Showing posts with label Diere. Show all posts
Showing posts with label Diere. Show all posts

Thursday, August 20

Diere en ander dinge

Die laaste paar dae was lekker besig en is dit nie snaaks hoe besiger mens raak hoe minder het jy om te vertel? Die weer is nog steeds warm (darem net lae 40'tigs nou) maar die humiditeit is in die omgewing van 70+% wat die neem van foto's maar moeilik maak. Ten minste het ons nou weer a/c in die huis, so dit is goed. Ons het bietjie weer by die Braziliaanse restaurant gaan eet en hierdie is die uitsig. Mens kan jou half verbeel dis mistig en koud buite .... tot jy dit natuurlik buite waag. Nelmari se vakansie raak ook minder en die sportspanne het begin oefen wat darem ook help. Intussen probeer sy nog straatkatte mak maak. Mariette dis Furby se sussie :-). Sy's regtig goed met diere en ek weet nie wat sy hier probeer doen nie, dalk vir Luie wys hoe bedel mens vir kossies. Ons gemmerkat het ook groot geword en sy is nou ampertjies heeltemal "mens" - sy gebruik haar groot agterpote om regop te bly. En nie net vir kort tydjies nie, as sy moeg raak gaan sit sy effens op haar hurke :-). Boks en speelgoed in die lug gooi is haar spesialiteit. Omdat sy so naby Luie groot geword het, vermoed ons sy dink sy's 'n hond want sy waai haar stert soos 'n hond as sy bly is en dan natuurlik fetch sy en bring haar speelgoed nader as niemand met haar wil speel nie. Fetch was egter nog altyd deel van ons katte ... maar die stert ding is nogal snaaks.
'n Besige naweek wat voorle, julle moet ook lekker naweek hou!

Sunday, September 28

Miaau, woef, woef

DIS VANDAG VERJAARSDAG IN DIERELAND !!!

(Nooit so beplan nie maar die drie se geboortesertifikate wys hulle verjaar op dieselfde dag)


Die OU dame wat vanjaar 91 word (13 mens jare)


BEGEERA

(Ek dink op die foto dink sy net, neem en kry klaar of oohh wat gaan die ander katte van die verspottigheid se) Die ander twee wat ook verjaar is


TAFFY EN DIDI


(Charmaine se tweeling Chichauhau hondjies)


Hulle het 'n een jaar oud partytjie vandag en later in die week

sal die ou dame 'n high tea he wat meer by haar ouderdom pas.


Ons gaan verseker vir julle van die twee partytjies vertel!