Saturday, September 13

Eet tradisioneel ook

Tussen al die rondrits word daar baie geeet ook en ek word verskriklik bederf met al die lekker tradisionele kosse van huis. Hier is Hennik besig om daai snoek te braai (sien Muriel). Dis opskeptyd met al die lekker bykosse. Hierdie twee is ernstig aan die eet en wil nie eers opkyk vir die kamera nie. En vir nagereg nog 'n gunsteling ... heerlike melktert. Sien tannie Ruth het 'n stukkie en ek het die bord :-). Die volgende dag was daar nog 'n treat en ek, my ma en tannie Gwen kuier rondom 'n bord waterblommetjies in 'n nat Wellington. Dit was lekker!!

9 comments:

Charmaine said...

Hi maat... jinne dit lyk lekker. My mond water. Daardie is rege melkter. Nie die kits een wat ek hier maak nie.. en dan kry ek in elk geval nie eers Tennisbeskuitjies nie. Kry daardie resep vir ons sal jy? Ons Omgeegroep kan doen daarmee

Muriel said...

Aaaa!! Sy het so gehunker vir snoek!!! Dankie dat jy vir haar snoek gemaak het Hennik, sy kon nie wag vir die heerlike dis nie!

Sjoe Sandra maar jy word lekker bederf!

Muriel is nou vreeslik honger!!! he he

Desire Fourie said...

Mmmmm ... daardie snoek en melktert kan net vorentoe smaak ... hoe water my mond nou.

Anonymous said...

Jy maak mens nou behoorlik lus vir al die lekker eetgoed!!

Anonymous said...

mmmm. Dit lyk lekker

Anonymous said...

Maat moet ek jou nou glo ... jy dink mos niks van ons Snoek nie :-)

Muriel, Hennik en Ronelle het my heerlik bederf.

Desire eet julle Natallers ook snoek?

Thea hierdie lus van my moet nou weer maande hou

Riaan welkom hier. Kos van die "huis" (SA) is darem altyd so lekker

Anonymous said...

Sandra. Baie dankie. Ek glo dat ek gereeld hier sal inloer.

Charmaine said...

Nie sterk op enige vis nie maat jy weet mos.... maar 'n bredietjie en melktert is altyd reg vir my

Anonymous said...

Ja waar sal mens nou ook 'n snoek kry wat Vrystaat toe swem?!