Showing posts with label Vrouedag. Show all posts
Showing posts with label Vrouedag. Show all posts

Friday, August 8

Vrouedag

As ek aan Vrouedag dink is daar een wat altyd vir my uitstaan, 'n vrouedag ontbyt by die Midrand Protea Hotel seker so 12+ jaar terug. Onthou julle Annie en Charmaine? Ek het julle kom oplaai en ons het baie gekekkel en gelag en natuurlik Mara se omlette ...
Ek was baie geseend om deur die jare baie spesiale vrouens te ontmoet en baie spesiale herinneringe op te bou. Sit ons bymekaar en jou ore sal toeslaan van al die stories, hartseer en pret. As ek vinnig dink aan 3 van my topstories dan dink ek aan Charmaine wat in Afrika verdwaal het, Annie en ek wat as hiena "gesub" het en Mara wat jakkalse op hitte gelok het :-).
Natuurlik is daar nog ander vrouens wat groot rolle in my lewe gespeel het. (Hulle is miskien net 'n bietjie soeter) en vir julle se ek almal dankie. Dankie vir wat julle vir my beteken het en nog doen.
Vir AL die vroue wat hier lees wens ek 'n baie spesiale Vrouedag. Geniet dit!! Kom ons gaan mall toe ...