Sunday, September 30

Kampers

Die afgelope week het die twee seuns 'n Voortrekkerkamp in Bettiesbaai bygewoon. Ek hoop om binnekort foto's en 'n verslag hieroor van hulle te ontvang en dan te blog, maar die Smithe het vir ons die twee foto's gestuur. Omdat dit ook vandag die Voortrekkers se 76ste verjaarsdag is, deel ek die foto's met julle. Ek vermoed dit beeld die twee manne se kamp uit....


Gereelde lesers van die blog sal weet dat William van bome hou. Ek wonder of die mede-kampers en fotograaf besef het dat die man glad nie gewoond is aan Voortrekkerkampe en bome nie, want hier klim mens nogal nie palmbome nie - so as William 'n boom sien is hy binne hom. Kyk hierdie foto'tjie van hom met 'n vorige boom.

Weet nie presies watter gene dit is nie want in beide foto's lyk hy nogal gemaklik en tuis in die boom.

James darem 'n Voortrekker tot Graad 8 weet dat mens min of meer deur die program sit en kyk en tye soek waar jy 'n ruskans of 'n bad kan vat. Lyk darem of dit net na ontbyt tyd is, so hy mag dalkies kyk wanneer is die af periodes...

In iedergeval ek is seker die manne het dit geniet en ek sien uit daarna om daai foto's en kommentaar te sien en hoor!!

3 comments:

Anonymous said...

Ai dit bring darem baie herhinneringe terug... wat sou ek nou gee vir 'n lekker Voortrekkerkamp. En ek onthou ook die Voortrekkers se verjaardsdag en hoeveel keer ek die datum vir my span geleer het... 30 September 1931. Die Vootrekkers maak dit steeds. Trotse Vorie!!

Anonymous said...

'n Voortrekkerkamp met koue weer en reen? Onthou net nou het ons kniee en arms en allerhande skete en soos die "ou" mense altyd gesĂȘ het, die koue kan in mens intrek.

Anonymous said...

Hello tannie dis Jaco.Ek hoop tannie weet watter jaco ek is maar tannie sal seker.Ek wil net vir tannie my nuwe e-mail addres gee,dis:www.wako.j.ako@hotmail.com

Hoe gaan dit daar ander kant,ons mis julle baie en ons wens net dat julle moet kom kuier,want ek mis my neefs en nig.my ma is nou buite werkend,want hulle het haar regter arm geopereer en nou maak sy ons mal,want nou moet ons als vir haar doen.Ek moet tot haar hare Blowdry.So ja ek gaan maar nou hier eindig.Ek hoop tannie gaan vir my terug stuur en vir my baie e-mails stuur.Stuur maar groete vir almal daar.Groete jaco