Tuesday, June 24

Kinders bietjie in Dubai

Nou nie een van my persoonlike gunsteling winkelsentrums nie, was ek baie bly toe James en Leane saam met Eddie kon ry vir 'n besoek. Miskien ken ek nie die sentrum goed genoeg om daarvan te hou nie, ek onthou net altyd dat ek moeg gestap is met niks inkopies nie .... hulle is duur. Maar Leane moes die sentrum wat bekend is vir sy ski-helling in die middel van die woestyn sien. Wat het julle daarvan gedink Mariette?Met sy amptelike opening in 2005 was dit die grootste winkelsentrum buite Noord-Amerika. Daar is 450 winkels, natuurlik die ski-oord, 'n twee vlak speelsentrum vir kinders, 12 fliekteaters, ' n kunsteater met plek vir 500 mense en 70 restaurante. Hier is 'n paar van die winkels vir julle wat so hou van shop. Mens raak lekker moeg selfs die jonges moet rus. Die spuitfontein na die parkeerarea skep die indruk dat dit heerlik koel is buite. Met 'n vorige besoek het ons die "ski-oord" besoek en die foto's geneem en daaroor geblog. Hier is 'n deel van die helling en mense oppad boontoe. Dis regte sneeu! Van binne af lyk die restaurante aan die buitekant baie arm en aanloklik.

7 comments:

Anonymous said...

Dit lyk na 'n BAIE lekker plek om te gaan shopping doen maar ek glo dit kan baie uitputtend wees! Ek sien daar is gelukkig genoeg restaurante waar mens kan uitspan nou en dan as die voete te moeg raak!

Muriel said...

O my aarde maar hier sal ek feeste hĂȘ!! Ek kyk daai Ralph Lauren winkel uit!!! Ek gaan Dubai toe gaan net om te shop en kamele te sien!! Maar ek sal moet begin spaar... he he

Mooi bly

Anonymous said...

Hey daar!

Ja,shoe. Ek moet erken dat dit 'n baie groot mall is, en dat dit nogal oorweldigend is, veral met 'n baie bedrywige 2jr'ge seunie. Ja ons het dit ook buitengewoon duur gevind maar gedink dis net ons wat dalk al bederf geraak het met die Mariena mall se pryse... wat soms ook maar price'ie is.Ons het natuurlik net by die speelplek vas gehak en kon nie in die sneeu park in gaan nie want kinders moet eers 3jr wees voor hulle mag in gaan,- en dit het klein Christiaan goed aan die skreeu gehat soos jy ma net weet hy dit kan gooi.!!He -he-he!! maar dit was 'n lekker 'outing'. ek sal vir jou bietjie van ons pix stuur.

lekker middag.
mariette.

Anonymous said...

Sjoe Sandra, hoeveel dae se kuier het ek nodig in Dubai om deur al die
winkelsentrums te gaan!!
Maak jou nou al reg, ek kom kuier in April (as als volgens plan verloop)vir
my kinders en jy is beslis my toerleier !!! Ek sal natuurlik ook 'n ekstra
5kg moet verloor om al die koffiewinkels/restaurante wat jy so gereeld wys
te gaan beproef... en nie terug te rol SA toe

Anonymous said...

Thea ek dink dis die mall se probleem dis TE GROOT want mens kan nie die ski-city en mall in een dag doen nie en dan wil mens nog coffie-crawling ook doen.

Muriel jy gaan sukkel om 'n ou kameelte in Dubai te sien daar is teveel malls, maar as jy Al Ain toe gaan sien mens hoe hulle agter in die 4x4 of op 'n bakkie le, te oulik.

Anonymous said...

Mariette dankie vir die foto's, lyk asof julle 'n lekker dag gehad het. As die kinders klein is en jou nog in die mall speelpark vashou is dit soveel beter vir jou sak as wat hulle groot is en net vir ma wil neem om te shop :-)

Anonymous said...

Ronelle mens het BAIE dae nodig as jy al die malls wil doen, maar mens kan ook selektief wees. April klink reg vir my maar jy sal moet in Abu Dhabi ook kom kuier