of hoe?

RonelLE dis die UAE hier, waar koop mens nou winter klere wat reg gaan wees vir die Kaap en hoe gaan ek se dit was koud as ek nie eers kan bewe nie?

Anonymous said...

Reg so maat... as jy mense bewend kan oortuig dat jy koud kry en wintersklere nodig het, dan sal ek die stil malls aandurf vir foto's... sonder 'n koffietjie.. hoekom wil ek dit nou weer doen???

Anonymous said...

Omdat jy dit vir ons wil wys dis hoekom? Het ek gekla daar in NZ in Annie se koue dorp oor die koue?

Anonymous said...

Ne jy bewe en ek kla maat :-)

Muriel said...

Die Marina Mall lyk mooi in sy Ramadan uitrusting. Geniet jou tydjie in SA ;)

Anonymous said...

heerlik hier rond gekuier vanoggend, mooiste foto's! geniet jou tyd in SA!

jackieo said...

Hi Sandra - ja selfs ons ou skool word opgetooi en dan wonder ek werklik hoekom weerspreek die arabiere hulle so - hierdie is veronderstel om 'n tyd van beheersing van sekere dinge te wees (jammer my afrikaans lyk my is al klaar slegter vandat ek hier is) maar ek het darem al 'n hele paar dinge van hulle gesien wat weerspreek wat hulle glo. Groete

Anonymous said...

Muriel dankie ek geniet!

Welkom hier Nikita en ek geniet die sonskynweer hier in die Kaap.

Hallo daar Sue hoe gaan dit en het jy nou internet en al die ander vrae ... laat weet