Showing posts with label Bettiesbaai. Show all posts
Showing posts with label Bettiesbaai. Show all posts

Sunday, September 30

Kampers

Die afgelope week het die twee seuns 'n Voortrekkerkamp in Bettiesbaai bygewoon. Ek hoop om binnekort foto's en 'n verslag hieroor van hulle te ontvang en dan te blog, maar die Smithe het vir ons die twee foto's gestuur. Omdat dit ook vandag die Voortrekkers se 76ste verjaarsdag is, deel ek die foto's met julle. Ek vermoed dit beeld die twee manne se kamp uit....


Gereelde lesers van die blog sal weet dat William van bome hou. Ek wonder of die mede-kampers en fotograaf besef het dat die man glad nie gewoond is aan Voortrekkerkampe en bome nie, want hier klim mens nogal nie palmbome nie - so as William 'n boom sien is hy binne hom. Kyk hierdie foto'tjie van hom met 'n vorige boom.

Weet nie presies watter gene dit is nie want in beide foto's lyk hy nogal gemaklik en tuis in die boom.

James darem 'n Voortrekker tot Graad 8 weet dat mens min of meer deur die program sit en kyk en tye soek waar jy 'n ruskans of 'n bad kan vat. Lyk darem of dit net na ontbyt tyd is, so hy mag dalkies kyk wanneer is die af periodes...

In iedergeval ek is seker die manne het dit geniet en ek sien uit daarna om daai foto's en kommentaar te sien en hoor!!