Dit was regtig groot genade dat ek nie vanjaar meeste van die tyd gedurende Ramadan by die huis was nie. Ek het julle al vertel wat ek dink en hoe ek oor die tyd in hierdie moslemland voel. Ek dink as dit hier regtig om die regte redes gegaan het, sou dit vir ons almal makliker gewees het om gedurende die tydperk hulle gewoontes en gebruike te respekteer, maar na soveel jare in die land, weet mens nou dat vir meeste van die mense dit om heeltemal verkeerde redes gaan. MAAR wat is dit nou ook anders as van hoe baie van ons Jesus se Geboorte gedurende Kersfees vier...dit gaan lankal vir baie nie meer oor die rede nie. Na die maand van Ramadan waar daar veronderstel is om gevas te word, breek die Eid aan en dit is vir hulle baie soos ons Kersfees. Verlede jaar het ek hier meer vertel oor wanneer en hoekom dit gehou word.
Die dorp is besig om voor te berei vir die groot geleentheid wat vandag begin en orals is winkels versier. Die maan wat 'n groot rol speel, is ook orals te sien. (Een van Nelmari se gunsteling winkels)
en die winkelsentrums is ook opgetooi vir die geleentheid.
By die Al Wahda mall is daar spesiaal 'n verhoog opgerig waar tradisionele danse opgevoer word. Die ouens se verskonings van "dis ramadan" om hulle swak bestuursvernuf, luiheid en ooreet te regverdig is nou verby en "ons" ... ons kan weer soos normale mense gaan teedrink in die dag en selfs water wanneer die hitte teveel word. Net om daardie rede kan ek ook soos hulle nou se .... Eid Mubara
